Meisies vir twee dae ‘herhaaldelik verkrag’

Argieffoto

Argieffoto

Twee Vrystaatse meisies is na bewering tydens ʼn saamrygeleentheid ontvoer en herhaaldelik deur twee verskillende groepe mans verkrag.

Konst. Peter Kareli, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die meisies, onderskeidelik 13 en 15 jaar oud, het op 18 Februarie omstreeks 18:00 by ʼn gewilde ryloopplek in Phuthaditjhaba gewag op ʼn saamrygeleentheid na Bethlehem.

“Twee mans in ʼn silwer motor het gestop en aangebied om hulle na Bethlehem te neem. In Bethlehem het die bestuurder egter aanhou ry en die meisies na Bloemfontein geneem,” het Kareli gesê.

Die meisies is na ʼn huis in die Buitesig-woonbuurt geneem, waar hulle glo van mekaar geskei en herhaaldelik deur vyf mans verkrag is.

“Een van die mans het die meisies die volgende dag by ʼn ryloopplek in die stad gaan aflaai om ʼn geleentheid terug na Bethlehem te kry. Daar is hulle deur twee hawelose mans oorval en met geweld na ʼn stortingsterrein geneem, waar hulle ook glo die aand herhaaldelik verkrag is.”

Die meisies is die volgende dag vrygelaat en hulle is terug na die ryloopplek om hulp te soek. ʼn Vragmotorbestuurder het uiteindelik stil gehou en die meisies het hom vertel wat gebeur het. Die bestuurder het die meisies na die Navalsig-polisiestasie geneem, waar ʼn saak van ontvoering en verkragting aanhangig gemaak is.

Kapt. Paseka Mojaki van die Mangaung-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings, het die ondersoek gelei, wat Dinsdag tot ses van die verdagtes se inhegtenisneming gelei het.

“Die verdagtes, tussen die ouderdomme van 24 en 43, is in Bloemfontein en Phuthaditjhaba in hegtenis geneem. Meer inhegtenisnemings word verwag.” Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om nie ryloopgeleenthede te vra nie, maar om eerder van openbare vervoer te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

François ·

Dis verskriklik, maar ek hoop net die polisie het ook die publick gewaarsku om ook nie ry lovers op te laai nie, want presies die teen deel gebeur ook waar rylopers die persoon wat hulle ‘n geleentheid bied, aanrand, beroof ens.

tamboti ·

En kom ek raai, nie een gaan skuldig bevind word nie – weens gebrek aan getuienis (lees: gebrek aan gesonde verstand van die vervolging en reg) Borgtog sal ook mildelik uitgedeel word sonder die nagaan van rekords van vorige oortredings of sake hangende teen die verdagtes.

m ·

Tipies, gaan erger as diere aan. Laat dit ma les wees, moenie ryloop nie want jy weet nie wat se siek mense jou oplaai nie. In hierdie tye kan jy nie so kans vat nie.

tamboti ·

M – ryloop of nie, hierdie “verdagte” mense vat wat hulle wil wanneer hulle wil. Onthou ryloop is nog ‘n algemene gebruik by ‘n deel van ons bevolking.
Al wat ‘n verskil sal maak is straf wat oortreding pas, en selfs oortref vir ‘n behoorlike afskrikmiddel!

René ·

Natuurlik dan so, hoe dan anders…dis mos hoe die nuwe suid-afrika werk. Doen bet wat hy wil sonder enige gevolge. Lekker man lekke…maak my siek tot in die been…

Sandra ·

Dis verskriklik sjoe maar kan mens nie jou gesondheid verstaan gebruik en besef die genade van ryloop nie?! Waar is die kinders se ouers, wat hulle so laat doen wat hulle wil? Dis algemene kennis dat daar soveel gevaarlike elemente huidiglik in ons land is. Beskerm die jeug en leer hulle hoe om gevaarlik situasies te vermy

Eileen ·

Hoe kan 2 meisies van 13, en 15 jaar ryloop, en dan nog daai tyd van die aand wanneer dit alreeds amper donker is? Waar is hulle ouers/voogde? Hulle word verkrag, word afgelaai, en word weer verkrag, hoekom nie na die eerste verkragting na die polisie gegaan, of hulp gaan soek nie? Dit is iets verskrikliks waardeur hulle gegaan het, en iets wat ek reken vermy kon word as hulle onder toestig van een dorp na die ander gegaan het. Ek dink hulle ouers/voogde moet sommer aangekla word van nalatigheid en kinder verwaarlosing. En dan natuurlik moet die verkragters ook in die trunk gegooi word.

Suzette ·

Stem Eileen kla die ouers/voogde ook aan. Hulle is nog minderjarig genugtig!!!!!

DEE ·

Eintlik behoort n mens enige plek enige tyd van die dag of nag veilig in jou eie land te wees. Kinders nog meer. Dis al wat hulle is, kinders. Ek stem saam dat ouers meer beheer moet he, maar regtig! Hierdie arme meisies se lewens gaan nooit weer dieselfde wees nie. Dit moes n vreeslike traumatiese paar dae gewees het en nou is daar nog die vrees vir HIV ook waarmee hulle moet cope. Ag nee wat man.

Asjas ·

Openbare Vervoer!! Dis lankal afgebrand, met klippe gegooi of besig met ‘n staking …
Sjoe maar die anc kyk darem mooi na hul mense … NIE!

Karolis ·

Dee, jou inleiding sin is waarna enige landsburger smag, maar tog ‘n vergete wens.
Ek wil graag vir Kapt. Paseka Mojaki en sy span geluk wens met hul puik resultate tot dusver.

Sarel Strydom ·

Onthou, publieke vervoer is nie vir almal beskikbaar of beskostigbaar nie. Dit vind nog gereeld plaas. Wat my vies maak is die wat vir sulke dade in die hof verskyn. Dan val die beskuldiges se regsverteenwoordigers die slagoffers aan asof hulle ‘n misdaad gepleeg het. geen wonder baie van die sake word nooit geraporteer nie

Elma Tiran ·

Ek wil net een ding weet, waar is hierdie kinders se ouers ????? ( In my oe is hulle nog kinders ). Dat daar toe gelaat word dat hulle ryloop..
In hierdie tyd van ons kan GEEEEEN mens meer ryloop nie… Deesdae werk meeste van die mense se koppe nie meer reg nie… Is so gevaarlik..
Hier blameer ek die ouers.. Jammer om te se…

Theresa ·

Ek voel baie jammer vir die twee dogters. Dan die feite: Waarheen was hul oppad en waarom sonder volwasse toesig? Het die ouers van die twee se rylopery geweet – was hul al gewaarsku om dit nie te doen nie? Was hul bloot rebels en ongehoorsaam? Indien dit met hul ouers se wete en goedkeuring gebeur het, sou dit mos net reg wees om hierdie ouerpare/enkelouers deur die welsyn te laat aankla vir kindermishandeling. Dan is hul direk verantwoordelik vir die vreeslike trauma wat hierdie twee kinders deurgemaak het.

Cheryl ·

Dink ook dis belaglik… Pure kinders… Ouers sal verantwoording doen as dit werklik verkragting was..

neelsie ·

Hoe sal die gemors reggestel word as nr 1 die voorbeeld stel.
Wellus en bedrog …..taal van die mens se ondergang na die verderf.

Mike ·

Die kinders van vandag aanvaar nie ouers se streng reels nie,soek en jy sal vind………….

Rene ·

Mike, wil jy insinueer dat hierdie kinders “GESOEK” het om verkrag te word, net omdat hulle iewers heen geryloop het? Jy het geen idee wat hulle omstandighede is nie. ‘n Groot persentasie van verkragtings word nooit aangemeld nie, juis oor jou tipe houding, dat dit eintlik maar hulle eie skuld is. Geen vrou verdien OOIT dat ‘n groep mans haar herhaaldelik verkrag nie. Sies man, skaam vir jou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.