Meisie maak glo of sy ontvoer word, eis losprys

Argieffoto

’n Jong meisie sal eerskomende Maandag saam met haar kêrel in die Bosbokrand-landdroshof in Mpumalanga verskyn nadat dié paartjie glo gemaak het of sy ontvoer word en ’n losprys van R1 miljoen van die meisie se ma geëis het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê dié twee, albei 20 jaar oud, word aangekla van dwarsboming van die gereg nadat die meisie op 10 Oktober as vermis by die polisiestasie in Bosbokrand aangemeld is.

Volgens Hlathi het die meisie se ma later dié dag ’n boodskap ontvang waarin die losprys in ruil vir haar dogter geëis word.

’n Ondersoek het intussen die polisie na die meisie se kêrel gelei, wat na bewering met sy meisie saamgesweer en haar ma van haar selfoon gekontak het. Die paartjie het na bewering ’n ander simkaart in die foon gebruik om die boodskap te stuur.

Luidens inligting wat vandeesweek by die polisie aangemeld is, is die paartjie egter saam gesien waarna die polisie albei verdagtes Woensdag by ’n vriend van die kêrel se huis in hegtenis geneem het.

Hlathi vertel die simkaart waarvandaan die boodskap gestuur is, is ook in die kêrel se besit gevind.

Die polisie waarsku teen die aanmeld van valse sake en herinner die publiek daaraan dat dit ernstige gevolge vir oortreders inhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Phumba ·

Die kinders moet ophou TV kyk en begin werk vir hulle geld.
Wat het hulle gedink gaan hulle regkry met die stunt? Nou gaan hulle op n minimum sit met kriminele rekords.

smurfie ·

20 jaar oud. Laaaankal nie meer kinders nie. Oud genoeg om hul eie kinders te hê

NeeHene ·

Dink net waardeur moes die meisie se Ma gegaan het om so boodskap te kry!
20 Jaar oud of nie, sy kort ‘n paar warm klappe!

RooiSarie ·

mamma het jou nie geleer nie nê, nou leer mamma!

wens hulle wil diensplig terugbring sodat die kinders kan reg kom

ai Here kom nou!

Niklaas ·

Sakgeldjies bietjie min vir daai hogere sosiale lewe. Mamma moet dus ekstra opdok. Beide daai jongmense is ewe sleg. Wil nie werk nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.