Meisie sterf na botsing wat ma en sussie eis

Mediclinic Bloemfontein. Foto: Google Street View

Mediclinic Bloemfontein. Foto: Google Street View

’n Agtjarige meisie is in die hospitaal oorlede nadat sy verlede week ernstig beseer is in ‘n motorongeluk wat haar ma en sussie se lewens geëis het.

Reinette Oosthuizen, woordvoerder van Mediclinic Bloemfontein, het aan Maroela Media bevestig dat Shene van Wyk (8) Dinsdagmiddag in die hospitaal oorlede is.

Lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, sê Shene was verlede week Woensdag saam met haar ma, Jumari (27), en twee sussies, Kiara (3) en Kyla (10), op pad om by hulle pa, Attie, in Prieska in die Noord-Kaap te gaan kuier toe hulle in ongeluk betrokke was.

Kock sê die gesin se dubbelkajuit-bakkie het teen ‘n ander bakkie gebots. Jumari en Kiara is in die ongeluk oorlede.

Kock sê die bestuurder van die bakkie het geringe beserings opgedoen. Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Ai dis baie hartseer. Mens is so magteloos as sulke dinge gebeur.

Belinda ·

Ek dink aan ieder en elk van die mense wat hierdeur geraak is…………Jammer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.