Meisie verdrink op Nuwejaarsdag

Die ambulansdiens Rescue Care het die meisie probeer bybring. (Foto: Verskaf)

ʼn Tienjarige meisie het op Nuwejaarsdag in ʼn openbare swembad in Westville, KwaZulu-Natal, verdrink.

Paramedici van Rescue Care is Woensdag net ná 12:40 ontbied. Toe hulle op die toneel aankom was lewensredders van eThekwini besig om die kind te probeer bybring.

“Paramedici van Rescue Care het by hulle oorgeneem en 45 minute lank probeer om die kind by te bring,” vertel Garrith Jamieson, besturende direkteur van Rescue Care. “Die kind het egter geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.”

Hy sê dit is nie bekend hoe lank die kind onder water was nie. “Die Westville-polisie was op die toneel en sal die voorval ondersoek,” sê Jamieson.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.