Meisie se lyk by stortingsterrein gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn negejarige meisie is by ʼn stortingsterrein in Evaton gevind, het die polisie in Gauteng Dinsdag gesê.

Konst. Tshifhiwa Mitileni, woordvoerder van die polisie, het gesê Bonang Bridgette Selai se hande was vasgebind. “Haar mond was ook met maskeerband toegeplak,” het Mitileni gesê.

Selai het Sondagmiddag verdwyn. ʼn Buurman het haar winkel toe gestuur en sy het nie weer teruggekeer nie. Die polisie vermoed sy is verkrag.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie en die polisie ondersoek ʼn saak van moord en verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elizabeth ·

Hoe is ‘n menselewe so min werd? Op ashoop weggegooi…

Anoniem ·

Konst. Tshifhiwa Mitileni, woordvoerder van die polisie, het gesê Bonang Bridgette Selai se hande was vasgebind. “Haar mond was ook met maskeerband toegeplak,” het Selai gesê.

Selai het Sondagmiddag verdwyn

Praat dooie mense wat se monde toegeplak is?

Nico Strydom ·

Dagsê Anoniem
Baie dankie dat jy die vingerfout aan ons uitgewys het. Dit is onmiddellik reggestel.
Vriendelike groete
Nico Strydom
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.