Meisie verloor ma, word verkrag deur pa

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 58-jarige man is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die gereelde verkragting van sy 10-jarige dogter.

Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Maandag gesê die verkragting het oor ʼn tydperk plaasgevind sedert die meisie se ma jare gelede dood is en die pa na haar moes omsien.

“Die slagoffer is van ʼn baie jong ouderdom by haar huis in Ngwelezane verkrag terwyl sy nog in ʼn kleuterskool was. ʼn Maatskaplike werker het agtergekom iets is fout en het in Februarie 2015 ʼn saak by die Empangeni-polisiestasie aanhangig gemaak,” het Mbhele gesê.

Die pa is kort daarna in hegtenis geneem en die saak is deur die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe oorgeneem en ondersoek.

Die man is in die Empangeni-streekhof skuldig bevind en gevonnis. Sy naam mag nie genoem word nie om die identiteit van sy dogter te beskerm.

Genl.maj. Bhekinkosi Langa, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom. “Die beskuldigde het gekry wat hy verdien. In plaas daarvan om haar as haar biologiese ouer te beskerm, het hy haar toekoms bederf,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa ·

Hy het nie net haar lewe bederf soos die Genl maj sê nie – hy het dit vernietig met gevolge wat haar toekoms beïnvloed. Hoop nie hy kom uit daardie trunk nie. Onthou hy moet gelys word, sodat hy nooit met kinders mag werk nie – is daardie lys ‘n werklikheid?

nannie ·

Sal ek ook wonder of daardie lys n werklikheid is.
Hulle verkrag en molesteer en dan loop hulle in die samelewing rond en is nogsteeds met kinders deurmekaar.

Columbiana ·

Publieke kennisgewings behoort voor die goed se huise opgerig te word. Beter nog die goed moet gebrandmerk word met tatoe op doe voorkop met die woorde “hier loop ‘n pedofiel”

Wilma ·

Columbiana ek hou van hoe jy dink. Nie alle polisie is in staat om pedofiele vas te trek nie. Polisie ani slaap. Vra vi my

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.