ʼn Nuwe Mej. Wêreld word Sondag by die ExCel-konvensiesentrum in Londen, Engeland, gekroon. Ons eie Mej. Suid-Afrika, Rolene Strauss, is een van die gunstelinge om met die kroon weg te stap.
Altesaam 120 vroue van dwarsoor die wêreld neem aan dié kompetisie deel en die verrigtinge kom Sondag, ná drie weke, tot ʼn einde.
Ander gunstelinge is Mej. Australië Courtney Thorpe, Mej. Engeland Carina Tyrrell, Mej. Indië Koyal Rana en Mej. Rusland Anastasia Kostenko.
Verlede jaar se wenner, Megan Young van die Filippyne, sal mede-aanbieder van die kompetisie wees saam met die Walliese akteur en aanbieder van Access Hollywood Tim Vincent, en Frankie Cena van Kanada, Mnr. Wêreld 2013.
Skakel om 16:00 in op SABC 3 om regstreeks die verrigtinge te volg en ons eie Rolene Strauss te ondersteun. ʼn Opsomming van gebeure sal ook regstreeks op Twitter beskikbaar wees by @Official_MissSA.
Rolene het gister ‘n kort boodskap op Facebook gelaai:
sterkte. Bring vir ons die kroon
Baie sterkte ons hou ons duime vas. Bring die kroon huis toe.
Sterkte vir Rolene. Die uitsending is toe nie op Sabc 3 nie.