Meisie voor Pta-skool raakgery

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

ʼn Gr. 9-leerder aan die Hoërskool Garsfontein is ernstig beseer nadat sy Dinsdagoggend voor die skool in Pretoria raakgery is.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die meisie het die straat by ʼn voetgangeroorgang oorgesteek toe die voorval gebeur het. Volgens Botha het die bestuurder van die voertuig van die toneel af weggery.

“Paramedici het gevind dat die meisie ernstige beserings opgedoen het. Sy is op die toneel behandel voordat sy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is,” het hy gesê.

Leon Bantjes, die skoolhoof, het aan Maroela Media gesê dit is in die stadium nie duidelik hoe ernstig die meisie beseer is nie. Die skool wag nog vir terugvoer van haar ouers.

“Ons het onmiddellik ná die voorval ondersoek ingestel oor wat presies gebeur het. In hierdie stadium kan ons bevestig dat daar wel puntsmanne aan diens was. Volgens die inligting wat ek tans het, was dit ʼn minibus-taxi wat haar raakgery het. Die voorval sal verder ondersoek word.”

Bantjes wou nie dadelik die leerder se naam bekendmaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

wish to remain anon ·

he didn’t ride away. the police were there. publish the truth please

Nico Strydom ·

Good day

As stated in the article the medics claimed that the person drove away. Unfortunately we were not on the scene, but we will do an update later when we have more information.

Kind regards
Nico Strydom
Maroela Media

Sumari ·

Nou as jy anoniem wil bly, bel en sê dit net. Then again is dit moontlik met die dat dit ń taxi drywer is. Kan nie verantwoordelikheid vat vir sy patetiese optrede

Martin ·

Sodra ek met die ouers kontak gemaak het sal ek my dashcam video kan wys. Dit het die hele ongeluk op en wys hoe die taxi oor die rooi lig gery het, en toe amper drie leerlinge omgery het. Ongelukkig het die een meisie te laat die taxi gesien en kon die taxi nie vinnig genoeg uitgeswaai het om die ongeluk te voorkom nie. Hoop regtig sy is nie te ernstig beseer nie, want dit was ‘n baie harde slag wat sy weg het.

Fanie ·

Kan die persoon Martin wat se hy het dit op Dashcam dalk die ouers kontak. Hy kan hul besonderhede by die skool kry. Ons sal dit baie wardeer as ons dit kan kry angesien daar geen ander bewyse is.

Frans ·

Iemand by n skool by n voetgangeroorgang raak ry is moeilikheid. Sluit toe.

Willie ·

Hoop die taxi bestuurder word sumier tot die boek gebring! Deesdae moet mens n prokureer kry om die aan die pen te laat ry… want die polisie gee net saak nommers en daar stop als! Niks word behoorlik ondersoek en vervolg nie…

Theresa B ·

Ja Elsabe. En dit wys jou maar net weer hoe vermetel hulle is. Ry net weg. Te sleg om aanspreeklikheid vir hulle foute te aanvaar. Ek hoop en bid dat die kind ok sal wees. Mense moet asseblief die Taxi bestuurder gaan uitwys……………!!!!

Theresa B ·

Wys jou ook net weereens dat hulle, hulle eie padreëls maak en doen wat hulle wil. As die kind by die voetoorgang oorgeloop het moes hy gestop het, maar wat wou. Jy is die een wat moet koets want hulle kan ry waar en hoe hulle wil. Dit laat my meer as rooi sien!!!

Jo ·

As die “Ry-Soos-Jy-Wil” verskyn moet nie glo dit gaan stop of wag nie.

BJ ·

Ek is elke oggend en middag op die hoek van Windsor en Jacqueline. Die taxi’s maak net wat hulle wil. Ry oor rooi ligte, draai voor ander motors in en jaag soos mal goed! Die enigste oplossing gaan spoedwalle wees wat die hele lengte van die skool bedek. Weet nie van die verkeerslig nie want hulle verontagsaam dit sowel as die vrou wat die kinders oor die pad help.

M A ·

Orals in Jaqueline is sirkels en spoedwalle maar nie by die skool nie. Ander skole het hoë spoedwalle. Gooi hulle daar!

tamboti ·

Ja die spoedwalle word in ons dorp baie “polities korrek” en baie on-konsekwent opgerig, self by kleuterskole waar skriftelik aansoek gedoen is vir jare, word dit nie gedoen nie.
Sommige is wel naby BBP’s se huise opgerig.

Theresa ·

Taxi. Garstfontein het al meer as een skoolkind afgestaan aan ‘n verdomde taxi drywer. Die publieke vervoer is in die toestand wat dit is, omdat mense vol argwaan, met rooi oë (waarvan kan ons net bespiegel) en minagting op die paaie jaag. Spoedhobbels keer nie hierdie soort skaamtelose minagtende mense nie. Ek sien hul daagliks en beleef hul vieslikheid heeldag op die pad. Ons is lankal keelvol (mooi woord) vir hul optrede in ons strate. Ek wens elke mens wil op hou om van die gemors vervoermiddels gebruik te maak. Totdat hul almal ordentlik opgevoed is vir padgebruik en padreëls ken en toepas. Nooit dronk/bedwelmd bestuur nie en ander motoriste respekteer. Voetgangers respekteer en hul passasiers respekteer. SOEK sulke PDP bestuurders, asb!!!! Smyt die res uit.
Hoop van harte die meisiekind herstel heeltemal.

riana ·

Ja nee hulle sal nooit ordentlik ry nie hulle worry dan nie eers oor hulle eie mense nie hoe sal hulle nog oor ander worry.
Hulle is net daarom mens se siel hel toe te stuur die vet weet.

Koos1 ·

Sonder om te weet wat daar gebeur het (want ek was nie daar nie) wil ek net iets ook uitlig. Mense en veral kinders is baie besig op hulle selfone met oorfone, en die aandag is nie op die pad of die verkeer nie (weereens nie almal nie en ek beskuldig hierdie dogter daarvan nie). ek persoonlik moes al hard rem en uitswaai vir voetgangers wat my nie gesien of gehoor aankom het nie.
Wat die spoed hobbels betref, betrek julle gemeendskaps koerante en raadslede om ‘n petiesie op te stel om aam die Metro raad voor te le. By my kinders se skool het om 2 jaar baklei maar het uiteindelik die hobbels gekry. my raad, moenie ophou totdat dit daar is nie!
Baie sterkte aan die gesin en bid volkome herstel toe aan die kind! God is Groot!!!!!

Was daar ·

Die verkeers beampte was daar en dit was voetganger reg. Die meisie het gedink dit is veilig om oor te stap, aangesien die verkeers beampte bevestig het dat sy die pad kan oorsteek. Ons kinders moet elke oggend en middag diè pad oorsteek . Die meisie het alles reg gedoen. Die taxi’s doen net wat hulle wil en wanneer hulle wil. Geen verantwoordelikheidsin is teenwoordig as daar naby skole gery word nie. ONS VEREIS NOU DAT IETS GEDOEN WORD IN JACQUELINE WEG VOOR NOG KINDERS SEER KRY. Genoeg is nou genoeg.

Lida ·

Baie jammer om van die insident te verneem. Hoop sy herstel gou. En ja, die oorfone is ‘n probleem ek sien daagliks voetgangers met die goed in hulle ore en hoor gladnie as die toeters blaas nie. Dit is tragies.

Jeanne ·

Hoeveel kinders moet nog raakgery word of sterf voor GARSFONTEIN Hoërskool, dit is nie die eerste kind wat so ernstig beseer is nie, baie kinders is reeds doodgery, maar daar word net geen addisionele maatreëls in plek gestel om dit te verhoed nie. Nie altyd oorfone se skuld nie, en daar was al selfs motorfietsryers/scooter ryers doodgery, ook nie altyd ‘n voetganger nie, daardie is ‘n lewensgevaarlike oorgang.

Mickey ·

Miskien moet Garsfontein oorweeg om ‘n voetganger brug op te rig, om sulke insidente te beperk. Ek praat glad nie die Taxi’s se gedrag goed nie, maar ons weet almal dit gaan nie sommer verander nie, so vermy eerder hierdie situasies deur ‘n plan om hulle te maak.

Vra net ·

Poging tot moord as hy iemand omry by voetoorgang en dan doodluiters wegry?

Kan ons ook jou maar sê dit was ‘n rassistiese daad?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.