Mej. SA hou kop toe kapers toeslaan

Demi-Leigh Nel-Peters. Foto: Mej. SA/Facebook

Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, het Woensdagaand kop gehou toe drie gewapende mans haar motor probeer kaap het.

Die organiseerders van die Mej. SA-kompetisie het gesê die voorval het op Jan Smutslaan in Hydepark, Johannesburg, plaasgevind. Die drie gewapende mans het Nel-Peters genader en volgens berigte ’n vuurwapen op haar gerig.

Die voorval het in spitsverkeer plaasgevind en Nel-Peters kon daarin slaag om uit haar motor te kom waarna ’n barmhartige samaritaan haar opgelaai het en met haar van die toneel weggery het.

“Haar motor en handsak is later deur ’n veiligheidsmaatskappy op die toneel gevind,” lui ’n verklaring. “Die polisie ondersoek die saak verder. Demi is geskok, maar ongedeerd.”

Fikile Mbalula, minister van polisie, het intussen in ’n verklaring gesê hy het met skok van die voorval verneem. Mbalula was in kontak met Nel-Peters en die organiseerders van die Mej. SA-kompetisie. “Sy is baie dapper,” het hy gesê. Volgens Mbalula is van Nel-Peters se persoonlike besittings tydens die voorval gebuit.

Mbalula het gesê Mej. Suid-Afrika speel ’n belangrike rol in die land om jong vroue te inspireer en hoop te gee. “Die volle mag van die wet sal teen dié misdadigers ingespan word en teen alle misdadigers wat daarop uit is om Suid-Afrikaners gevangenes van vrees te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Landie ·

Dit is pateties dat onskuldige, wetsgehoorsame, belastingbetalende burgers van hierdie land elke dag in vrees moet leef om van hulle hardwerkende besittings beroof te word. Al is haar voertuig geborg, word haar ID, paspoort, bankkaarte, ens nie geborg nie, en dis haar private, persoonlike eiendom. Kom by ons slapgat regering!!!!!

MissDemeanor ·

Mense wat nie belasting betaal nie het ook n reg tot veiligheid.

E. ·

Nie een van jou drie byvoeglike naamwoorde is relevant nie…

“… onskuldige, wetsgehoorsame, belastingbetalende…”

Inge ·

Dapper? Ok, ek sal dit vir haar gee, maar wat van al die ander mense wat al gekaap is? Word hulle persoonlik gekontak? Daar is baie mense wat deur misdaad geraak word, maar daar word niks vir/van hulle gese nie.

Johan ·

Die kapers het nie n banghaar op hulle kop nie…..dis die arrogansie wat misdaad buite beheer laat word het……dit is belaglik….

Nettie ·

@Sonja: jy is 100% reg – hulle is bedwelm en het dan geen vrees (nie eens vir ‘n koeël) nie en oor die algemeen het hulle nie respek vir die lewe en vir ‘n vrou nie (regter Jansen se teorie). Dit alles werk terug na ‘n regering wat die land en sy mense faal; van ons landsgrense wat onbewaak en oop lê sodat die Nigeriërs met hul dwelms letterlik kan oorloop en die res van Afrika kom “asiel-soek” omdat dit so sleg gaan in hul eie lande, tot Polisielede wat onbehoorlik opgelei is en wat teen ‘n duiseling-wekkende spoed hul vuurwapens en uniforms ‘verloor’ of gesteel kry, tot ‘n President wat toelaat dat drie geel mannetjies sy en hul eie sakke volstop en ons land stink-beroof en vet-kat kaders wat vet-kat salarisse verdien, in belastingbetaler-betaalde huise bly en -motors ry, asook oorsee gaan kuier met hul uitgebreide families … tot … tot … tot … En nou bly ek eerder maar stil voor ek dalk ‘n ‘stroke’ kry!

Charlotta ·

Ek hoop Mbalula steel die volle mag van die gereg aan, om plaas moorde en moorde op witmense ook te ondersoek.

Alida ·

Wat maak haar beter as enige ander wetsgehoorsame burger dat die Minister haar moet kontak. As hy almal persoonlike moet kontak na ‘n misdadige voorval gaan hy baie besig bly en sal ‘n paar mense moet aanstel om hom te help. Dit is jammer dat dit met haar gebeur het maar net so jammer vir al die ander mense. Die SAPD het niks gedoen om my te help nie en dit nadat ek hulle van al die inligting van die skelm voorsien het nie !!! Dit is 3 jaar later.

johann ·

Genade … speel sy n belangriker rol as die boere wat kos vir die nasie produseer dat die saak soveel meer aandag kry as plaasaanvalle….BELAGLIK

al ·

Ja boere bring kos op die tafel, na my mening verdien hul gelyke behandeling en meer.

Nelia ·

Agge nee, julle. Hoe ontaard dit nou in ‘n “jy’s mooier as ek” of “belangriker as ek” of “bekender as ek”. Dis nou net so goed ons sê wanneer ‘n jong meisie dood is “en sy was so mooi”! My magtig, is dit nou meer “sad” omdat sy mooi was? As sy lelik of onbekend was, dan was dit maar orraait? NIEMAND verdien om ‘n onskuldige prooi van misdadigers te wees nie. En wie gee om as die minister of die president of die SA hoof van polisie by jou huis opdaag of nie? Ek gaan nie minder geskok wees omdat ‘n hooggeplaasde my besoek het nie. Ook nie meer geskok omdat hulle my nie besoek het nie. Kom ons word tog bietjie groot, toe?

NT ·

Dis vir my altyd so snaaks dis net die bekende en beroemdes was altyd besoek word. Hoekom besoek hulle nie almal nie dan sal hy seker agter kom wat regtig daar buite aangaan.

charmaine ·

Gee vir haar ma n huis! Sy is net belangrik vir haarself.

charmaine ·

Sien nou net Johan Botha wat 50/50 aangebied het is ook doodgeskiet in Jo’burg tydens ‘n roof! Hoe tragies is dit? Was die Minister oor sy moord ook geskok?

Louna Hearns ·

My vraag is…HOEKOM IS DIE MINISTER GESKOK!? Roof en moord is so gewoon soos kruideniers ware koop in Gauteng -in Suid-Afrika! Natuurlik kan hy nie almal kontak nie, so dit is n simpel voorstel, maar magtig! Begin iets daaraan doen!!! Moet ons nie n kans gee om te kan lees hoe polisie stasies beroof word nie! Laat ons eerder weet hoeveel mense julle elke uur van elke dag vastrek en tronk toe stuur vir hierdie gru misdade! Ek is g@tv@! vir hierdie land se misdaad!!!

Marietjie ·

Ons kan maar net dankbaar wees dat sy nie ook op die einde van die dag vermink, verkrag en vermoor is nie. Sy was een van die gelukkiges!!! Dankbaar dat jy veilig is Demi!!!

alida ·

Die minister moet ELKE persoon wat deur misdaad geraak word persoonlik kontak. Hy gaan bietjie besig wees maar miskien sal hy dan besluit om meer SAPD lede aan te stel om hulself SIGBAAR te maak. SAPD sigbaarheid kan ‘n groot verskil maak veral in woonbuurte snags en by robotte laat in die aand. In die Weskaap let mens nogal op hoe sigbaar die SAPD is. Hoekom kan dit nie in “ganster paradise” ook gebeur nie.

Justice ·

Aan alle beroemde en bekende dames – moet aub. nie met jou handsak op jou skoot of passasiers sitplek ry nie – dit is `n waarborg dat jy beroof gaan word by `n stopstraat of verkeerslig. Jy kan jouself net gelukkig ag indien jy nie beseer of gedood word tydens die “kaping” nie.

Peet J ·

Almal wat gekaap word is nie so gelukkig nie, my seun het sy voertuig verloor moes sy eiendom verkoop om sy mediesekostes te kan betaal hulle het hom 40 keer met ‘n voorwerp op sy lyf en in sy kop gesteek, moes ‘n breinoperasie ondergaan hy was op straat gelos , gelukkig het die sekuriteit hom na ‘n hospitaal geneem na 3 jaar het navrae by die Polisie niks opgelewer nie.

DEE ·

Dis onnodig om Demi te verneder. Sy is n slagoffer nes enige iemand anders, maar omdat sy n publieke figuur is het die minister haar gekontak. Glo nie syt gevra dat hy dit moet doen nie.

VanAfrika ·

My magtie, hierdie vrou se lewe was in gevaar, sy het ongedeerd daar van afgekom, maar pyle skiet sal julle. Julle kerm heeldag en aldag oor die moorde en verkragtings, en nou maak een person dit veilig uit n kaping uit, en dis ook nie goed genoeg nie. Wat maak dit saak of sy bekend is en wie vir haar kuier. Haar geliefdes kan haar ten minste nou in hul arms toe vou en dankie se vir Gods genade

Uvonka ·

Ek moet se, sommige dames soek openlik vir moeilikheid. Smiddae wanneer ek in die verkeer sit sien ek dames met selfoon in die hand, diamante wat in die son skitter en vensters wawyd oop. Hulle is sd besig op hulle selfone dat hulle totaal en al oblivious is ( die korrekte Afrikaanse woord ontbreek my nou) van wat om hulle aangaan.

Nettie ·

@Uvonka – die regte Afrikaanse woord is onbewus (van wat om hulle aangaan). En jy sal my daaraan nie skuldig kry nie – ek is miskien paranoïes, maar my handsak is in die bagasie-bak, my selfoon in die binne-kompartement in die motor, my deure gesluit, ligte aan (en ek ry nie rond donker-nag en alleen nie) en vensters is toe. As ek ‘n stopstraat of rooi verkeerslig nader, skakel ek oor na ‘n laer rat, beweeg stadig vorentoe, wag tot die lig groen raak en trek weg terwyl ek OBSERVEER wat rondom my aangaan. Ek stop ook nooit reg op die voertuig voor my se buffer nie, maar laat spasie om te kan ‘ontsnap’ as dit moet. Nodeloos om te sê …. ek bly nie in Gauteng nie en my idee van spitsverkeer is die net-na-5 ‘verkeer’ in Worcester, in die Wes-Kaap. :-))

marous ·

Miskien moet die skoonhede in koelvaste baadjies , stewels en staalhelms begin paradeer…..

smurf ·

net so. haar lewe was nerens in gevaar nie. die voorval is “as staged as it gets.” geen skaker gan n kar met sleutels in, handsak met n beursie in net so los en weg vlug ondat die teiken “ontsnap” het nie. in die gevaarlike tye waarin ons leef is sensasie soek onverskoonbaar.

Ouma ·

Ag nee mense, moet nou nie weer tekere gaan omdat sy Mej SA is nie. Natuurlik is almal ewe belangrik! Ek dink dit is goed dat haar naam genoem word, want dit gaan nie onder die mat ingevee word nie. Dit maak die hele wêreld daarvan bewus wat in SA aangaan.

wdp ·

Minister jou land brand agv kriminele meet mense regte het as die wetgehoorsames, jou regerering laar die hele afrika toe in SA en kan nie die ekonomie vooruitvat nie, julle boer net agteruit, werkloosheid raak meer en rooftogte ook, kry rug graat, hou op praat en doen iets. 2bekendes op 1 dag aangeval

Sy is pragtig ·

Sy is pragtig en ja ek hoor wat jul almal sê, sy het ongelukkig nie gekies om uitverkose te wees by die Minister van Polisie nie. Sy is ‘n koelkop nederige meisie wat deur ‘n groot trauma gaan en dit is onregverdig om te vra nou wie is sy om die ekstra behandeling te kry, sy het nie daarop aangedring nie, maar ek weet sy gaan die geleentheid gebruik om alle misdaad en moorde aan te spreek. Demi, ek is dankbaar jy het koelkop gebly en soos Marietjie opmerk, veral omdat daar nie een van die lelike dinge met jou gebeur het nie. Die mense in die forum is nie regtig vir jou kwaad, maar die misdaad situasie en spesialis behandeling maak hulle gefrustreerd. Geen persoon se lewe is minder of meer werd. Gebruik die geleentheid om die spreekbuis teen misdaad te word, jy sal ‘n Hero wees.

Erik ·

Mbalula moet ook die Mev Dowe SA, Florein Marais, kontak. Sy is op 22 Mei van haar selfoon beroof en toe sy n klagte by die Villieria polisie stasie wou le, is sy uitgelag. Hoe kan mens respek en vertroue in die polisie he as hulle so optree?

Stoffel ·

Ja nee Demi, daai klomp rykgat, slapgat mense sal nie stop om te help nie, maar stamp sy duur karretjie dan spring hy vinnig uit om jou te dagvaar

alida ·

Die minister moet sy prioriteite regkry en nie mense uitsonder nie. Een moord of aanval is een te veel. Hy moet daadwerklik iets aan die misdaad situasie doen maar met ‘n slapgat skelm no 1 aan die stuur kan jy niks uitrig nie.

Michelle ·

Dis amazing hoe die Maroela Media – lesers elke liewe berig wat geplaas word ‘n wit – en – swart ding kan maak!

Verwonderd ·

Ek verstaan nie. ‘n Wapen word op haar gerig, sy slaag daarin om uit die motor te kom en dan word die motor later op die toneel gevind. Beteken dit nou dat die kapers toe nie haar motor, met haar handsak daarin, gevat het nie? Hoekom sou hulle die motor net so los toe sy uit is?
Iets maak nie lekker sin nie of die berig is nie baie volledig nie.

Richie Rich ·

Jip ek stem…Die berig sê sy het haar kop gehou..maar nou wonder ek of hulle haar ander ledemate gevat het.

Theresa ·

Bitter skerp. Bly sy het ongedeerd daarvan afgekom. Wil ook weet of die ouens toe besluit het om nie die motor te vat nie, of het die immobilizer ingeskop?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.