Rolene Strauss, Mej. Suid Afrika, gaan die land binnekort by die Mej. Wêreld-kompetisie verteenwoordig en sy het op sosiale media verklap watter rokke sy gaan dra.
Die helderkleurige rok wat sy as haar nasionale drag gaan dra, is ontwerp deur studente van Cape Town College of Fashion Design (CTCFD).
Casper Bosman van Bloemfontein het die effekleurige rok ontwerp wat Rolene as aandrok sal dra.
Daar is egter gemengde gevoelens oor die helderkleurige rok. Bekende onwerper Simon Rademan het dit as ‘n “gesmokte tafeldoek” beskryf.
- Rolene in die aandrok deur Casper Bosman van Bloemfontein Foto: Rolene Strauss, Facebook
- Rolene in die rok wat sy as nasionale drag gaan dra Foto: Rolene Strauss, Facebook
- Foto’s: Cape Town College of Fashion Design (CTCFD), Facebook
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Ja nee, ek stem saam met Simon Rademan.
Dit skree ten hemele – aaklig.
Die gedoente met boonop die ou terroris se gesig as sentrale tema versies net die mooi meisie.
Pagtige vrou! Skaam my dood vir die vieslike rok wat SA moet verteenwoordig! Hoekom Mandela se gesig?
Ander lande is trots op hulle land en van waar af hulle kom, vir my is dit n goeie voorstelling van Suid Afrika. Dis tyd dat ons dinge van ons land omhels en hande vat en saam n pad stap. Ander lande het nie eers n druppel van die goeie goed in Suid Afrika nie, en hulle noem hulle die “lucky country”. Suid Afrika het baie geweld, en dis al, verder kan ons trots wees op ons land. Sy moet haar kop hoog hou en daai rokke met trots dra, ons staan nie n tree terug vir enige land nie.… Lees meer »