Meisie verdrink in JHB-swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Negejarige meisie het Donderdagmiddag in ʼn swembad in Turffontein, Johannesburg, verdrink.

“Die meisie het omstreeks 15:00 verdrink,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die stad se nooddienste, gesê. “Haar ouers het met haar na die naaste brandweerstasie gejaag, maar sy is met haar aankoms dood verklaar.”

Mulaudzi het ouers versoek om seker te maak dat hulle kinders slegs onder toesig swem. “Ons wil ook die ouers aanraai om seker te maak dat die swembad gesluit bly en ʼn veiligheidsnet gespan is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.