Meisie sterf ná messteek

mes‘n 16-jarige meisie is dood nadat sy Sondag verskeie kere met ‘n mes gesteek is in Dobsonville, Soweto.

“Die tiener het Sondagoggend saam met haar ma en twee mans gestap toe ‘n onderonsie glo uitgebreek het. Een van die mans het ‘n mes uitgehaal en die ander begin steek.

Die meisie is verskeie kere met die mes gesteek en is op die toneel dood,” het ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die tiener se ma en die ander man is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling. Die moordenaar het gevlug en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.