Die organiseerders van die Mej. SA-kompetisie het gesê die voorval het op Jan Smutslaan in Hydepark, Johannesburg, plaasgevind. Die drie gewapende mans het Nel-Peters genader en volgens berigte ’n vuurwapen op haar gerig.
Die voorval het in spitsverkeer plaasgevind en Nel-Peters kon daarin slaag om uit haar motor te kom waarna ’n barmhartige samaritaan haar opgelaai het en met haar van die toneel weggery het.
“Haar motor en handsak is later deur ’n veiligheidsmaatskappy op die toneel gevind,” lui ’n verklaring. “Die polisie ondersoek die saak verder. Demi is geskok, maar ongedeerd.”
Fikile Mbalula, minister van polisie, het intussen in ’n verklaring gesê hy het met skok van die voorval verneem. Mbalula was in kontak met Nel-Peters en die organiseerders van die Mej. SA-kompetisie. “Sy is baie dapper,” het hy gesê. Volgens Mbalula is van Nel-Peters se persoonlike besittings tydens die voorval gebuit.
Mbalula het gesê Mej. Suid-Afrika speel ’n belangrike rol in die land om jong vroue te inspireer en hoop te gee. “Die volle mag van die wet sal teen dié misdadigers ingespan word en teen alle misdadigers wat daarop uit is om Suid-Afrikaners gevangenes van vrees te maak.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
40 Kommentare
Dit is pateties dat onskuldige, wetsgehoorsame, belastingbetalende burgers van hierdie land elke dag in vrees moet leef om van hulle hardwerkende besittings beroof te word. Al is haar voertuig geborg, word haar ID, paspoort, bankkaarte, ens nie geborg nie, en dis haar private, persoonlike eiendom. Kom by ons slapgat regering!!!!!
Dapper? Ok, ek sal dit vir haar gee, maar wat van al die ander mense wat al gekaap is? Word hulle persoonlik gekontak? Daar is baie mense wat deur misdaad geraak word, maar daar word niks vir/van hulle gese nie.
Die kapers het nie n banghaar op hulle kop nie…..dis die arrogansie wat misdaad buite beheer laat word het……dit is belaglik….
Ek hoop Mbalula steel die volle mag van die gereg aan, om plaas moorde en moorde op witmense ook te ondersoek.
Wat maak haar beter as enige ander wetsgehoorsame burger dat die Minister haar moet kontak. As hy almal persoonlike moet kontak na ‘n misdadige voorval gaan hy baie besig bly en sal ‘n paar mense moet aanstel om hom te help. Dit is jammer dat dit met haar gebeur het maar net so jammer vir al die ander mense. Die SAPD het niks gedoen om my te help nie en dit nadat ek hulle van al die inligting van die skelm voorsien het nie !!! Dit is 3 jaar later.