Meisie sterf ná sy uit motor geslinger is

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

ʼn Jong meisie is dood toe sy Sondag op die N3 tussen die M7- en Richmond-afrit in Pinetown in KwaZulu-Natal uit ʼn motor geslinger is.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die bestuurder van die motor het glo beheer oor die motor verloor waarna dit omgeslaan het. Daar was ses insittendes in die motor.

Rossouw het gesê die meisie is uit die motor geslinger en is op die toneel dood verklaar. Volgens ER24 was die meisie 11 jaar oud. Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het egter gesê die meisie was ses jaar oud.

Die ander vyf insittendes het ligte tot matige beserings opgedoen. Rossouw het gesê ER24 het een van die pasiënte na die Westville- private hospitaal vervoer vir verdere behandeling. “Die ander beseerdes is deur ander nooddienste op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale vervoer,” het hy gesê.

Volgens Van Reenen is verkeer erg ontwrig deur die ongeluk.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nina ·

My 2-deur Polo hatchback kan ‘onder 12’ passasiers vat, volgens die lisensiedokumente.

SNEL ·

Ses mense in n kar is baie, maar die Honda FRV kan ses mense vat, drie voor en drie agter en so ver ek weet word hy onder n kar en nie n sportnutsmotor geklasifiseer nie.
Dit moet vreeslik vir die ouers wees om n kind te verloor, en almal van ons het al een of ander tyd n kans gevat. Ek glo hulle weet self wat hulle moes en nie moes gedoen het nie. Hulle het nou ondersteuning nodig.

Francois le Cochon ·

‘n Motor se lisensie skyfie dui aan hoeveel mense in die voertuig mag ry. Gaan kyk maar wat staan op julle skyfies, veral bakkie eienaars.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Die feestyd kom nader en paaie raak besig kom ons sit die gordels aan as ons in a moter klim dit red lewens .

Gerhard ·

Alhoewel 6 inpas beteken nie dat julle dit moet nie…
Hoeveel sitplek gordels het jou voertuig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.