Mej. Suid-Afrika: En die wenner is…

Mej. SA 2015 Liesl Laurie (middel) saam met Refilwe Mthimunye (eerste prinses) en Ntsiki Mkhize (tweede prinses).

Mej. SA 2015 Liesl Laurie (middel) saam met Refilwe Mthimunye (eerste prinses) en Ntsiki Mkhize (tweede prinses).

Foto’s volg onderaan die berig. Liesl Laurie (24) van Eldoradopark in Johannesburg is Sondag in Sun City as Mej. Suid-Afrika 2015 gekroon.

Die eerste prinses is Refilwe Mthimunye (22) van Bronkhorstspruit in Gauteng en Ntsiki Mkhize (23) van Kliprivier in Gauteng was in die derde plek.

Musiekgroepe soos Gangs of Ballet en Sterling EQ het tydens die glansgeleentheid opgetree. Liesl ontvang ʼn platinumkroon deur Jack Friedman-juweliers en ʼn pryspakket ter waarde van R2 miljoen.

Die beoordelaars was onder andere die aktrise Sophie Ndaba, redakteur en digter Kojo Baffoe, voormalige Mej. Wêreld Anneline Kriel (Bacon) en die ontwerper Casper Bosman.

Al drie Suid-Afrika se Mej. Wêreld-wenners, Anneline Kriel (Mej. Wêreld 1974), Rolene Strauss (Mej. Wêreld 2014) en Penny Coelen-Rey (Mej. Wêreld 1958) was ook by die geleentheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elfie ·

Dis duidelik van die ou verweerde koninginne is lief vir daai Botox naald. Ai dat mens tog nie kan oudword met grasie nie ne…

Leeutjie ·

Elfie hoe lekker lag ek nou vir jou kommentaar. Skerp hoor!

Elfie ·

Leeutjie – ek het gisteraand gewag vir Carte Blanche om te begin en sien toe so laaste stukkie van die storie. Toe sien ek vir Annie van naby en nou-ja.. dis die gevolgtekking waartoe ek gekom het. En Penny – sy lyk asof sy vir iets skrik op die foto hierbo – maar dis wat die naald doen – sekere gesigsuitdrukkings verdwyn – oftewel sekere spiere se werking en so. So dis hier nie ‘n geval as die horlosie slaan gaan jou gesig so bly staan nie, dis as jy daai naalde gebruik dan gaan jou gesig so bly staan.

magriet ·

elfie, het jy al gesien hoe lyk margaret gardiner? liewe genade, ek stem vir die oud word met grasie!

Venique ·

Vergeet van die naalde- al die jaar se wenners het darem maar erg verbrand op die sonbed!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.