Meisie sterf kort na sewende verjaardag

José en Sumien saam met hul kinders, Mia Cara (links) en Sofia (Foto: Facebook)

Mia Cara het Maandag in ʼn hospitaal haar stryd teen kanker verloor. “Ons klein prinses is nou gesond en het nie meer pyn nie. Die hemel is ʼn engel ryker,” het Mia Cara se ouers, José en Sumien Ferreira, gesê.

Mia Cara is Sondag weer in die hospitaal opgeneem. “Die kanse is skraal dat sy weer huis toe sal kan kom. Sy is rustig maar haar longe en hartjie is al baie erg verswak. Sy is ook deurmekaar en herken ons nie. Ons bid dat die Here haar rustig sal hou en dat die pyn nie te veel sal wees nie,” het haar ouers toe gesê.

ʼn Gedenkdiens vir Mia Cara, wat op 1 September sewe jaar oud geword het, word vandag om 11:00 in die NG Kerk Helderberg gehou.

Mia Cara het sedert 2015 aan akute limfoblastiese leukemie gely. Sy het in Mei verlede jaar, net toe dokters gereed was om haar kankervry te verklaar, weer ʼn terugslag gehad. Daar is toe besluit om haar na die VSA te neem vir behandeling wat as CAR-T-sel-terapie bekend staan. Sy was die eerste kankerpasiënt in Afrika om die terapie te ondergaan, waartydens ʼn pasiënt se immuniteitselle geneties gemanipuleer word.

Mia Cara Ferreira. Foto: Facebook

Mia Cara is as ʼn toetspasiënt goedgekeur en het van Januarie tot Maart vanjaar die behandeling in die Children’s Hospital in Philadelphia ondergaan. Sy en haar pa is in April terug na Amerika vir ʼn opvolgbesoek, maar sy het ná haar terugkeer ʼn terugslag gehad.

Mia Cara se ouers het in Julie vanjaar gesê sy het ʼn derde terugslag gehad en dat daar nie veel meer was wat dokters vir haar kon doen nie.

José het sy dogter vroeër as ʼn jong vegtertjie beskryf en aan Maroela Media vertel die gesin was verpletter toe Mia Cara gediagnoseer is. Mia Cara moes sowat 21 maande van intense chemoterapie, lumbale punksies en beenmurgbiopsies ondergaan, en die gesin was verheug toe hul kind aanvanklik in remissie gegaan het.

Mia Cara word ook oorleef deur haar jonger sussie, Sofia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

sons ·

Rus sag pragtige engeltjie, jy is nou op die beste plek. Mag Jesus julle versterk in die moeilike tyd.

Gerd Lourens ·

Sjoe! My hart bloei vir die familie. Mag julle die nodige vertroosting ervaar.

Frans ·

My innige simpatie. Lees Jes 57:1 ter versterking. Hou styf vas aan Jesus en moet Hom nooit laat gaan nie.

so jammer ·

vir n ouer is die hoop dat jou kind gaan genees al waaeaan ky vashou. !aae die hebsugtige dokters WEET die helse lyding waardeur hulle daardie kindjie sit, gaan nie haar lewe red nie, HOEKOM die kind daardeur sit? hoekom die ouers die kostes laat aangaan? al die vreeslike pynlike behandeling en sy sterf steeds. sterkte aan ouers en familie.

VanAfrika ·

My genade so jammer, dis duidelik jy het nog nie n kind aan die dood afgestaan nie. n Ouer sal enige iets doen om hul kind te genees of hul kind aan die lewe te hou en n kans te gee op n beter lewe sonder kanker. Die vrees en angs dat jou kindtjie gaan sterwe of het gesterwe, kan geen ouer aan iemand verduidelik wat nog nooit n kind verloor het nie. Jou ongevoelige aanmerking vertel dat die ouers moes maar die diagnose aanvaar en dat hulle nooit moes baklei om haar geensins te help en moes net sit en toekyk hoe sy kwyn in pyn tot sy sterwe. Tegnologie help baie pasiente, maar nie almal is so gelukkig nie. Hierdie ouers het gedoen wat hulle kon en hulle het gedoen wat hulle moes doen, dit is hulle berusting en Mia Cara weet dit ook en is sy met vrede hemel toe. As jy nie in sulke ouers se skoene gestaan het wat deur so iets is nie en met n kind se dood moes deel, moet eerder niks sê nie. Daardie dokters wat haar behandel het, het die grootste harte en die grootste menslikheid omdat hulle mense wil help wat siek is, daarom sal hulle alles uitvind en probeer sodat siek mense kwaliteit lewe kan hê.

Jan ·

Ek stem saam daar is dalk goeie doktets met goeie harte maar hulle is in die minderheid.die groot farmaseurtiese maatskappye sal enigiets doen vir geld en ek dink sis wat hier gebeur het.kyk maar op youtube video ebola hoax dan sal jul sien ebola is ook maar n geldmaaak klug en bestaan nie regtig noe…

Kinder leujemia survivour ·

As my ouers my nie daardeur gesot het 27 jaar terug nie sou ek nou doid gewees het. Daar is baie wat dit oorleef. Dis n kans. As jy nie die lotto speel nie kan jy nie wen nie. En dan kry mens mense soos jy wat nie verstaan nie.

Onskuldige kind ·

En nou gaan almal bid en sê Jesus het haar kom haal en dis God se wil. Regtig? As hy regtig bestaan het, waarom laat hy die lyding en dood van ‘n onskuldige kind toe? O wag, ek weet, ons moet net glo want hy het ‘n meesterplan en ons verstaan nie, ne. Hoe naief. Wat van al die gebede wat nie gehelp het nie? Speel hy dan games met die mensdom? Vra maar net

Skaap ·

@Onskuldige kind – So jy verwag dat God net alles moet regmaak soos jy dink regverdig is, anders bestaan God nie?
Het jy al ooit daaraan gedink dat as God alles moet ‘regmaak’ moet God ook vrye wil wegneem sodat moordernaars en verkragters nie mense kan seermaak nie?
Ons lewe in ‘n vervalle wereld as gevolg van ons(mensdom) se sondige natuur. Ons(mensdom) kannie ons self help nie, ons harte is boos! God is goed, en ons kan dankbaar wees vir die tyd wat ons wel met ons geliefdes gehad het hier op aarde.

Liezl ·

Jy’s heeltemal reg, ons gaan niks verstaan nie. Ons is net menslik en menslik gesproke kan ons nie begryp nie. Hy het deur meer pyn gegaan, Hy gaan elke liewe dag deur bitter baie pyn. Ons is Sy kinders en ons sal eendag verstaan. Hoop Hy raak jou ook aan dat jy na die GROTER prentjie kyk en besef Hy is waarlik lief vir ons. Jy is een van Sy wonderwerke, moenie teen Hom praat nie. Hy huil as Hy jou woorde en hart sien. Ek bid vir jou. Sterkte voorwaar aan die familie, dis so jammer, maar ons Vader het ‘n doel met als wat gebeur, wat ookal die uitkoms was. Ek glo sy laat ekstra spesiale tye agter.

Dua ·

“Once a man was asked’ What did you gain by regularly praying to God?’ The man replied, nothing… but let me tell you what I lost: Anger,ego,greed,depression,insecurity, and fear of death.’ Sometimes the answer to our prayers is not gaining but losing,which ultimately is the gain.”

Chaanwp1 ·

Jesus was ook onskuldig,en God het sy eie Seun nie die pyn en lyding gespaar nie.
Dink bietjie hieroor..
Rus sag liefie kind,jy het sowaar geveg tot die bitter einde.

Chaanwp1 ·

@ONSKULDIGE KIND,onthou Jesus was ook onskuldig,en God het sy eie Seun nie die pyn en lyding gespaar nie.dink bietjie hieroor,verlossing van pyn en leiding beteken nie altyd mens word gesond en lewe nie,die dood bring ook verlossing van pyn en leiding
Rus sag endelkind..

Stem_Saam ·

Ek stem 1oo% saam met jou ONSKULDIGE KIND. God word vir ‘n kind voorgestel as ‘n Pappa figuur … my pa sou my nie opsetlik seer gemaak het nie. Die mense wat sê “Hy gaan deur pyn” en so aan … hoekom ‘n onskuldige kind met so siekte slaan, sy was 10:1 gelukkige kind wat normaal stout was en nie iemand leed aangedoen het nie.

Thoughts and Prayers maak nie mense gesond nie, medisyne en dokters doen.

Susan ·

My dogtertjie is op 7 oorlede na sy baie lank baie swaargekry en gely het. As mens deur so iets gaan, kom jy anderkant uit met BAIE onbeantwoorde gebede en vrae. In die Bybel staan daar dat daar nie ‘n haar van jou kop sal uitval as dit nie Sy wil is nie. So dis dan Sy wil dat sy so seer en swaar gekry het. Dit kan tog net ‘n sadistiese God wees wat onskuldige kinders so laat ly. Ek kan nie verstaan dat mense dit net so gelate kan aanvaar en gelukkig wees daaroor nie. Dit maak van julle ook sadiste!!! Sterkte aan die ouers, mens kom NOOIT daar oor nie, die seer bly vir ewig.

Cherokee ·

In twee dele weens oorskryding toegelate karakters

In die moederskoot was twee babas. Die een het die ander gevra: “Glo jy in lewe na geboorte?” Die ander antwoord: “Natuurlik. Daar moet iets na geboorte wees. Miskien is ons hier om onsself voor te berei vir wat ons later sal wees.”
“Nonsens” het die eerste gesê. “Daar is geen lewe na geboorte nie. Watter soort lewe sou dit wees?’
Die tweede het gesê: “Ek weet nie, maar daar sal meer lig wees as hier. Miskien sal ons met ons bene loop en met ons monde eet. Miskien sal ons ander sintuie hê wat ons nou nie kan verstaan nie.”

Marinda Van Tonder ·

Rus sag engeltjie – sterkte ma en pa en sus,mag julle al die mooi van haar onthou en dat dit vir julle troos bring

christa ·

so jammer om van die verlies te hoor. Dis maar altyd ‘n hartseer saak. Gelukkig kan ons getroos wees om te weet hulle is veilig in die Groot Skepper se hande, ons sal hulle weer sien. Sterkte

Dua ·

Het haar “journey” gevolg en sy was die dapperste klein mensie en n inspirasie vir almal betrokke. Rus sag liewe Mia,jy het reeds jou engelvlerke op aarde aan gehad.

Jozi ·

Rus in vrede pragtigste meisiekind.
Ons verstaan nie aldag nie, maar mag God jou mense omvou met Sy liefde, troos, nabyheid en berusting.
@Onskuldige kind – ek gaan nie oordeel of negatiewe kommentaar lewer nie. Wil net se ek hoop jy vind eendag die antwoorde op jou vrae.
Respekteer asseblief elke leser wat uitreik na die gesin in hierdie ongelooflike seer tyd waarmer hulle moet deel.

GM ·

Rus sag pragtige mensie. Sterkte aan dié wat agterbly!
Die gedagte wat my altyd die hartseerste maak is dat mamma en pappa vir so ‘n klein boetie of sussie moet verduidelik dat sy/haar maatjie nie meer daar is nie.

Gesiggie ·

Wat n mooiste naam Mia Cara.. en n prag van n kind, my innige meegevoel aan die ouers en sus wat soveel moes deurmaak, en nou hul Engelkind moes verloor, waar sy nou is , is daar geen meer pyn of leiding… God het sy roos kom pluk, om deel te wees van sy Hemel tuin … mag God jul toevou met soveel Liefde en omgee… Mia Carla was vir n tydjie aan jul geleen.. maar moes nou gaan om haar plek in die Hemel in te neem. RIV Engeltjie

Cherokee ·

Die eerste antwoord: “Dit is absurd. Loop met ons voete is onmoontlik. En met ons monde eet? Belaglik! Die naelstring verskaf voeding en alles wat ons nodig het. Maar die naelstring is so kort. Die lewe na geboorte kan volgens logika nie wees nie.”
Die tweede het aangedring: “Wel, ek dink daar ìs iets en miskien is dit anders as wat dit hier is. Heel anders. Miskien het ons nie meer hierdie fisiese koord nodig nie. ”
Die eerste antwoord, “Onsin. En as daar wel lewe is, waarom het niemand ooit daarvandaan teruggekom nie? Bevalling is die einde van die lewe, en in die na-bevalling is daar niks anders as duisternis en stilte en vergetelheid nie. Dit neem ons na nêrens. ”
“Wel, ek weet nie,” het die tweede gesê, “maar ek is seker ons sal Moeder ontmoet en sy sal vir ons sorg.”
Die eerste het geantwoord: “Moeder? Glo jy werklik in Moeder? Dit is belaglik. As Moeder bestaan, waar is sy nou? ”
Die tweede het gesê: “Sy is rondom ons. Ons is omring deur haar. Ons is van haar. Dit is in haar dat ons leef. Sonder haar sou hierdie wêreld nie en kon nie bestaan nie.”
Sê die eerste: “Wel, ek sien haar nie, so dit is net logies dat sy nie bestaan nie.”

Cherokee ·

werk toe 3 dele uit

Waarna die tweede antwoord: “Soms, as jy in stilte is en jy fokus en jy luister fyn, kan jy haar teenwoordigheid sien, en jy kan haar liefdevolle stem hoor, hoe sy van bo af jou naam noem.”

Cherokee ·

Baie dankie Liz. Die gelykenis is deur Dr. Wayne Dyer in Your Sacred Self, een van 20 boeke deur hom geskryf. Die vertaling is Cherokee s’n werk. Het dit vinnig gedoen ter wille van sommige kommentare in hierdie forum. Dit is jammer dat die toegelate karakters dit nie in een vertelling toegelaat het nie. Ek het die webmeester gevra om dit in een te plaas maar dit kon waarskynlik nie gedoen word nie. Dankie vir jou terugvoering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.