Mej. SA ontken swangerskap-spekulasies

Sasha-Lee Olivier (Foto: Versakf)

Die Mej. Suid-Afrika Organisasie hou vol Mej. SA, Sasha-Lee Olivier, is nie swanger nie. Dít nadat die Sondagkoerant City Press gespekuleer het dat sy swanger is na aanleiding van ʼn foto wat hulle gesien het.

Olivier, wat die naaswenner by die Mej. SA-kompetisie was, het die Mej. SA-titel by Zozibini Tunzi oorgeneem toe sy in Desember 2019 as Mej. Heelal gekroon is. Olivier is ook die eerste Mej. Suid-Afrika wat die voller figuur-vrou verteenwoordig, eerder as die organisasie se voorheen stereotipiese uitbeelding van skoonheid.

City Press het op 14 Junie ʼn berig met die titel “Is she or is she not?” gepubliseer wat spekuleer dat Olivier swanger is. Die joernalis wat die berig geskryf het, het  die Mej. Suid-Afrika Organisasie om kommentaar gevra.

Die Mej. Suid-Afrika Organisasie het gereageer deur te sê Olivier is nie swanger nie en dit daar gelos om spekulasie oor Olivier se gewig te vermy.

In die City Press-berig het hulle ʼn voormalige Mej. SA-koördineerder, Thobile Sithole, aangehaal, maar dié organisasie sê daar is geen rekord dat ʼn persoon met dié naam sedert 2013 daar gewerk het nie.

“Die Mej. Suid-Afrika Organisasie is geskok en verstom deur die storie en reik daarom die volgende verklaring uit:

“Sasha-Lee Olivier is nie swanger nie. Die City Press-artikel het geen sekere bepalings nie en het ons reaksie op hul navraag geïgnoreer. Die artikel is pure liggaamvernedering, want dit impliseer dat indien Sasha-Lee nie swanger is nie, dan is sy vet. Sasha-Lee is ʼn regte mens en is diep seergemaak deur wat geskryf is.”

Stephanie Weil, die uitvoerende hoof van Mej. SA (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Die Mej. Suid-Afrika Organisasie het gesê dat hulle regstappe teen City Press sal neem.

Stephanie Weil, uitvoerende hoof van die Mej. Suid-Afrika Organisasie, sê 2019 was ʼn ongelooflike suksesvolle jaar vir die Mej. SA-kompetisie, met die mees diverse kandidate in die geskiedenis van die skoonheidskompetisie se bestaan.

“Ons is geseënd dat Zozibini Tunzi en Sasha-Lee Olivier deur Suid-Afrikaners gevier word as egte en inspirerende vroue – vroue wat wêreldwyd omarm word vir hul onkonvensionele skoonheid.

“Ons wil ʼn platform skep vir Suid-Afrikaanse vroue van enige liggaamsbou en grootte om hul leierskap in ons land op te neem. Om hierdie rede neem ons sterk standpunt in teen berigte soos hierdie,” sê Weil.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JohanR ·

In die geval kan mens net wag en sien. Sy is op Januarie 20 2020 gekroon, en haar jaar eindig Januarie 20 2021, soe doen maar die wiskunde. Sal ons lees dat ‘n klein Sasha-Lee Olivier is op September 20 2020 gebore? Hoekom sal dit ‘n skande Mej. Suid-Afrika Organisasie. Ons is almal maar net mens!

koos10 ·

Is dit nuus???
CR en sy CCC stuur hierdie land reguit in sy dinges in.
Malema en Zuma beledig wit mense en verkondig rassisme.
Howe word misbruik vir sommige se standpunte maar belangrike sake sloer jare.
So kan ek maar voort gaan, maar nee, ‘n swanger/nie swanger vrou moet lugtyd kry???

Fedup ·

Pregnant or not. It’s her life, her choice.
It’s got absolutely nothing to do with the world.
People should learn to respect other people’s privacy.

Llady ·

Watse voller figuur??! Daar is nie ‘n manier dat sy ‘n voller figuur het nie! Sy is pragtig en ‘n waardige Mej Suid-Afrika.

Sarel ·

Fedup…. sorry if you enter that position unfotunately you become public property with no privacy.
City Press …. julle regtig niks anders om oor te skinder nir

Mallie ·

Malie

Sy is swanger, Wow. Baie geluk. Mej Suid Afrika? Hoekan jy n mej Suid Afrika wees as jy swanger is?

Sharnelle ·

Het hulle vergeet dat dit lockdown was en moontlik het sy ook gewig opgetel omdat daar nie mag social verkeer word nie en almal ingeperk by hul huise moes sit. Wat maak dit tog saak of sy bietjie gewig opgetel het, sys nog steeds beeldskoon. Innerlike skoonheid is mos baie mooier as die uiterlike. En wie is City Press om haar te oordeel. Wys bietjie fotos van julle hoe julle gelyk het voor die lockdown en hoe julle nou lyk in level 3…dan praat ons weer oor die vetjies wat bygekom het…liewe City Press.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.