Mej. Wêreld: Só gaan ons eie Rolene lyk

Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss Foto: Facebook

Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss Foto: Facebook

Rolene Strauss, Mej. Suid Afrika, gaan die land binnekort by die Mej. Wêreld-kompetisie verteenwoordig en sy het op sosiale media verklap watter rokke sy gaan dra.

Die helderkleurige rok wat sy as haar nasionale drag gaan dra, is ontwerp deur studente van Cape Town College of Fashion Design (CTCFD).

Casper Bosman van Bloemfontein het die effekleurige rok ontwerp wat Rolene as aandrok sal dra.

Daar is egter gemengde gevoelens oor die helderkleurige rok. Bekende onwerper Simon Rademan het dit as ‘n “gesmokte tafeldoek” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Paul ·

Die gedoente met boonop die ou terroris se gesig as sentrale tema versies net die mooi meisie.

leon jordaan ·

Pagtige vrou! Skaam my dood vir die vieslike rok wat SA moet verteenwoordig! Hoekom Mandela se gesig?

spikkel ·

Ander lande is trots op hulle land en van waar af hulle kom, vir my is dit n goeie voorstelling van Suid Afrika. Dis tyd dat ons dinge van ons land omhels en hande vat en saam n pad stap. Ander lande het nie eers n druppel van die goeie goed in Suid Afrika nie, en hulle noem hulle die “lucky country”. Suid Afrika het baie geweld, en dis al, verder kan ons trots wees op ons land. Sy moet haar kop hoog hou en daai rokke met trots dra, ons staan nie n tree terug vir enige land nie. Suid Afrika is ver voor ander lande. As die misdaad net n einde kry en water, paaie en elekstrisiteit weer klop disselboom werk, dis die land van melk en heuning.

Paul ·

Ons het regtig nie nodig om die gemors en swak van die land te omhels nie. Ons moet nie afdaal na die lae standaarde wat jz en sy maters voorstaan nie. As jz steel en bedrieg moet ons dit nou omhels? Nie solank ek lewe nie.

Anton ·

Paul ek stem saam! Vader land die rok is aaklig en verteenwoordig nie my kultuur nie! Ek is baie jammer maar ons kon beter!

Akram ·

Is dit die nasionale drag van Suid Afrika? Kleurvol moet ek se.Kom ons hoop en hou duimvas dat die beoordeelaars verby die kleurvolle collage sal kyk en die mens sal raaksien. Die spreekwoord se mos” die vere maak die voël. As sy die kulturele drag moes dra, sou sy dalk net n riet rokkie aangehad het. Baie sterkte.

Theresa ·

Ag hemel tog – Kan iemand net die mooie vrou help met ‘n ordentlike tradisionele rok. Beweeg tog in hemelsnaam net aan mense……!!!!

Babs ·

Lyk regtig soos ‘n oorvol vuilgoed drommetjie op die kop. Sy gaan ‘n stywe nek he na die vertoning. Kan net studente wees wat besluit het oorlede Mandela moet saam na die partytjie. Kon iemand hulle tog nie reg help.

Elizabeth ·

Sy gaan RAAKGESIEN word in daardie rok en dit tel nogal – daar is ‘n hele gros mooi dames wat deelneem en as sy raakgesien word deur haar kleurvolle rok, dan is dit reg. Hou egter NIE van die Madiba gesig – dit hoort op ‘n t-hemp…net my opninie

EMK ·

Weet ene Mnr Rademan hoe lyk smokwerk? Beslis nie soos hierdie rok nie. En waarmee sou hy vorendag kom – wys ons…

Deon ·

Pragtig. Ons met netwerk nie net in Suid-Afrika nie maar wereldwyd. Ek sien die nuwe webblad met Afrikaner kontakte internasionaal. Dit kan ‘n goeie sake network word. Afrikanersake.com

Anita ·

O liewe land!

Die eerste rok pragtig en elegant maar die 2de een sal werk vir ‘n show by Gold Reef City.

Ina ·

Aggggeeee NEE regtig, Mandela in n las lappie kombers????? Ag nee komaan, julle kon beter doen as dit… arme Rolene… watse flippen skande laat so n mooi meisie moet lyk of sy in haar ouma grootjie se laslappie kombers toe gedraai word saam Madela… eeeeuuuuuwwwwww

annatjie ·

Sjoe! Wat ‘n aaklige bontspul,, die gedoente op die kop is net so lelik. Die aandrok lyk klassiek en stylvol. Sterkte vir Rolene! Hoop sy kom met die titel terug.

marie Jacobs ·

Ek dink die fout by die bont-rok is die vreeslike hooftooisel/hoed. Wanneer gaan ons eendag ophou om op die “Mandela-trein” te ry? Die aandrok baie mooi en klasiek. Voorspoed Rolene.

Englene ·

Casper Bosman se wit rok is ‘n droom en geskik vir ‘n Mej Wereld!

Die studente se gedoente, van die kopstuk, T-hemp, romp en val doen afbreuk aan haar skoonheid
en kan moontlik haar kanse op sukses knou.

Asseblief, skep vir haar n nuwe, nie-politiese rok wat eer aan Suid-Afrika van gister tot vandag sal
gee. Nog meer wat Rolene se skoonheid sal uitlig.

NS: Verskaf asseblief ‘n foto van die studente – so ook besonderhede van hulle ondervinding en skeppings. Baie dankie.

Englene ·

Casper Bosman se wit rok is ‘n droom en geskik vir ‘n Mej Wereld!

Die studente se gedoente, van die kopstuk, T-hemp, romp en val doen afbreuk aan haar skoonheid
en kan moontlik haar kanse op sukses knou.

Asseblief, skep vir haar n nuwe, nie-politiese rok wat eer aan Suid-Afrika van gister tot vandag sal
gee. Nog meer wat Rolene se skoonheid sal uitlig.

NS: Verskaf asseblief ‘n foto van die studente – so ook besonderhede van hulle ondervinding en skeppings. Baie dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.