Mej. SA 2016: Spieëltjie, spieëltjie in die hand …

Die kroon. Foto: Twitter

Die kroon. Foto: Twitter

Twaalf skoonhede het vanjaar meegeding om die titel van Mej. Suid-Afrika 2016 en sy is Saterdagaand tydens ʼn glansgeleentheid by Carnival City in Johannesburg gekroon.

Die glansvrou wat die kroon van 2015 se titelhouer, Liesl Laurie (24), gaan oorneem, is Ntandoyenkosi Kuneni (23) van Mpumalanga.

Kuneni het tydens die top-5-uitklopronde die beoordelaars se guns gewen deur op die vraag-en-antwoordsessie oor wat haar ʼn trotse Suid-Afrikaanse vrou maak, te antwoord dat sy deel is van die nalatenskap van die nagenoeg 20 000 vroue wat in 1956 na die Uniegebou gestap het om te betoog oor die regte van vroue, wat aanleiding gegee het tot Vrouedag.

Elizabeth Molapo (23) van Bloemfontein is as die eerste prinses gekroon, met Tayla Skye (21) van Johannesburg as die tweede prinses.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nico van der Westhuizen ·

Is dit nou SA se mooiste meisies wat die regte antwoorde kon gee? Wonder wie die beoordelaars is?

GES ·

As alles “fake” is maak dit meer sin om eerder maar porseleinpoppe vir die kompetisie in te skryf.

elize naude ·

skoonheidkompetisies het nog nooit die realiteit weerspieël nie…

Estelle ·

Die mej SA wedstryd word streng beheer en daar word vooraf bepaal watter velkleur die wenner sal wees. As hulle werklik die mooiste delnemer moes kies gisteraand, sou die koerante diskriminasie uitbasuin het! En net terloops, haar “wenantwoord” gisteraand het nié die deurslag gegee nie. Nog voor die verrigtinge begin het, het hulle reeds geweet wie die wenner is.

Blikkies ·

Ek praat nie uit afguns en nyd nie Elize…ek dink maar net dat Mej SA n SKOONHEIDSKOMPETISIE is…dit gaan dan tog oor SKOONHEID. Ek dink tog as lid van die publiek wil mens trots wees op jou land se “mooiste meisie” in talle opsigte. Liezl Laurie was ook n meisie van kleur en ek dink sys baie mooi. Mej SA verteenwoordig die meisies van ons land …so vra jouself af waarvan is so kandidaat n verteenwoordiging. Die land gaan moeilik n eweknie vind vir iemand soos Rolene Strauss en ongelukkig het sy n standaard gestel…mens kyk net na haar en jy sien elegansie, styl, egtheid en SKOONHEID. Sy het n presence om haar…en dis wat ek bv. soek in n Mej SA wat my land verteenwoordig. Maar dit is so dat skoonheid in “the eye of the beholder is.” Wat dalk vir my nie mooi is nie Elize…is vir jou mooi…en voor jy kla oor hoe seker kommentare veroordelend is…hou jy op om diegene wat voor in die kerk sit…te veroordeel. Die Bybel se jy moet jou naaste liefhe soos jouself…dit se nie jou naaste moet vir jou mooi wees nie.

GES ·

Jaco skoonheid van binne en buite asb. Ons voer nie nou debat oor mej Karakter nie.

Elfie ·

Die groot ding is die dame samel BAIE geld in vir haar gekose welsynsprojek deur haar jaar as Mej SA. Moenie dat ons dit vergeet nie – dis waarom dit maar op die ou einde gaan. Gun haar haar wen, sy is mooi en klaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.