Meisies glo by inisiasieskool aangerand, verkrag

Argieffoto

Argieffoto

Die Nelspruit-sitting van die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag gehoor dat 21 meisies, tussen nege en 17 jaar oud, herhaaldelik verkrag en mishandel is by ʼn inisiasieskool in Mpumalanga.

Een van die 21 meisies het teen Johan Jabulani Mlombo (48) en sy vrou, Sister Mapalese Khoza (41), getuig. Die egpaar word daarvan aangekla dat hulle die meisies by hul inisiasieskool in Mahushu glo aangerand en verkrag het.

Die egpaar het onskuldig gepleit op 27 aanklagte van verkragting, drie van seksuele aanranding en 19 van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hulle is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

“Beskuldigde nommer een het ons die dag ná hy my verkrag het een vir een geroep nadat ons in ʼn rivier gebad het,” het ʼn 17-jarige meisie getuig. “Hy het gesê ek was lekker en dat hy my weer sal roep.”

Die meisie het getuig dat Khoza haar die aand geroep en na die hoofhuis gevat het. Khoza het glo hierna vir haar gesê om ʼn donker kamer binne te gaan. “Ek het geweier en sy het my by die kamer ingedruk en die deur van buite gesluit. Sy het buite bly staan.”

Volgens die meisie het die man in die kamer vir haar ʼn koppie met water gegee en aangesê om niemand te vertel wat daarna sou gebeur nie. “Hy het my broekie uitgetrek, bo-op my geklim en my verkrag.”

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Annerie ·

Als in die naam van kultuur en tradisie. Wat maak n 9-jarige kind by n inisiasie skool? Hierdie tipe tradisies en “gelowe” her meer negatiewe as positiewe gevolge. So ruk terug is berig oor kinderhandjies wat in n sak met kruie gevind is. Ek het al self skoolgehou by n skool waar kinders gereeld deur een of ander tradisionele geneesheer “geseen” is en ek sal vir julle stories vertel wat jul hare sal laat rys. Hierdie tipe siennings gee aanleiding tot n bose kringloop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.