Mej. Heelal-debakel: ‘Mthethwa se siening ʼn minderheid’

Lalela Mswane, die huidige Mej. Suid-Afrika. (Foto: Glamfuel/Facebook/Official Miss SA)

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJRA) meen Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, se siening oor Suid-Afrika se deelname aan die Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig dié van ʼn minderheid.

Mthethwa het Sondag ʼn verklaring uitgereik waarin hy sê dat die regering sy steun aan die Mej. Suid-Afrika-organisasie onttrek ná vrugtelose pogings om die organisasie te oorreed om nié aan die internasionale kompetisie in Desember in Israel deel te neem nie.

Die ANC het egter Mthethwa se aankondiging verwelkom.

Wendy Kahn, SAJRA se nasionale direkteur, sê die protes teen Lalela Mswane, die huidige Mej. Suid-Afrika, se deelname aan die kompetisie het maar ʼn “handjievol aktiviste” gelok, en dat ’n peiling wat Donderdagaand deur Newzroom Afrika gedoen is, ’n meerderheid van byna 2:1 ten gunste van haar deelname getoon het.“Dit is baie duidelik dat minister Mthethwa se siening dié van ʼn minderheid verteenwoordig.

“Suid-Afrika het diplomatieke bande en uitgebreide kommersiële handelsbetrekkinge met Israel. Die manier waarop ons situasies beïnvloed, is om betrokke te raak, nie om te onttrek nie.” Kahn meen deur deure toe te maak isoleer Suid-Afrika homself om ʼn bydrae tot vrede in die land te lewer. “Watter beter geleentheid het ’n Suid-Afrikaner om deel te wees van iets waar sy met 70 lande regoor die wêreld, insluitend baie Arabiese lande, kan skakel om ons storie van dialoog en uitbouing van vrede te deel?”

Die ANC het Sondag gesê hy ondersteun Mthethwa se beroep op die Mej. Suid-Afrika organisasie en het ook ʼn versoek gerig dat die organisasie aan die “oorweldigende oproep” om te onttrek gehoor moet gee.

“Die rassisme, menseregteskendings, onwettige nedersettings, voortgesette onwettige besetting en die apartheidswette van Israel is goed gedokumenteer en behoort rede genoeg te wees vir onttrekking.

“Ons onthou met pyn dat swart Suid-Afrikaners nie toegelaat was om aan kompetisies deel te neem nie, waaronder die Mej. Suid-Afrika-kompetisie. Hulle moes maar aan Mej. Wêreld-kompetisies deelneem onder die titel “Mej. Afrika Suid”. Hierdie aaklige geskiedenis van rassisme onder die Mej. Suid-Afrika “handelsmerk” maak die boikot van hierdie Mej. Heelal-kompetisie nog belangriker en meer noodsaaklik,” het die regerende party in ʼn verklaring gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

James ·

Haar eie mense – wie sy ondersteun. So – laat sy maar haar kool eet. Lekker as jy ‘n lat vir jo eie gat pluk!

Nici ·

As die SA regering soveel omgee vir minderhede in Israel kan hul begin deur bietjie minderhede in SA met meer respek en regverdigheid te behandel voordat hul fout soek in ander lande. Hul behoort dus geen probleem te he dat die Afrikaners hulself onafhanklik regeer nie. Ons is nou al vir lank deur die ANC verdruk en begin nou ons eie huidige agtergeblewendes ontwikkel. Los mej SA uit om haar sege te geniet.

Andre ·

SA regering en ANC; wat van menseregte in China en Afghanistan byvoorbeeld? Dawerende stilte van ANC wat alles mos weet en kan regstel. Blyk die gewoonte om hulle elkekeer met’n plank te slaan

Perdeby ·

China is hulle geldkas waar gaan hulle leen as hulle kwaaivriende is
?

Dries ·

Nes kleuters,dié anc.Jou fiets is grander as myne,so ek breek sy mudguards en steek sy bande stukkend.DIS WAT KLEUTERS DOEN.

KOM BY anc,ASSEBLIEF

James Curlewis ·

Die dink polisie wil selektiewe moraliteit toe pas.Die vrou mag wen, maar sy mag nie gaan,want…. .Dit is nou woke op sy beste,uitbuiting van n individu,tipies van die wanfunksionele sogenaamde regering,hulle bly maar n grap

Baardman ·

Wat van ons menseregte hier in SA. Julle het ons vryheid weggeneem met julle inperkings en julle rassisme veroorsaak dat bekwame mense nie werk kry en kinders wat hulle wil bekwaam, nie hulp kry nie.

Sarel ·

Nathi Mtetwa….wst doen hy vir Sport in SA want i.l.v. opboi
Boikot hy alles

MakersMark ·

ANC is maar dieselfde as al die muishond regerings wereldwyd. Skaar hul by die slagoffer mentaliteit gespuis. En ou mthethwa is voor in die koor. As hy nie krieket ontspoor nie doen jy skoonheids kompetisies. Apartheid is al 27 jaar verby en nog steeds karring hy aan. Al die pyn van 27 jr terug. Het die cANCer al gedink hoeveel pyn hul korrupsie en swak bestuur die afgelope 27 jr veroorsaak het ?

tweeling ·

en as dit nie skoonheids kompetisies is nie meng hy in met die toerisme bedryf. Ongelukkig kan hy nie van sy rassistiese baadjie ontslae raak nie.

AndrewL ·

Weereens ‘n geval waar die ANC regering en die EFF wannabees die burgers van hierdie land probeer boelie om te voldoen aan hul skewe politieke sienings.

Al wat ek vir Lalela kan sê is ” You go girl”.

Wys aan die politici wie en wat jy werklik is. Staan op vir jou eie keuses en doen jou beste. Daar is baie mense van die land wat sterk staan saam met jou.

Nie Verbaas ·

Die ANC is die laaste wat kan praat van menseregteskending. Kyk wat doen hulle aan hulle eie mense wat nie water of krag het nie oor kader gedrewe munisipaliteite. ANC ontneem ook regte van mense deur burgers nie voldoende te beskerm teen misdaad nie. Nou het Mthethwa die vermetelheid om n individu se droom te probeer verwoes.

Swerwer ·

Regtig?
Die Regering met hul dubbele standaarde oor ” rassisme, menseregteskendings, onwettige nedersettings, voortgesette onwettige besetting en die apartheidswette van Israel is goed gedokumenteer en behoort rede genoeg te wees vir onttrekking”

Dit is presies wat die ANC/Regering tans in ons land tans toepas.

anniekiewiet ·

Sjoe, jy is so mooi. Geniet elke oomblik van hierdie kans. Moet nou net nie op die laaste oomblikke, soos sekere krieketspelers se siening verander het, omswaai en onttrek nie.

Andries ·

Wat beteken die steun van ‘n “failing corrupt” party in elk geval? Gaan geniet jouself Lalela Mswane!!

Harley Davidson ·

Ntetwa, malema,lezufi is almal dieselfde as jy nie hulle sieninge wat meestal grens aan rasisme aanvaar nie gebruik hulle die mag wat hulle het om jou te dwing ongeag die gevolge.

Jakes ·

Die ANC regering pas dubbelstandaarde toe. Hoekom het hulle dan nog diplomatieke bande met Israel?
Wat van die korrupsie en staatskaping wat in SA plaasvind? Asb, wie gee in elk geval om wat die sienswyse van n korrupte regering in SA is?

Althes ·

ANC jul breek net af en bou nie op nie. Dis die wat hierdie land in chaos, armoede en werkloosheid verval het.
Nou wil jul druk op ñ mooi jong vrou plaas wie daar baie deure kan oopgaan, om te onttrek?
Jul is kortsigtig om die minste te sê. Shame on you!

Cornel ·

Sy het NIE die korrupte verwronge regering nodig nie. Haar land se mense ondersteun haar

Kobus ·

Ek kry haar jammer.Sy het niks met dit te doen nie.Wees egter verseker,indien sy wen dan sal al wat minister op die lughawe wees om haar te verwelkom en geluk te wens. Menseregte? ANC, julle is nog altyd besonder stil oor Zimbabwe. Lyk vir my dat alles in orde is indien swart teen swart moor ,maar die oomblik as ‘n ander kleur betrokke raak is ANC en Malema eerste op die wa. Sterkte me Mswane, ek is nie ‘n ondersteuner van die kompetisie nie maar hou jou kop hoog en doen jou bes.

Kaptein20 ·

Hoe word ons grondwet dan ewe skielik so gemanipuleer dat burgers nie vrye keuses kan maak nie.

Ken die ANC en sy volgelinge die geskiedenis van daardie gebeurtenis. Palestinië en Isreal is al vir meer as ‘n 1000 jaar in mekaar se hare, en dit gaan seker vir die volgende 1000 jaar aangaan. Dit is ‘n ‘oorlog’ waar geen ander wêreld land ooit ‘n siening en opinie oor kan lewer nie.

Duidelik ken die ANC en sy besluitnemers ook nie die geskiedenis van Israel en die Jode nie. Baie het al probeer, en tweede gekom. Dink die ANC werklik sy boikot gaan op enige ore val? Al wat werklik gebeur is hulle ontneem ‘n jong vrou om haar drome en ideale na te jaag oor ‘n gebeurtenis wat hulle niks mee te make het nie. Kyk eerder wat in Suid-Afrika aangaan. Ek vermoed hier is groter probleme.

Ansie ·

Die ANC is ‘n klomp tweegatjakkalse. As hulle so “bekommerd” is oor menseregte, waarom sulke goeie betrekkinge met China, een van die wêreld se grootste menseregteoortreders. En hulle eie? Waarom so baie mense in SA sonder water, ‘n basiese reg, en dan praat ons nie eens van rioolbesoedeling en soveel meer nie. Die mej SA-organiseerders en mej SA self moet vasskop en aangaan met die deelname in Israel en nie toelaat dat die ANC om mej SA se drome trap nie.

Mundus ·

Ek verkies dit eintlik dat die ANC regering hulle van ‘Suid Afrika’ distansieër – ek skaam my vir hulle.

James ·

As jy stemgeregtig was in 1992 – het jy daardie geleentheid gehad -en verspeel. As jy jonger is – blameer jou ouers, en “Oupie en Oumie.” Hulle het die ANC in beheer gebring. Blykbaar om een of ander “bloedbad” te vermy….

gatgogga ·

“Ons onthou met pyn dat swart Suid-Afrikaners nie toegelaat was om aan kompetisies deel te neem nie…”
Dus gaan ons voort daarmee.

Jr ·

WIE GEE OM MEER WAT DIE cANCer party het om te sê. Everything they touch turns to doo doo. Was nooit ‘n probleem met al die apartheid vir die laaste 25 jaar. Nou dat Israel betrokke is, word dit skielik n probleem. Hulle paai die EFFers wat die ding begin het sodat hulle coallisies met hulle kan vorm vir munsipaliteite

Jaco ·

As die ANC net so bietjie dieper na Israel se beleid teenoor die Palestyne kyk, sal hulle dalk besef dis iets wat in SA kan werk. Die Palestyne is ‘n minderheidsgroep waarvan Israel nie baie hou nie. So toe gee Israel vir die Palestyne die Palestinian Authority, wat maar basies ‘n selfregerende tuisland is. Maar die res van die wêreld is só jammer vir die Palestyne dat hulle die Palestyne help en die Palestinian Authority erken. Israel laat ook buitelandse belegging in die Palestinian Authority toe. Ek gee toe, dis VER vanaf ‘n 100% onafhanklike Palestynse Staat, maar dis beter as niks.
Die ANC kan mos dieselfde met die gehate wit mense in SA doen: “dump” ons in ‘n tuisland in die Wes-Kaap, laat buitelandse beleggings daar toe, belas dié tuisland hoog en uiteindelik wen albei groepe. Wit mense is op hulle eie en die res van SA cash in uit belasting op die wit tuisland se florerende ekonomie.

marius ·

Goed so . Nou hoef daar ook nie geld uitgemors word om vir tientalle vrate se besigheidsklas vlieg kaartjies , duur hotelle , konings kos , drank en geskenke te betaal nie .

groenboer ·

Nathi is mal daaroor om sy gewig rond te gooi. Ons het dit laas gesien met die naamsverandering van Port Elizabeth, teen die wil van feitlik al die inwoners, en met ‘n nuwe naam wat nog nooit deur enigiemand in die volksmond gebruik is nie.

Nou is hy skielik ook ‘n ekspert in internasionale politiek.

Nou ja, die Romeinse Ryk het die hoogtepunt van sy arrogansie bereik net voor hy ten gronde gegaan het. Ek het so gevoel die geskiedenis herhaal homself hier…

Keelvol ·

Daar was swart vrouens wat aan die Mej Suid-Afrika deelgeneen het. Julle praat van onwettige nedersettings; wat van die plakkerskampe wat orals veral op private grond verrys oornag? Wat noem jy regstellende aksies, waar wittes uitgesluit word asgevolg van die vel kleur? Die regering het nog niks aan Malema & Kie gedoen oor hulle haat uitsprake.

Nee wat. vat die besef en vee voor julle agterdeur voordat jullie kom nonsens praat.

Mariana ·

Mthethwa het nog nooit goeie besluite geneem nie. Wat weet die ANC van menseregte. Hulle het van 1994 af nog net menselewens vernietig. Menseregte is nog net ‘n woord soos rassisme en apartheid wat hulle kan gebruik soos dit hulle pas. Vee voor jou eie deur voor jy dit by ander gaan doen……

James ·

In Internasionale Nuus: Israeli’s regoor Israel se harte is gebroke omdat Me Suid Afrika nie mag kom deelneem nie….

James ·

In verdere internasionale nuus – is Israeli’s op straat in Tel Aviv gevra of hulle nie skaam kry dat Suid Afrika nie sy kandidaat vir Me Wereld 2021 wil toelaat om deel te neem, oor Palestina nie. 40% het geantwoord: “Nee.” 60% het geantwoord: “Wat is Suid-Afrika?” Blykbaar gaan die seremonie voort, maar Israeli’s kyk blykbaar nie “Me World” nie: Hulle het belangriker probleme om aan aandag te skenk.

JohanR ·

Wie is Nathi MTWOTwa nou weer. Wil ook sy neus alle plekke indruk!

Ria ·

Hierdie klomp goed wat n regering vorm, het geen intwgriteit nie. As ek so baie probleme het, sal ek my eerder bepaal daarby om dienslewering te verbeter as om mense te boikot wat nie so pateties soos hulle is nie. Ek skaam my om te sê ek bly hier

lodewyk ·

En die ANC will hulle stem duk maak oor rasistiese beginsels wat hulle wil teen staan,hulle moet nou mooi dink wat hulle teenoor die witmense in SA doen?,haal eers die balk uit jou oog voor jy die splinter in ander se oog raak sien,die cANCer is net besig om SA meer in n verleentheid te bring,het klaar ons rugby ,krieket,atletiek en wat nog opgeneuk,plaas dat hulle eerder probeer om die klomp bedrog van hulle skelm kollegas uit te sort en ons ekonomie weer aan die gang te kry,dus ook soos hulle wat De Ryter blameer vir Eskom se val,maar hulle die ANC het Eskom gebring waar hy nou is…lee blikke maak die grootste geraas,so siek vir hulle BLM en politieke inmenging veral met Isreal,sal SA skielik nou sy grense oop maak en ons sukkelende buurlande deelmaak van SA??(Al is dit basies klaar nie meer bestande nie)
Stel voor die ministers met hulle groot bekke,kry eers hulle huis in order voor hulle n suksevolle land soos Isreal wil boikot met die Mej Wereld,want hulle het niks op hulle naam.

Manda ·

So, apartheid word doelbewus lewendig gehou, en nou word ou koeie uit die sloot opgegrawe. En die doel daarvan is. …? Nee wat, Lalela moet gaan deelneem.

Hoekom ·

So volgens die ANCartel en die EFF’grants is die plant van bomme en die afvuur van vuurpyle(teiken:burgers en die se kinders) wettig en aanvaarbaar maar die implementering van reëls en regulasies onder ‘n demokratiese verkose regering is verkeerd en aanstootlik.

“Go figure” soos die amerikaners sal sê…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.