Meisies se naakte lyke aan boom gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Limpopo het die naweek op die naakte lyke van twee meisies afgekom wat sedert Woensdag as vermis aangemeld is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Lekwelo Masola en Nthabiseng Motlaphema, albei vyf jaar oud, is Woensdag laatmiddag die laaste keer lewend gesien toe hulle saam buite gespeel het in die Ribone-nedersetting in Gilead.

Volgens Otto het die polisie en gemeenskap dadelik na die meisies begin soek toe hulle as vermis aangemeld is. “Die meisies se naakte lyke is Saterdag gevind waar dit aan ʼn boom sowat 3 km van die dorpie gehang het.”

ʼn 42-jarige plaaswerker is intussen in hegtenis geneem. Otto het gesê die moontlikheid word ondersoek dat die meisies verkrag is voordat hulle vermoor is. Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Dit is net onmoontlik dat ons jeug en tieners selfs vowassenes so moet deur loop met verkragting en moord. Wonder tog of ons wette nie te gwnadig is vir sulke wrede onmenslike oortreders nie. miskien moet ons wette bietjie verander im hierdie spesifieke oortredinge. Want blykbaar geen afskrik vir lewens lank nie. ·

My opinie is dit is een van die grusaamste onmenslike oortredings wst ooit kan geskied om babbas en enige kind of vrou te verkrag en wreed vermoor. Daar is nie ander woorde om so n misdaad ooit te regverdig of so n persoon te laat wegkom met net tronkstraf nie.

MissDemeanor ·

Dit is inderdaad wreed. Dit is heltemaal siek. Ek dink nie strenger wette of erger straf gaan dit keer nie. Ek dink nie reeksverkragters of kinder moordenaars dink “oe wag ek moet die nie doen nie, want ek gaan lank tronk toe gaan” nie. Hul wil slegs hulself magtig laat voel deur ‘n weerlose leed aan te doen. Ons moet by die wortel van die probleem kom. Waarom word hierdie mense so “siek”. Elke verkragter, moordenaar en pedofiel was eens op ‘n tyd ‘n onskuldige kind. Wat lei daartoe dat hul sulke vrot drange ontwikkel? Inplaasvan om meer tronke te bou/doodstraf in te bring moet ons maniere vind om die “siekes” te identifiseer VOOR hul iemand seermaak.

Tammy ·

Dis so hartseer. Hulle het gesterf voor hulle nog kon leef!! Ons is tans op toer deur die land en wat baie opvallend is, is die hoeveelheid kinders wat in informele woongebiede in die strate en teen die nasionale paaie rondhardloop. Ek het al kindertjies gesien nie n dag ouer as 2 jaar nie. Hulle moet n bietjie kyk na die mammas wat na my mening gestraf moet word vir die onnodige sterftes en ook verkragtings van kindertjies omdat die ma nie haar verantwoordelikheid teenoor die kind nakom nie.

Winston ·

Stem saam Tammy. Te veel ouers skud net eenvoudig hulle verantwoordelikheid af. Dis ongehoord in n beskaafde samelewing en kon verhoed gewees het. Maar kyk of ons regering enigiets daaraan doen. Belangriker goed om te doen. Jy weet mos.

Carlolientjie ·

Baie van die Mammas, Tammy, is dag werkers wat voor son-op in die oggend ‘n bus of taxi moet kry om by die werk te kom. EN wat saans watter tyd eers weer by die huis kom. Hulle kan nie dagsorg, kleuterskole of ander vorme van kinder-sorg bekostig nie. Hierdie kinders word aan hulle eie lot oorgelaat…weens omstandighede buite die ouers se beheer…Dis hartseer, maar dis hoe die toestand in ons siek land is.

Stem in n mate saam ·

Ek stem in n mate met jul saam, die kindertjies moet toesig he, maar meeste kindertjies word weggelok uit toesig deur bekendes, want hul weet hul kom niks oor nie, die regering ,regstelsel& Polisie moet landsburgers beskerm en strawwe ople wat jou laat besef jy moet nie sulke vieslike wrede dade doen nie, kyk regtig na Botswana!!!

Skokkend ·

Skokkend ek lees weer berig en besef skokkend wat se groot misdryf dit is dat al die harde feite nie dadelik ingegaan het nie, Gillian Schutte uitdaging vir jou, hierdie 2 dogtertjies is n skrale 5 ,sou graag jou opinie wou hoor, dink jy hul het dit self gedoen, dink jy hul was uitlokkend! HULLE WAS NET 5 JAAR OUD, MY HART PYN VIR DIE PYN,VREES EN WREEDHEID WAT HIERDIE 2DOGTERTJIES MOES DEURMAAK TERWYL JY AKTIVIS TEEN SULKE SLEGTE MANS,47 JAAR OUD,antwoord ons,ons verstaan nie!

Franci Muller ·

Dit breek my hart elke keer as ek lees van kindertjies wat verkrag en vermoor word! Hier haal ek weereens my hoed af vir Nana Rechter en haar span wat 24/7 hulle tyd opoffer om berigte uit te stuur ek konstant met SAPD en vrywilligers te kommunikeer.

Johann ·

Dan word ‘n regter geblameer na haar uitlatings oor die voorkoms van verkragting in sekere bevolkingsgroepe. Wonder maar net was sy heeltemal die kluts kwyt met haar opmerking.

MissDemeanor ·

Die traumas wat mense ervaar affekteer selfs die generasies na hul. ‘n Kind wat groot word in ‘n huis waar dronkenskap/geweld/seksuele mishandeling plaasvind sal dalk later lei aan depressie wat hom/haar dalk ‘n afsydige ouer maak…die trauma van een generasie dra oor na volgende generasies. Ek dink ons wat grootgeword het in stabiele huishoudings waar ons ouers vir ons goeie normes en waardes geleer het en waar ons veilig kon voel, ons is gelukkig. As mens grootword in ‘n plek waar verkragting die norm is dan word dit deel van mens se “kultuur”. Ek glo dit kan verander. Dit is nie as gevolg van ras nie maar asgevolg van die gewing waarin mense hulself bevind. Dankie tog ek het nie in ‘n “informal settlement” grootgeword nie. As mens van jongs af leer dat jy waardevol is sal jy ander ook respekteer. As jy grootword langs die vullishoop met ouers wat alewig afwesig is, te min kos en niemand wat omgee nie, wel hoe kan jy dan weet wat is reg en wat is verkeerd. Ek dink baie Christenne sal met my saamstem dat dit genade is as mens kon leer van reg en verkeerd.

MissDemeanor ·

Jammer oor die spelfoute, my dik vingers en die klein sleutelbord maak dit ook nie makliker nie :)

Takkie Takuuza ·

Presies wat ek ook dink, na die hoeveelste berig. Hulle hou net aan om die regter reg te bewys.

m ·

Dis so hardseer….. Kindertjies kan nie eers meer buite speel nie. Tye het darem baie verander. Daar is sulke siek mense daar buite…. mens het nie woorde vir hierdie tipe dinge nie……. wens regtig hierdie patetiese regering wil kyk na die doodstraf want dinge in hierdie land raak erger by die dag………. daar is niemand so blind soos hy wat nie wil sien nie…

Meisie van Avignon ·

Waar was die ouer/volwasse toesig gewees toe die 2 dogtertjies gespeel het – ek neem aan dat hulle voor in die straat (of voor hulle huise) gespeel het, en was daar seker ooknie ‘n muur of heining nie. Donderdag mense en ouers – pas julle kinders op! Daar is baie wat daar buite rondloop, en op die uitkyk is vir jong onskuldige kindertjies. Ons bly oorkant plotte, onlangs het ons buurman besluit om ‘n winkeltjie uit sy motorhuis te begin bedryf. Ek sidder wanneer ek die kinders tot so jonk soos 3 jaar sien wat ALLEEN in die grootpad opstap om brood te gaan koop, alle tye van die dag / nag! Ek het al gaan kyk of daar darem ‘n ouer of iemand is wat dalk miskien net laer af in die straat staan en kyk of die kind veilig is – daar is niemand nie! Dit is so maklik vir ‘n siek persoon om net die kind te gryp, of ‘n lekkertjie aantebied, en daai kind is in sy motor.

Anoniem ·

Hoe huil my hart. Wat moet mens doen sodat Zuma se oe oopgaan…sodat ons regering kan sien wat hier aangaan…Ons kinders ons ouers onsself word uitgemoor…ons lewe is niks werd. n Mens is daar waar jy vir jou kinders wil se moet as nie nog kinders he nie..want ons is nie veilig nie. Al pas jy hul op dag en nag..dit help nie. Hul moor jou terwyl jy rustig slaap…God help ons..help hierdie land..gee n uitkoms hier..gee oplossings vir elke probleem…Gee dat ons met liefde sal saam lewe….God gryp hier in..ons het U so nodig..Dankie Heer

Caroline ·

Amen! Here ons bid dit in die Bloed van Jesus en in die naam van Jesus asseblief Here vergewe ons sonde wat ons weetend en onweetend doen en wees ons mense en kinders genadig. Here gryp U assblief in en lei ons mense op die regte pad en hou U hand van veiligheid en bewaaring oor ons. Amen en Amen…

nig ·

Santie…taalgebruik! Ons raak almal moedeloos en woedend maar moenie dat ons klas verloor nie!

Caroline ·

Bring die doodstraf weer terug asseblief??? Ons kinder en babas kan nie so vermoor en verkrag word nie!!!!!!

Theresa ·

Dis só verskriklik hartseer. Die verkragter was sekerlik nog iemand wat hul ken en vertrou het! Hoop nie dit was vir ‘muti’ vir toordokter of dat die bose verkragter gedink het sy aids sal weggaan as hy die klein dogtertjies verkrag. Soveel boosheid in ons land!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.