Meisie sterf ná honde haar en boetie aanval

Foto: Rescue Care

Foto: Rescue Care

ʼn Driejarige dogtertjie is dood nadat sy en haar sesjarige boetie deur die gesin se honde aangeval is.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê paramedici is omstreeks 17:00 Saterdag na ʼn huis in Wiggins, Durban, ontbied.

“Met ons aankoms op die toneel was daar ʼn driejarige meisie wat kritieke beserings opgedoen het. Ná pogings van 40 minute om haar by te bring is sy op die toneel dood verklaar.”

Volgens Jamieson is die dogtertjie se boetie ook deur die honde aangeval en het ook ernstige beserings opgedoen. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal gejaag vir verdere behandeling. “Die SAPD en DBV was op die toneel en sal die saak verder ondersoek.”

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die kinders is deur die gesin se twee pitbull-honde aangeval. Dit is nie duidelik of die honde ná die voorval verwyder of van kant gemaak is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

95 Kommentare

Lorna ·

O nee dit is hardverskeurend my hart gaan uit na familie mag boeta gou herstel so is my buurman van 22 jaar ook gister doodgebyt deur sy eie Rottweiler dit is so vreeslik jip nou gaan ons seker weer almal hoor die kids het honde geterg ASB mense hê simpatie daar is iemand dood RIP klein engeltjie en Flip gaan jou so mos:-(

Justice ·

Absoluut tragies wat met die kinders gebeur het – ek vertrou dat logika bo Pitbull sentiment gaan heers en dat die twee honde alreeds van kant gemaak is.

Stingel ·

As mense net hul verstand sal gebruik met die keuse van n familie hond sal die voorvalle nie gebeur nie. ALLE Pitbull honde moet van kant gemaak raak,hulle is geteel om dood te maak. Rottweilers is sterk op die Pitbull se hakke.

Johan ·

Ek stem 100% saam. Hierdie is NIE gesinshonde nie. Toe ek die berig lees het ek dadelik vermoed dit is pitbul

Gecko ·

Stingel
Ek stem nie saam met jou nie. Ek het honde geteel en geskou. Maak nie saak watter honde ras dit is nie. As jy hom NIE REG LEER NIE gaan hy nie wees wat JY WIL HE HY MOET WEES NIE. Ek hou ook nie van n PIT BULL nie maar is nie te se hulle is honde wat al wat leef verskeur nie. As ek bv n moordenaar is moet my hele fam vankant gemaak word want ek is n moordenaar. Ja nou weet ek mense gaan se moenie honde met mense vergelyk nie ja is waar. Maar as jy n kind nie reg leer nie gaan hy nie goeie maniere he as hy groot word nie. As jy n hond se kos wegvat gaan hy verdedig . As jy my kos wegvat gaan ek verdedig as jy n hond se kleintjies wegvat of iets dan gaan die hond verdedig as jy my kinders wegvat gaan ek verdedig as jy n hond seermaak gaan hy verdedig as jy my seermaak gaan ek verdedig. Ek se ook nou nie die man of kinders het gedoen wat ek bo gese het nie ek vat nie die hond of honde se kant nie maar dink voordat jy sommer se honde wat dit doen moet verwyder word. Dink asb voor jy so iets se

Mp ·

dis nie die ras se skuld nie. dit is gewoonlik ongelukkig hoe die hond groot gemaak word waar die probleem lê
Ek het 3 dogters groot gemaak terwyl ek Pitt bulle geteël het en nooit het ek n voorval gehad nie. Ek kry die ouers jammer wat hulle kind verloor het en n ander het wat ernstig seer gekry het maar moenie die Pitt ras veroordeel nie.

Piet Pompies ·

Dit gaan my verstand te bowe dat mense ‘n Pitbull wil goedpraat, hierdie honde is geteel om te veg. En dit is dit wat hulle doen, gedrag is onvoorspelbaar en as hy in ‘n situasie is wat nie sy goedkeuring wegdra dan hap, byt of hy val die persoon aan.
Meer kinders is al deur ‘n Pitbull aangeval as enige ander honde ras.

Diertjies ·

Dit is baie beslis tragies ek stem saam. Het jy al ooit ‘n Pitbull of ‘n Rotweiler as ‘n troeteldier gehad? Hulle is die mees liedfevolle honde spesie wat daar is. Ons Pitbul beskerk ons kinders van alles. Ons rotweilers is net so erg oor die kinders en die kinders erg oor hulle. My kinders is geleer om diere te respekteer en nie te tart of te slaan nie. Dis omdat die mens die Pitbuls en Rotweilers verkeerd opvoed en vir die verkeerde redes het dat daar sulke insidente is. Sterkte aan die Familie

Pittbul eienaar ·

Ek stem nie saam met julle nie, Ons maak nou al ons 3de pittbul groot. Ek het n dogtertjie van 9 en n seuntjie van 3 en hulle is baie liefdevol met my kinders. Het een op 7 jaar verloor aan kanker en dit was die hartseerste dag! Het nog een van drie jaar en een van 1 jaar. Hierdie honde moet net met die regte disipliene groot gemaak word.

Christelle ·

Stingel en Johan en al die ander Anti-Pitbull mense…. ek het Pitbulls gehad en my dogter was minder as twee jaar oud toe ons haar met die volwasse honde laat speel het. Daardie selfde honde het haar opgepas met hulle lewens. Ek bly by wat ek glo dit is hoe jy ‘n hond groot maak. Respek, disipliene en manier werk ook in die diere wêreld soos in die mense wêreld.

Anoniem ·

Regtig? Van ALLE pitbull honde onstlae raak? Ons het nog altyd net pitbulls gehad. Ek se weereens dis hoe jy hulle groot maak. My seun het met pitbulls groot geword. Ek weet in ons buurt hou die kinders daarvan om die honde te terg….my innige simpatie aan die familie. Pitbulls is baie liefdevolle honde.

MM ·

Nee wat Stingel ek stem nie saam met jou nie. Dis is hoe jy jou honde groot maak!

MissDemeanor ·

Ag Gecko. Ek raak so geiriteerd as ek komentaar soos joune sien. Jy het nou wel met honde get. Maar het jy kinders? Dis amper onmoontlik om ‘n kleuter te leer om nie enige gedrag te toon wat ‘n pitbul/enige hod kan ontstel nie. DAMMIT. Honde wat mense kan doodbyt moenie aangehou word nie. Punt en klaar. Jy kan tog nie almal in die buurt oplei om”reg” op te tree sodat die hond hul nie verskeur nie. Dis baie makliker en meer effektief om net daardie honde te VERBIED.

Waldo Bloem ·

Almal het “freedom of speech ” maar asb moet nie kommentaar oor n biologiese saak van bedoelde spesies nie , gaan doen bietjie ordentlike ondersoek en komentaatr weer . Ek het met die pit ras groot geword en nie n dag se probleme nie ek het self kinders en hulle het elk een hulle eie pitty gekry op 1 jaar oud die bond kan nie beskryf word nie maar laat iemand vreemd naby hulle kom in my erf en kyk wat gebeur ! Ek werk met Iraq bom honde so asb kry jou fyte reg . Honde wat reg groot gemaak word en regte training kry raak soos familie in die huis .

Brian ·

Ek stem 100% saam – dis ‘n Satans Hond – hulle maak meer Mense elke Jaar dood as enige ander Hond. Die enigste mense wat nie die Probleem raaksien nie is die Eienaars – dis soos ‘n Alkolis wat nie besef hy’t ‘n probleem nie.

ansie ·

Ekt ook bure met groot honde met kleintjies (1al doodfebyt)wat heeldag baklei….ek stel voor dat mense eers OPLEIDING kry oor enige diereras VOOR hul diere aanskaf….so jammer nog n verlies deur oningeligte mense
…riv baba….

sioux ·

ekskuus namibiër. ek wou jou nie rapporteer nie, het jou verdediging van jou hind baie waardeer. ek voek soos jy. net myne is alsations.

Namibië ·

Ek het ook ‘n GSD gehad voor my Pitbull. Hy het sonder ‘n halsband aan my linkerkant geloop tussen mense en ander diere sonder om enige hond of persoon te storm of byt. Baie ure se aandag, liefde en leer en jy het nie ‘n probleem nie.

Johann ·

Hartverskeurend, maar wanneer wil mense besef ‘n Boel is nie ‘n dier wat ou aanhou as jy kinders het nie

Netekke ·

Ag asseblief, ons het jare al Boerboele en Rottweiler honde, ons kleinkinders is mal oor hulle en nog nie een van hulle het eers geknor vir ons kleinkinders nie. Moenie die ras beskuldig as dit nie hulle skuld is nie. Alles hang af van hoe hulle grootgemaak word. Pitboels presies dieselfde. Nou is almal weer “up in arms” oor die rasse…… Kry ‘n lewe……

Cacophony ·

Werklik hierdie oordrewe verdediging van hierdie honde is bizar! Kyk net na die feite man. Dis nie dat die honde ‘n ligte happie toedoen nie. Nee as hulle byt ruk hulle ledemate,kopvelle ens af. Miskien moet jy ‘n lewe kry en jou oë oopmaak vir die realiteite van die honderas? Boelie for you as jy nig nie deur jou hond gbyt is nie. Sê eerder: “there but for the grace of God go I”.

sioux ·

boerboek, rottweiler, alsation. maak nie saak hoe jy hulle groot maak nie, aan die einde van die dag bly hulle ONVOORSPELBAAR. want hulle is redelise diere. kinders moet egter van kleins af gelede word om mens en diercte respekteer.

MissDemeanor ·

Sioux…my kind is amper 3. Ek weet nie hoe leer mens doelbewus n kibd tussen 0 en 3 hoe om honde aanvalle te vermy nie. Hul het geen begrip van die implikasies nie.

Brian ·

In 2015 is 36 Mense oorlede in Hondaanvalle in die VSA. 28 van hulle is deur Pitbulls doodgemaak. Sjoe maar dis nou vir jou ‘n klomp slegte eienaars ne?

Pietser ·

Dis wat jy kry as jy gevaarlike honde aanhou. Die goed kan hoe goed opgelei wees, as hulle koppe uithaak is dit nag. Dis nie te se dat sekere rasse meer aggressief is nie, die punt is dat as een van hierdie vegtersrasse aanval, dan byt hulle om te dood…en ‘n hond sal altyd (soos enige ander dier) onvoorspelbaar wees.

Pietser ·

Nooit ooit nie. Jy sien mos nou hoe die eienaars van hierdie mensvreter honde hier reageer. Hulle is almal liefdevol.

Ann ·

Honde is nie mense nie dus bly hul ONVOORSPELBAAR. Veral die soort.

Andrea ·

Daar is nie n beter gesinshond/kinderhond as n bulterrier nie! Beste hond ooit.

Rina ·

Netekke ek sten 100% saam.met jou dis hoe jy jou honde grootmaak..ons het ook n pitbull en boerboel en my kleinkinders stoei hulle sonder ophou…..dis absoluut nonsens dat enige pitbull geteel is om te baklei…wat nog te praat van n rotweiler of boerboel…

Cacophony ·

Rina ons sien jou binnekort ook in die nuus hoor. As jy toelaat dat jou kinders ‘n hond stoei asof dit een of ander softtoy is soek jy vir nonsens. Doen jouself ‘n guns en gaan google “things a child should not do to a dog”.0

MissDemeanor ·

Ja sorry Rina. Dis vrek onverantwoordelik van jou om die honde so te onderskat. Ons hoop maar dat spyt nie te laat kom nie.

coozah ·

Ekt glees waar hulle sê a pitbul is net a huis hond tot die ouderdom van agt maande, daarna tree di dierlike instink in n dan het hy ni meer vriende ni. Honde is daar om jou kinders te bskerm ni om af te maai ni.

Namibië ·

My pit is al 2 jaar oud, en nog steeds die liefde vanself. So alle witmense is rassiste en alle swart mense moordenaars….kom oor julself.

Rina ·

Dis nou die grootste klomp nonsens om alewig die honde die skuld te gee…ek stem saam jou Netekke..Ons self het n pitbull en boerboel..my kleinkinders stoei hulle sonder ophou…Dit hang alles af van hoe jy jou hond grootmaak..en gereeld te meng met jou mense…

ELIZE ·

rina ek stem saam dit is hoe die hond groot gemaak word…ek is baie jammer oor die kindjie wat oorlede is ….ek het boerboel/ rotweiler en sy is amper 1 jaar oud en sy is liefdevol met my kleinkinders….

Mellie ·

‘Sekere mense’ is geneig om hul honde te ketting as hul tuis is en dan los te maak as hul nie daar is nie – grootste fout denkbaar want ‘chaining’ kweek aggressie; van pitbull tot poedel. En ek sien hier in die Vrystaatse plakkerskampe gereed die neiging, en dis meestal pitbulle. Dit breek my hart!!! As dié honde net reg hanteer word en met liefde …. Ek stem dus 100% saam met Netekke en die ander ‘supporters’.

my2sent ·

Hier moet ek ook saam stem, ons boerboel is 7 jaar oud en ons dogtertjie amper 2, ons was nie seker hoe hierdie hele ding sou uitspeel nie omrede hy glad nie kinders geken het nie. Hy is amazing is so sag em versigtig om haar asof hulle saam groot geword het, en bygesé het ons n varkhond ook. In die huis het ons 2 yorkies en hierdie 2 kan soms n probleem wees met ons dogtertjie

Sozette Ras ·

Dis n hartseer ding wat gebeur het. En ongelukkig is dit n feit dat somigge honderasse se veginstink sterker is as ander. Maar daar is ook die feit dat sommige liefdevol is al is hul van daai ras. Maar ons almal ken die feit dat klein kinderkies maar klein is. En ouers liewer moet toesig toe pas as dit by diere en kinders kom. Onthou temprament is geneties nie aangeleer nie en soos mense is sommige diere se humeure maar kort so Butch gaan snap as sy ore en stert een keer te veel getrek word. Dis hartseer dat drie lewens nou verloor moet word asgevolg van so situasie. My hart gaan uit aan die ouers.

Baiebef@$% ·

Ek wil net se ek het met rottweiler groot geword en het tans n boerboel in my erf my broer se kinders speel met hom en hy is di mees liefste volle hond.Jammer vir Di mense Wat se kinders gebyt is en ook Di Buurman Wat dood is maar mense is vinnig om te se sit die dier uit maar niemand gaan ooit in die dier se verlede in om uit te vind hoe hy of sy groot gemaak is ni .jmr maar as jy jou dier aggresief wil groot maak moet jy maar die nagevolge dra en sorry om te se as mense honde wil terg moet hulle maar ook Di nagevolge dra die dier kan nie vir hom self prt nie dis hoekom ons daar is.Groete.

Sê maar net. ·

Ek stem 110% saam dit is nie altyd die diere wat die probleem is nie. Ek self was as baie jong kind deur n boerbul gebyt en het geen vrees of letsels oorgehou nie. Vandag nog is ek steeds Mal oor honde enige ras. 4 jaar terug het mense hulle huis ontruim en die groot swaat rotweiller agter gelos sonder kos en water. Daai hond was n killer. Maar ek het elke dag met hom gepraat en toe kos begin gee deur die draad en dit was die 3 dae later nie, toe kon ek bu die erf ingaan en die hond vir my vat. Geen probleme gehad nie. Hy het self my 3 katte uitgelos. Alles hang van die mens se ATTITUDE af.

E ·

Ons het vir jare ń bulterrier gehad en met liefde groot gemaak. Die dag toe hy my ma wou aanval het my pa daar en dan vir hom ń lekker blyplek op ń plaas gereel met mense wat hul kan hanteer.

Frans ·

Mense is baie meer gevaarliker as honde. “Faf” eerder oor dié wat daagliks moordpleeg en maak issues daarvan.

Celia ·

Frans-so dit ok dat n pitbull onskuldige klein kindertjies verskeur? Wag tot jy gebyt of iemand na aan jou verskeur word!
Moordenaars moet die doodstraf kry en sulke honde verbied word. Punt.

Ou Erdvark ·

Lees gerus Robert Hughes se “The Fatal Shore – The epic of Australia’s founding” om te besef hoe sieklik die menslike soogdier teenoor ander menslike soogdiere kan optree in die naam van reg en geregtigheid (maar eintlik is die motief hebsug, magsug, oorlewing en eie belang).

Pietser ·

Ek kan regtig nie verstaan hoekom mense sulke gevaarlike honde wil aanhou nie en dan spog hulle nog hoe kwaai hulle honde is en elke oortreder op die erf sal opvreet. Mense, mense julle speel met vuur. Dink nou net an die onskuldige situasie waar die buurman se kinders krieket speel en die bal in jou agterplaas slaan. Jannie klim oor die muur om die bal te kry en Bruno byt hom dood. Groot marakkas.

Conrad ·

So Netekke,is dit nou die kein dogtertjie en haar boetie se skuld dat die pitbulls hul aangeval het? hoe verduidelik jy dit dat feitlik elke tragsies dood gebyte en verskeurde kind deur n PITBULL was? En hulle was ook mal oor hulle honde! Ja, did verseker die eienaars se skuld want hulle het hulle aangehou. Jammer om dit nou vir jou te se, maar jy gaan nog oontnugter word. Ek is n diereliefhebber en het self n (dierbare)worsie- en ek hou hom weg van klein kindertjies want ek weet dis in hulle aard om skielik te hap.
As kind was ek en my maatjies skielik aangeval deur twee Dalmations- hul was net liefde gewoond en gesinshonde!
Hul moet absoluut verbied word.
MM ek hoop jul sal terugkom en berig dat hulle van kant gemaakt is asook die rotweiler.

Namibië ·

En ek ken mense wat worsies het wat nie mense, nog minder kinders kan verdra nie en hul het wil byt.

Charlotte ·

Weer ens kyk na die omstandigheid waar die hond in bly en hoe kom hulle dit gedoen het daar is altyd n rede vir n hond se optrede ek het n staffie en n Rodweiller en nog nie een keer het een van hulle kinders proebeer buit of op my gedraai nie dis hoe jy hulle behandel en groot maak dis die sele as met kinders geen displien en liefd nie en hulle draai uit as skelems ens.

skorra ·

Omstandighede speel beslis ‘n rol soos o.a. kinders wat nie reg teenoor honde/diere optree nie en dan lei dit tot tragedies soos die onbeskryflike hartseer in die artikel. So egter ook – en ek weet ek gaan nou vuur trek van die subjektiewe liefhebbers van sekere honderasse, maar is bereid om dit te vat twv die waarheid – is sekere rasse meer geneig tot kinder_ en baasaanvalle as ander. Beskikbare statistiek vertel ‘n interessante verhaaal: Pitbull, Pitbull, Boerboel, Pitbull, Pitbull, Boerboel, Ras X, Pb, Pb, BB, Ras Y ens. Toevallig???

Ou Vlakvark ·

Hoeveel keer gaan ons nog in die media lees van nog mense wat deur Pitbulle, Rottweilers, Boerboele en Alsations aangeval en selfs gedood word? Geen mens kan my oortuig dat hierdie honde nie onvoorspelbaar geweldadig kan raak nie. En geen teelkundiges sal jou daardie waarborg kan gee nie.

Hierdie soort honde moet in Suid-Afrika verbied word. Nou, nie later nie. Waar is die wetenskaplik bewyse dat hulle enigsins ‘n wesenlike bydrae lewer om kriminaliteit te verminder?

Dries ·

Ou Vlakvark jammer ek het 2 wat ek jou kan waarborg jou gaan opvreet. Hulle is daar vir n rede. Net interesant die agressiefste honde rasse, bo gaan die lysie verskyn al die worshonde, peodels en yorkie’s en ja hulle kan dalk nie sommer n kind dood nie maar we’ll oe uitbyt of lelik vermink.

As jy bewyse soek, ek sal as ek weer n naweek weggaan jou my adres gee… of beter nog ek gaan my kinders vanmiddag buite by die hond los terwyl ek gaan rus. Dan kom stap jy in my erf in. Bring tog net jou eie bodybag saam

Ekke ·

Almal wat pittbulle Rotweilers boerboelle bullterriers het ek wens julle alle sterkte toe met daardie soort honde. Elkeen is geregtig op sy eie opinie en keuses. Kom ons wag en sien wat gebeur met die mense wat so sterk opstaan vir hierdie ras tipe honde as hulle eendag aangeval word watter song gaan hulle dan sing! Ek was ook n groot rotweiler liefhebber tot ek deur een aangeval is en het my been verloor agv daarvan. Dit was nie eers my eie hond nie dit was n rondloperhond. Sterkte aan julle almal met julle kwaai honde. Ek wou dit net met jul deel.

Dries ·

Baie hartseer oor die kind. Hier is egter baie oningeligte stellings oor honde. Pittbulls was geteel om te baklei, indien so hond sy eienaar but is hy van kant gemaak. Hy moes net een ding doen en dis fight. Ongelukkig word hulle nie meer so geselekteer nie en ook waarskynlik nie reg grootgemaak nie. Ek self het 2 rottweilers die een bly oop waar my kindertjies op haar rol, val, speel bal speel en sy “getackle” word. Die liefdevolste ding onder die son, maar moet asb nie as vreemdeling naby my kinders kom waar sy by is nie…. sy is so grootgemaak en dis goed. Die ander hond bly in n ander deel van die erf bedags, die kinders of my vrou gaan nie daar in nie. Wel niemand behalwe ek gaan daar in nie, die kans is goed dat jy lunch gaan wees. Hy is so grootgemaak En dis goed. Hy reageer ook baie gehoorsaam op bevele, selfs as die kinders met hom praat maar ek sal nooit iemand by hom toelaat nie. Van my eie honde wat my al die seerste gebyt het , n worshond. Die mees agressiefste was n optel Labrador teef. Mense hond aanhou is nie net die hondjie , kos , water en die poep optel nie. Dit is n verantwoordelikheid wat baie tyd kennis en aandag verg.

Maria ·

Ek geniet al die kommentare maar o genade die foutiewe spelling in sekere kommentare is darem eens te erg. Lees eers jou kommentaar deur voor jy dit stuur. Sterkte en my innige simpatie aan die ouers van die twee kleintjies.

Mellie ·

Amen op al die opregte diereliefhebbers se kommentaar!! Honde byt om n rede – so maklik soos dit. Ek het 2 massiewe boerboele en het ook 2 staffies gehad. Hulle het my al gebyt, want die 1 was sieklik en die ander se poot het aan n hek vasgehak. No hard feelings! Eerste hond is waardig verlos van sy pyn en 2De hond het my steeds met haar lewe beskerm tot haar einde. Kennis is mag!! Lees op oor honde voor hulle net aangeskaf word.

Skapie ·

Ek wens julle wil ‘n like/dislike of n duim wat op of afwys instel. Ek mis dit.

Pietser ·

Twee-derdes van all honde-aanvalle wat tot dood lei in SA word veroorsaak deur Pitt Bulls. Hulle doen hul naam as mensevreters goed gestand.

Ai ·

As mense maar net so reaksie kan he op moorde, plaas moorde, verkragting, kinder ontvoering en handeldryf, hongersnood… Mensdom het vreemd geword. Almal wil reg wees, almal wil altyd baklei as daar n mening verskil is… Kom by mensdom… Die wereld draai nie om jou menings en verskille nie. n Kleine baba dogtertjie is dood en wreed dood gebyt, Hoe baklei julle nou oor honde rasse? Ek persoonlik voel die hond moet van kant gemaak word en as nodige voorsorg maat reels nie getref was nie moet die ouers ook aangrkla was. Hond, mens… Ek Sal nie toesien dat my kind of enige kind se moordenaar vry of lewendig rond loop nie

Michelle ·

Al hierdie mense wat altyd op die pitboel-wa spring, is oningelig en naïef. Ons het jare met pitboele geteel, het al op stadiums meer as 20 pitboele gehad, en NOOIT in al daai jare, 15+, het een ons, ons kinders, bure of vriende gebyt nie. Inteendeel, ons bure se foksterrier het ons kinders meer as een keer gebyt en myself so sleg dat ek moes steke kry. Feit is dat ALLE honde kan byt en gevaarlik is as mens hulle nie reg leer nie, nie net pitboele nie. Om een ras uit te sonder is uiters dom. Maar ek stem saam dat dit tragies is wat gebeur het. Sterkte aan die familie.

SUsan ·

Ek stem saam , maar het nog nooit van enige worsie , foksterrier of enige klein ras hond gehoor wat iemand doodgebyt het nie. DIe honde wat doodbyt is Pitbulls , boerboele en Rottweilers. Ek is baie lief vir diere , maar sal nooit enige groot ras hond aanhou nie…miskien is ek maar net te bang dat ek hulle verkeerd gaan grootmaak. My kinders en kleinkinders was nog altyd vir my belangriker.

soltykat ·

Enige hond is gevaarlik. Ongeag watse ras hy vandaan kom. Hulle optrede is altyd onvoorspelbaar

Chris ·

Ek het n toy franse poedel en sy is net so beneuk. Nee wat, dit is mens se keuse watter tipe hond hy wil aanhou. Almal weet party rasse honde is kwaaier as ander maar dis nie te se dit is n swak ras nie. Soms moet mens ook maar kyk na die omstandighede waarin sommige honde aangehou word. As jy met my toy franse poedel skoor soek sal jou jou ook verskeur. O.K… sy sal nie want haar bekkie is te klein maar sy gaan vir jou verduidelik waar het dawid die wortels begrawe. Meestal is dit maar mense wat die honde nie reg hanteer nie.

Tannie ·

Ek stem. Selfs mense! Het dit al by die kinders se judo beleef.

Suidwester ·

Dokters kan nie siektes en seerkry wegwens nie. Maar hulle weet: die byt-skade van ‘n Chihuahua kan jy ‘n boete aan koppel vir die eienaar, maar nie die van ‘n hond wat kan dood byt nie.
Die mens is net te hoflik om sulke ouers geregtelik te vervolg. Maar as hulle het, sou veel minder ouers gedink het veghonde/ groot honde is oulik en sommer 2 aanhou rondom kinders en kleinkinders!!

Mariaan ·

N klein kindjie is dood gebyt! Dalk nog haar boetie ook…PUNT….die honde is gevaarlik…PUNT…al die oordrewe hondeliefhebbers….as dit jou kind was???? RAAK ONTSLAE VD HONDE…die bewyse is mos daar….word wakker!

Piet ·

Bullteriers is vredeliewende honde en baie goeie wag honde my bully is so sag en vriendelik met ons huis mense maar is kwaai met buitestaanders speel met my 3 en 4 jarige kleinkinders en is glad nie aggeresief teenoor hulle nie want sy kry soveel liefde bullteriers floreer op liefde kom in en uit die huis soos sy wil ons deur bly permanent oop vir haar die beste honderas ooit bullteriers sal hulle huis mense met hulle lewe beskerm as hulle aangeval word bullteriers bo ons is so lief vir haar en sy vir ons sy is soos n kind vir ons en so gehoorsaam jammer vir die baba en die Oom wat doodgebyt is mag hulle siele in vrede rus

Andrea ·

Jys 100% reg. Ek laat ons kleinkinders met n geruste hart met ons bulterrier speel. Hy geniet die ge-baba geweldig en nie n vlieg mag naby die kinders kom nie. Maar die kids weet hul moet wegbly van ouma se Chihuahua af… haar naam is nie verniet Demonia nie!

Cacophony ·

Siek en sat vir dieselfde ou storie elke keer. Die kind die ouers die weer die flippen osoonlaag word blameer maar nooit ooit die hond nie. Dis nou genoeg regtig mense lewens veral die van kinders os prioriteit. Vra enige prokureur wat hondbyt saak al ooit hanteer het wat se die oortreder hond se eienaar altyd: “hi maae fluffy was so liefdevol hy het nog nooit iemand gebyt nie”. Wat sê die ouer wie se kind gebyt is? Skiet die hond dood. Jammer maar die kind kom eerste verwyder die hond en die ras wat altyd betrokke is by dis bytery (daar is mos statistieke) van die planeet. En jy mnr/mev oordrewe hondeliefhebber as jy dan so graag saam jou hondjie wil wees feel free om hom te join in die hiernamaal

Sê maar net ·

Dit het baie met die “breeding” van ‘n hond te doen. Daar is te veel backyard telers en mense wat “kwaai” honde probeer teel. Daai diere se koppe haak later uit. Dit is soos ‘n “glych” in hul programering. Baie sterkte aan die families wat hul geliefdes verloor het.

Michelle ·

Noem my n ras wat nog nie iemand gebyt het nie? Dit kon enige hond gewees het . Al die rasse is maar onvoorspelbaar , net soos ons slegte dae het het hulle.

Cacophony ·

Mmm ja my kind het slegte dae maar sover ek weet het hy nog nie iemand doodgebyt nie.

Het gelees ·

Ek het ‘n berig gelees wat East coast radio op Facebook gesit het… Onder aan die berig het ‘n buurvrou wat glo direk langs hulle bly genoem dit was nie pitbulls nie maar wel ‘n Rottweiler so nou weet ek nie.

snoefie ·

rottweiler het man doodgebyt. pitbulls die kinders. weet iemand wat het geword van die kleuter wat in Des gebyt was? sterkte aan families.

Ina ·

Ons het ‘n pitbull gekruis met ‘n boerboel…..fantastiese waghond. Toe kom ‘n klein seuntjie van 8 jaar en terg hom. Nou kan ons vir Jessie nie by kinders toelaat nie. Hulle terg die honde en die ouers staan en toekyk….

Uvonka ·

Ai siestog dit is so hartseer, die arme kindertjies. Ek persoonlik het nog nooit met een van die honderasse te doen gehad nie, maar julle ek is doodbang vir hulle.

Jadeletemaardiewaarheid ·

Ek sien my vorige post is delete. Seker een of ander kleinserige persoon wat dit gerapporteer het. Shame. Ek sê weer, as jy nie self ondervinding het van ‘n saak nie of nie die hele saak ken nie, bly eerder stil. As jy nog nooit ‘n Pit/Bull/Rottie/Boel of ander “gevaarlike” groot hond gehad het nie bly eerder stil, jy raas net. So, go, rapporteer die en ook maar weer.

woef liefhebber ·

Ek stem 100% saam met jou. It is not the dog breed, it is the owner! Mense maak die honde groot om beneuk te wees, terg hul met klere of slaan hul etc… Of hul ketting hul vas. Gee ook nie genoeg liefde en aandag aan die hond nie, hul word basies mishandel. En dan kry die hond die skuld as hy snap? Dis belaglik!

Theresa B ·

Dit is vreeslik tragies. En dis ‘n vreeslike ding waardeer daardie klein kindertjies moes gaan. Die ouers moet aanspreeklik gehou word. Almal wil altyd honde aanhou maar hulle doen nie huiswerk oor die tipe hond nie. Almal kan nie in hokke aangehou word nie. Almal kan nie in klein spasies aangehou word nie. Hulle moet spieelgoed hê en ruimte. Daar moet met die honde gestap word. Hulle soek ook aandag en raak ook gefrustreerd. Daar moet ‘n nuwe wet ingebring word VOORDAT enige person ‘n hond aanneem of koop of self present kry.

Pitbull Liefhebber ·

Ag asb! Doen jouself ‘n guns en google Nanny Dog! Niemand was daar nie, en niemand weet wat die omstandighede was nie. Ons PIT het die naweek ‘n 7 maande oue baba heeltyd opgepas, hy is nie eers gewoond aan baba’s nie, maar hy is reg groot gemaak en sy instink om te beskerm het dadelik ingeskop. Ons Pit is groot gemaak tussen mense, en in die huis – nie in ‘n hok nie. Almal love ons PIT!

Linda ·

as jy nog nie gesien of beleef het hoe dit lyk wanneer ‘n hond ‘n kind of wat of wie ookal dood byt , dink ek jy moet jou snotterige comments hou vir jouself!
dit was die mees traumatiese ondervinding van my lewe
baie sterkte aan almal wat iemand aan die dood moes afstaan veral deur ‘n verdomde hond!

Woef liefhebber ·

Enige honde ras kan gevaarlik wees en byt. Aggresiewe honde rasse byt om dood te byt. Ek self is banger vir mense as vir honde. Mense moor, so moet die mens ook verban word? Die honde word nie reg hanteer nie en ook glad nie reg grootgemaak nie. Wat mense nie noem nie is dat hul hul hond terg om hom kwaai te maak, so hond sal makliker snap. Alles gaan hoe jy jou hond grootmaak en hoe jy hom hanteer. As jy jou hond nie reg hanteer nie gaan hy jou byt. Ons het n staffie en n worshond, liefde vanself …. maar as jy hul seermaak gaan hul jou byt. It is not the dog breed, it is the owner! n Hond is wat jy van hom maak!

kitty ·

So jammer oor die dogtertjie.syerkte aan die ouers.Ek wil net se as n mens jou hond liefdevol grootmaak en jou kinders leer hoe om honde kinders te behandel.sal jy geenprobleem he nie.ons Boerboel is die liefde self hy is eindelik n regte o softie.en hy is n huis hondekind.hy is veiliger in my huis as buite gedurende die nagte.hy pas my op gedurende die dag.hy loop agter my aan en op die oomblik le en slaap hy op ons ekstra groot bed.as my kleinkindets huil dan dink hy ons het iets aan hulle gedoen dan kom stoot hy ons rond met sy neus.en dan gaan ondersoek hy my kleinkind om te sien of sy reg is.so ja ek stem saam dis hoe jy jou hondekinders behandel en grootmaak.

Christelle ·

Oh en net so terloops toe my dogter klein was het ‘n klein hondjies (kan nie die ras onthou) haar moedswillig in haar gesig gebyt by vriende se huis en my dogter se bo-lip oop geruk. Ons moes haar hospitaal toe vat vir steke en ek het nooit daarop aangedring dat die hons vankant gemaak moes word nie.

Andrea ·

Dis n slegte ervaring wat jul gehad het, maar ek sou NOOIT my hond laat uitsit het daaroor nie, al het hy my eie kind gebyt. Mens kan n ander plan probeer maak.

Tanya ·

Maak nie saak watter hond jy het nie, as hy bedreigd voel, gaan hy verdedig/aanval. Enige hond is onvoorspelbaar. Dit gaan nie oor ras nie. Ek het vir Dexter, ‘n Bullterier en daar gaan verseker nie ongenooide gaste in my huis inkom nie. Dexter is opgelei en baie, baie gehoorsaam. My dogtetjie was gebore toe is Dexter al ‘n volgroeide hond, maar nooit, ooit was haar lewe, vir die 5 jaar wat die Here haar vir my geleen het, in gevaar gewees nie

G ·

al die mense wat se pitbulls is veghonde dink julle moet gaan google hulle was gebruik as nanny dogs ja hulle het kinders opgepas hulle is die mees liefdevolste honde wat bestaan maar weereens sooos die mense se as jy die hond nie van kleins af reg leer nie is dit ongelukkig dat hy nie die regte wortels het nie so asseblief kry julle feite reg

Chrismiq ·

Dit is rerig hartseer dat daar kleintjies dood en beseer is. My innige meegevoel met die familie. Ek wil net graag in die bres tree vir alle Power Breed Rasse. Ek het 10 Rottweilers. My liefde en lewe en het 2 dogters wat hulle lewe lank groot geword het saam met die Ras. Nog NOOIT het hulle eers n lip getrek vir enige van ons nie. Dan ook, hoekom skaf mense sulke honde aan? Vir Beskerming of ego? Die honde moet aanval en doodbyt of liefdevol en sag wees wanneer die mens dit verwag. Hulle is nie psychic nie, kan nie sien wat jy dink hulle moet doen nie. Hulle praat nie ons taal nie, hulle verstaan aksies saam met n woord. As jy nie die dier jou taal leer nie, hoe moet hy dit verstaan? Praat jy Chinese of Mandoryn met jou mense!?? Nee jy praat n taal wat julle almal ken. Hoekom as jy Power Breeds het vir Beskerming, sal jy klein kindertjies toelaat by die diere? Soos ek verstaan het is dit die Oupa se honde. Wat was Oupa se rede om die ras aan te hou en dan nie te leer nie. Vir al die onkundiges wat nou weer gal braak oor die rasse wil ek net sê, as jy nie weet waarvan jy praat nie, kry asb eers julle feite bymekaar. Die honde was die aanvallers ja, maar defnitief nie die ooraak nie.

Christel ·

Die meeste mense wil honde aanhou maar het geen idee wat dit behels nie. Hulle hou honde aan wat maar net daar is. Honde moet deel van die familie wees, selfs groot honde moet geleer en opgelei word en in die huis aangehou word. Dan sal hulle nie skielik mense aanval nie. Mense leer oor nie altyd vir kinders om diere te respekteer nie en sommiges terg honde (groot en klein). En geen mens los sulke klein kinders alleen by groot honde nie. Honde is diere en kan van tyd tot tyd deur iets getrigger word om aan te val. Ek voel baie jammer vir die kinders en die ouers, maar ons moet ook dink. Daar is volgens my in elk geval hopeloos te veel honde en katte in SA en 80% van die diere word verwaarloos in die sin van aandag kry. Min mense gaan stap met die honde. Baie mense verlaat die huis van vroegoggend en keer donker terug. Intussen is die hond totaal alleen. Hoekom honde aanhou? Kry liewers ‘n alarm om boewe weg te hou.

Die Ou Varkerasies ·

Geagte menslike soogdiere, is daar ‘n probleem met die aanhou van Pittbulle, Rottweilers, Boerboele en Wolfhonde? Indien wel, wat is die probleem geformuleer in ‘n neutedop? Indien wel, wie gaan die leiding neem om wetgewing aangeneem te kry om die probleem aan te spreek? Of wag ons vir die volgende tragiese nuusberig …

Mense wat nie belangstel om deel wil wees van ‘n omgeegemeenskap nie hou oormatig blaffende en bytende honde en raas-alarms aan tot groot ergenis en frustrasie van hul medemense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.