Meisie van verdrinking gered

Argieffoto van St Michaels-strand. Foto: Durban-direct.com

Argieffoto van St Michaels-strand. Foto: Durban-direct.com

ʼn Agtjarige meisie het Dinsdag ʼn noue ontkoming gehad nadat sy amper in ʼn getypoel by St Michaels-strand naby Shelly Beach aan KwaZulu-Natal se Suidkus verdrink het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die meisie het omstreeks 12:00 in die poel geswem toe sy in die moeilikheid beland en onder die water verdwyn het.

Omstanders het haar uit die water gehaal en hulp ontbied. “Die meisie het nie reageer toe paramedici by die toneel opgedaag het nie. Paramedici het probeer om die kind by te bring en uiteindelik daarin geslaag om haar hart weer te laat klop,” het Steinmann gesê.

Die kind is op ʼn asemhalingsmasjien geplaas en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar sy gestabiliseer is. Sy is vandaar in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal in Durban oorgeplaas vir spesialisbehandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.