Meisie se lyk in Vaalrivier gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die Viljoensdrif-polisie in die Vrystaat het die publiek gevra om te help nadat die liggaam van ʼn onbekende meisie in die Vaalrivier gevind is.

Lt. Livhuhani Hani, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die meisie se liggaam is op 3 Augustus deur polisieduikers in die rivier naby Viljoensdrif gevind en uit die water gehaal.

“Die oorledene het ʼn blou baadjie met geel strepe, ʼn grys langmouhemp met ʼn swart streep aan die onderkant en ʼn wit broek aangehad en was kaalvoet,” het Hani gesê.

Hani het gesê die meisie is donker van gelaat, het swart hare en is sowat 12 jaar oud.

“Die polisie het hulp van die publiek nodig om die kind se familie op te spoor. Enigiemand wat onlangs ʼn kind, wat by die meisie se beskrywing pas, as vermis aangemeld het of wat ʼn idee het wie die meisie mag wees, word versoek om konst. Maditaba Majoang by 078 881 3579 te skakel,” het sy gesê.

Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie en sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eliza-beth ·

“…donker van gelaat met swart hare..” Wees tog meer spesifiek, dis mos nou nie rassisties nie! Dit kan dus ‘n Indier dogter, nie-blanke of selfs blanke kind wees! Hoe sal mens nou kan weet of jy weet wie sy is met net die klere se beskrywing! Ai die polities korrektheid tog!

steven ·

Ek se ma niks en ek stem saam hoe de hel is dit nou rasisties om haar ras te se stuped land die

BoereBikerBaby ·

ja nee die inligting sal defnitief nie help met die identiteit nie. Lol is dit so erg om te se ‘n swart dogter, wit dogter of watookal… dis eintlik ‘n grap hoe mense te bang is om kleur te mention..

Wilmarie ·

Ek stem saam met julle! Dit kan net sowel n blanke dogter wees met n blas vel en donker hare!

Sanet ·

Ai, dis so hartseer. Hoop geregtigheid geskied vir die arme meisietjie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.