Meisie verdrink by Pta-landgoed

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Meisie (10) het Vrydag by ʼn landgoed in die ooste van Pretoria verdrink.

Renata Erasmus, woordvoerder van Life Med-ambulansdienste, het gesê toe paramedici omstreeks 19:50 by die landgoed in Equestria aankom, was die meisie bewusteloos en het hulle kardiopulmonêre resussitasie (KPR) toegepas.” Sy is egter later op die toneel dood verklaar.

Volgens Erasmus het die meisie in ʼn swembad op die landgoed geswem, maar is dit nog nie duidelik hoekom sy in die moeilikheid beland het nie.

Erasmus het ʼn beroep op die publiek gedoen om veral in die vakansietyd bewus te wees van waterveiligheid. “Ons beveel ook aan dat mense sorg dat hulle weet hoe om KPR te doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Liesel ·

KPR is toegepas op die kind totdat die ambulans opgedaag het en oorgeneem het. Innige simpatie aan die familie en vriende. :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.