Mej. SA: Wie gaan die kroon dra?

Die Mej. SA-finaliste. Foto: Miss SA

Die Mej. Suid-Afrika-diamantjubileum, wat vanaand in die Sun Arena by die Time Square Casino in die ooste van Pretoria plaasvind, beloof om ʼn groot affêre te wees wanneer ses dekades van merkwaardige vroue gevier gaan word.

Die organiseerders van die skoonheidskompetisie, wat vanjaar vir die 60ste keer aangebied word, het geen moeite ontsien om van dié geleentheid ʼn skouspel te maak nie.

Die 12 finaliste wat gekies is om vanjaar mee te ding om die kroon as Mej. Suid-Afrika is:

Tamarin Bensch (25) is ʼn eiendomsbestuurder en binnenshuise opknapper.

Tamarin Bensch. (Foto: Miss SA)

Tamarin Bensch. (Foto: Miss SA)

Tharina Botes (21) van Roodepoort is ʼn eerstejaar- B.Com-student in bemarking en sake by Damelin. Sy is ook ʼn deeltydse model.

Tharina Botes. (Foto: Miss SA)

Tharina Botes. (Foto: Miss SA)

Margo Fargo (25), oorspronklik van Heidedal in die Vrystaat, het ʼn BSc-honneursgraad in verbruikerstudies en is die medestigter van ʼn niewinsgewende organisasie.

Margo Fargo. (Foto: Miss SA)

Margo Fargo. (Foto: Miss SA)

Bryoni Govender (21) van Kempton Park is ʼn derdejaar- LLB-student aan die Universiteit van Johannesburg.

Bryoni Govender. (Foto: Miss SA)

Bryoni Govender. (Foto: Miss SA)

Tamaryn Green (23) is ʼn sesdejaar- mediese student.

Tamaryn Green. (Foto: Miss SA)

Tamaryn Green. (Foto: Miss SA)

Daniellé de Jager (20), oorspronklik van Benoni, is ʼn tweedejaarstudent in biokinetika aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit.

Daniellé de Jager. (Foto: Miss SA)

Daniellé de Jager. (Foto: Miss SA)

Thulisa Keyi (26), oorspronklik van Oos-Londen, woon nou in Fourways en doen tans haar klerkskap by KPMG nadat sy aan die Universiteit van Kaapstad gegradueer het.

Thulisa Keyi. (Foto: Miss SA)

Thulisa Keyi. (Foto: Miss SA)

Akile Khoza (23) is besig met haar meestersgraad in neurowetenskappe.

Akile Khoza. (Foto: Miss SA)

Akile Khoza. (Foto: Miss SA)

Thandokazi Mfundisi (23) van Oos-Londen is ʼn finalejaar- LLB-student aan die Fort Hare- Universiteit.

Thandokazi Mfundisi. (Foto: Miss SA)

Thandokazi Mfundisi. (Foto: Miss SA)

Noxolo Ndebele (24) is van Pinetown en het ʼn B.Com-graad in rekeningkunde.

Noxolo Ndebele. (Foto: Miss SA)

Noxolo Ndebele. (Foto: Miss SA)

Karishma Ramdev (23) is van Westville en is ʼn mediese student.

Karishma Ramdev. (Foto: Miss SA)

Karishma Ramdev. (Foto: Miss SA)

Anzelle von Staden (24) van Centurion het ʼn B.Com-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf en is tans ʼn heeltydse model.

Anzelle von Staden. (Foto: Miss SA)

Anzelle von Staden. (Foto: Miss SA)

Nagenoeg 40 voormalige titelhouers van Mej. Suid-Afrika gaan die geleentheid bywoon, onder wie Penny Rey Coelen, Mej. Wêreld 1958; Anneline Kriel Bacon, Mej. Wêreld 1974; Rolene Strauss, Mej. Wêreld 2014; Margaret Gardiner, Mej. Heelal 1978; en Demi-Leigh Nel-Peters, die huidige Mej. Heelal.

Waar daar voorheen drie finaliste gekies is van wie een as wenner en twee as eerste en tweede prinsesse aangewys is, gaan daar vanjaar slegs twee finaliste gekies word.

Die een word aangewys as Mej. Wêreld SA en die ander een as Mej. Heelal SA. Die gekose wenner sal Suid-Afrika dan in die onderskeie internasionale kompetisies verteenwoordig.

Daar kan egter steeds slegs een amptelike Mej. SA wees. Daarom sal die twee gekose vroue ʼn beoordelaarsvraag moet beantwoord en na gelang van hul antwoorde sal die algehele wenner aangekondig word.

Die skouspel, wat deur Bonang Matheba aangebied gaan word, gaan regstreeks van 17:00 tot 19:00 op M-Net en Mzansi Magic gebeeldsaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Nogals n paar mooi gesiggies! Hou van die natuurlike “look” by sommige van die meisies. Wens die organiseerders kan die nagemaakte hare, pruike en verlengstukke verban. Hou alles natuurlik asb!

Oom Kalahari ·

Pragtige vroue en dit sal alreeds ‘n bepalende faktor wees wie die kroon sal dra. Die mees volwaardige persoonlikheid en uitreiking na alle groepe en instansies.

Cherokee ·

Ek wens Tamaryn Green (5) het geglimlag op daardie foto – as Daniellè de Jager (6) ‘n nagemaakte moesie wys, dan mag dit ‘n moerske fout wees – Karishma Ramdev is ook pragtig soos almal die ander.

anton ·

Stem saam met jou jou Hanna.
Die nagemaakte hare en dinge verteenwoordig gladnie wie jy is nie en weet nie hoekom dit eers toegelaat word nie! Dit is mos fake!!!
Dalk is die sort kompetisies lankal fake ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.