Meisie verdrink in steengroef op plaas

Foto: Verskaf.

ʼn Meisie, vermoedelik nege jaar oud, het Sondagmiddag in ʼn steengroef verdrink.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê sy het op ʼn plaas in Rhodewal in Bloemfontein verdrink.

Die polisie het ER24 omstreeks 15:00 van die voorval in kennis gestel.

“Paramedici het ongeveer 40 minute lank die meisie met gevorderde lewensondersteunende ingrypings probeer red, maar sy is ongelukkig later op die toneel dood verklaar,” het Siddall gesê.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie in dié stadium bekend nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Oom Kalahari ·

Dit is hartseer dat so ‘n jonge meisie haar lewe op so wyse moes prysgee. Waar is die nodige toesig en ontferming van die jong kinders. Sterkte aan die familie met hul verlies.

Johan ·

Ai tog. Ten spyte daarvan dat n mens jou area moet ken en presies weet waar lê die gevaar sodat daar nie gespeel word nie deurdat volwasse mense hul kinders die regte leerling moet gee en ook hul oor hul kinders se veiligheid moet omsien. Sterkte aan die ouers Hoop daar is vir ander uit die saak geleer dat ogies geopen is om te verhoed dat sulke dinge nie weer moet gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.