Mej. Wêreld: Só gaan ons eie Rolene lyk

Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss Foto: Facebook

Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss Foto: Facebook

Rolene Strauss, Mej. Suid Afrika, gaan die land binnekort by die Mej. Wêreld-kompetisie verteenwoordig en sy het op sosiale media verklap watter rokke sy gaan dra.

Die helderkleurige rok wat sy as haar nasionale drag gaan dra, is ontwerp deur studente van Cape Town College of Fashion Design (CTCFD).

Casper Bosman van Bloemfontein het die effekleurige rok ontwerp wat Rolene as aandrok sal dra.

Daar is egter gemengde gevoelens oor die helderkleurige rok. Bekende onwerper Simon Rademan het dit as ‘n “gesmokte tafeldoek” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Patat

Ja nee, ek stem saam met Simon Rademan.

Bokkie

Dit skree ten hemele – aaklig.

Paul

Die gedoente met boonop die ou terroris se gesig as sentrale tema versies net die mooi meisie.

leon jordaan

Pagtige vrou! Skaam my dood vir die vieslike rok wat SA moet verteenwoordig! Hoekom Mandela se gesig?

spikkel

Ander lande is trots op hulle land en van waar af hulle kom, vir my is dit n goeie voorstelling van Suid Afrika. Dis tyd dat ons dinge van ons land omhels en hande vat en saam n pad stap. Ander lande het nie eers n druppel van die goeie goed in Suid Afrika nie, en hulle noem hulle die “lucky country”. Suid Afrika het baie geweld, en dis al, verder kan ons trots wees op ons land. Sy moet haar kop hoog hou en daai rokke met trots dra, ons staan nie n tree terug vir enige land nie.… Lees meer »