Mej. Wêreld en Mej. Heelal: Shudu op pad; nog druk op Lalela

Shudu Mudisa (Foto: Mej. SA-organisasie)

Terwyl Shudu Musida, voormalige Mej. SA, op pad is na die Mej. Wêreld-kompetisie word al meer druk op die huidige Mej. Suid-Afrika geplaas om nie volgende maand aan die Mej. Heelal-kompetisie in Israel deel te neem nie.

Nóg Lalela Mswane nóg die Mej. SA-organisasie het al reageer nadat die regering sy steun aan dié organisasie onttrek het na vrugtelose pogings om die organisasie te oorreed om nie aan die Mej. Heelal-kompetisie deel te neem nie omdat dit vanjaar in Israel plaasvind.

“Die gruweldade wat Israel teen Palestyne gepleeg het, is goed gedokumenteer en as die wettige verteenwoordiger van die mense van Suid-Afrika kan die regering hom nie met ʼn rein gewete daarmee vereenselwig nie,” het Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, gesê.

’n Groep betogers het Vrydag voor die Mej. SA-organisasie se kantoor in Johannesburg bymekaargekom en geëis dat Suid-Afrika aan die kompetisie onttrek.

Die geleentheid is deur die Africa 4 Palestine-groep gereël met verteenwoordigers van politieke partye en burgerlike organisasies wat dit ook bygewoon het. Mandla Mandela en Bathabile Dlamini sowel as verteenwoordigers van die SAKP en Cosatu was onder meer by die geleentheid te sien.

Lalela Mswane. (Foto: @Official_MissSA/Twitter)

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het op Twitter ook ’n beroep op Mswane gedoen om aan die kompetisie te onttrek.

Die kompetisie vind op 12 Desember in Eilat plaas. Die Mej. SA-organisasie het aan die begin van die maand gesê Mswane sal wel aan die Mej. Heelal-kompetisie deelneem nadat daar gerugte was dat sy gaan onttrek.

Zozibini Tunzi, Mej. SA in 2019, is in Desember 2019 as Mej. Heelal gekroon. Andrea Meza van Mexiko het in Mei vanjaar die titel by Tunzi oorgeneem.

Shudu Musida, voormalige Mej. SA, is intussen op pad om aan die Mej. Wêreld-kompetisie in Puerto Rico deel te neem. Die kompetisie is verlede jaar weens Covid-19 uitgestel.

Toni-Ann Singh van Jamaika is in Desember 2019 as die laaste Mej. Wêreld aangewys.

Die 70ste Mej. Wêreld-kompetisie vind op 16 Desember plaas.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Shakespeare ·

Erkende vloekwoorde vanaf 1994. ANC……EFF……VAKBONDE…..BEE…..STEMVEE….SAPS…..
ZUMA…. AGBARE…..ens.

Karina ·

Wat van MY FELLOW SOUTH AFRICANS .. wil die stuipe kry as ek die woorde hoor, want ek weet ons word weer toegesluit en van basiese regte ontneem.

JohanR ·

Die kom van ‘n Afrikaner wit man Lalela Mswane, wat net geen tyd het vir die ANC, EFF, Cosatu of die SAKP. Ignoreer hulle geskree en gaan Israel toe en wen miskien vir Suid Afrika. Sal dit nie hulle bekke toe maak nie? Die ANC self het nie ‘n wonderlike menseregte rekord nie, soe daar is nie ruimte om hulle groot bekke te rek nie!

Realis Thailand ·

Sy is n politieke wenner en sal sekerlik nie wen nie
Miskien laaste

johan ·

Al die gruweldade word deur die Palestyne op Israel gepleeg. Israel tree deurentyd binne sy reg op.

Chris dupreez ·

Nutti mtwata, onhou eerder ook palestina se moord op israeli vrouens en kinders, asook anc moord op suid afrikaners voor jy oordeel.

anniekiewiet ·

Wat het die land/plek waar dit aangebied word, met die geleentheid te doen? Sou julle haar belet as dit in Kuba, China of selfs Noord-Korea aangebied word?

JohanR ·

Met die ANC anniekiewiet is dit “six of one, and half a dozen of the other!”

Jeepie ·

Dalk moet daar sanksies wees teen SA vir al die mense regte wat tans in SA geskend word. Hoe durf SA klippe gooi na ‘n ander land as ons eie land ‘n gemors is.

Jacobus ·

Hierdie KOMMUNISTIESE ANC REGERING wil presies doen wat kommuniste so goed doen, wil beheer vat oor almal en alles soos dit hulle pas.
Wys hulle die middelvinger en maak soos jy wil.

Fritz ·

Mense kan jy jou nou indink as dit ‘n blanke vrou was wat Mej SA gewen het en na Israel wou gaan!

jou gewete ·

geen mag het nog teen Israel opgestaan en oorwin. wonder hoekom

Blomme ·

Suid Afrika het regtig die grootste sirkus narre ter wêreld. Veral ons politiSIES.

Nie Verbaas ·

Van wanneer af het Nathi n rein gewete? Hy is niks anders as n rassis wat soos n babatjie aan die skree gaan as hy nie sy sin kry nie.

Eugene ·

Mtetwa en Mbalula is albei nie die naam minister werd nie. Niks wat hulle doen of sê gaan oor die land nie, dis alles politiekery

Hennie ·

As die ANC se dogma n swart vrou benadeel… Hond eet hond…

Barney ·

Leer hieruit dat die anc eties eintlik reg is in die geval. Ek voel dat sy moet die kompetiesie boycot want apartheid is apartheid.

Casper ·

Weet Nathi Mthethwa wat is ‘n rein gewete.Landmyne op plaas paaie,bomme in die strate wat onskuldige mense vermink of gedood het,is dit ‘n rein gewete.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.