Melindé (13) se pa: ‘Sy het ʼn vol lewe gehad’

Melindé Odendaal.

Die pa van die 13-jarige Melindé Odendaal vind troos in die wete dat sy dogter ʼn vol lewe gehad het.

“Ek het langs haar gaan sak en haar in my arms vasgehou.” Dit was Bertus Odendaal (44) se laaste oomblikke saam met sy dogter nadat sy Vrydag tydens ʼn landloopbyeenkoms in Bloemfontein inmekaargesak het en oorlede is.

Melindé het die oggend eers aan die ITEC Pietie Coetzee-hokkietoernooi by die Hoër Meisieskool Oranje deelgeneem voor sy aan die laaste ligawedloop van die landloopseisoen gaan deelneem het.

Sy was in die pylvak toe sy inmekaargesak het. “Ek was so 30 tot 40 tree van haar af. Toe ek by haar gekom het, het sy nie asemgehaal nie.” Volgens Odendaal was ʼn paramedikus op sy hakke en is daar dadelik begin spook om haar by te bring.

Melindé was sowat 100 m van die eindstreep toe sy inmekaargesak het. Sy het nooit haar bewussyn herwin nie en is sowat ʼn uur later by die Netcare Universitas-hospitaal dood verklaar.

Odendaal het gesê bewerings dat sy dogter ʼn asma-aanval gekry het of siek was, is onwaar. ʼn Nadoodse ondersoek is gedoen en die gesin behoort vroeg volgende week te weet waaraan hul geliefde sportmal dogter oorlede is.

ʼn Gedenkdiens is Woensdag by die Eunice Primary School in Bloemfontein vir Melindé gehou.

“Sy was glad nie siek of iets nie en baie opgewonde oor die dag.” Volgens Odendaal oefen sy dogter al drie jaar lank ses dae per week vir die landloop. Haar afrigter, JP Botha, was volgens Odendaal lief vir haar soos sy eie kind. “Sy het ongelooflik baie ingesit.”

Melindé het afgesien van hokkie en landloop ook netbal gespeel. “Akademies was sy ook fantasties en top in haar graad gewees.”

Odendaal het gesê die dood van sy kind is iets wat ʼn mens nie eens jou grootste vyand toewens nie. Hy vind troos in die wete dat sy dogter voluit gelewe en ʼn positiewe invloed op ander gehad het.

Melindé se broer, Christiaan (16), sukkel om sy suster se dood te verwerk. “Die twee was onafskeidbaar. Hy vat dit baie hard.” Christiaan is ʼn gr. 11-leerder aan Grey-kollege.

Volgens Odendaal was sy dogter altyd besig gewees. Op haar pa se plot het sy gereeld kwadfiets gery of saam met haar broer met die windbuks gaan skiet. Pa en dogter het ook lekker oor die lewe gesels en hy het al haar vrae geantwoord. Saam met haar ma, Liesel Odendaal (43), het sy huiswerk en ma-en-dogter-dinge gedoen.

“Sy wou graag ʼn ruimtevaarder word, so sy het my daaroor uitgevra.” Melindé het volgens Odendaal nooit ʼn oefening misgeloop tensy sy siek was nie. “Ek sou vir haar sê om ʼn blaaskans te vat, maar sy sou sê ‘nee, pappa, ek werk hard sodat ek SA’s toe kan gaan’. Sy was vasbeslote en vasberade en ʼn bondeltjie lewe gewees.”

Vir Odendaal is die positiewe rol van sy dogter in ander mense se lewe ʼn riem onder die hart. “Sy het kinders en onderwysers se lewe aangeraak. Sy is onder meer beskryf as iemand met ʼn hart van goud en ʼn legende. Dit was daardie breë glimlag van haar en sy was altyd vriendelik.”

Odendaal het gesê die ondersteuning wat hy, Liesel en Christiaan vanuit die gemeenskap, skole en oor die hele land ontvang, is ongekend. “Dit is net amazing – ek het nog nooit in my lewe so iets beleef nie. Ons kry boodskappe en oproepe van mense wat ons nie ken nie wat hul meegevoel wil betuig. Van hierdie mense het ook hul kinders op ʼn jong ouderdom aan die dood afgestaan.”

Melindé word Maandag vanuit die Baptistekerk in Langenhovenpark begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

blouapie ·

Jesus het sy Blommetjie kom pluk. Sterkte aan geliefdes.

Charl ·

Daai is die slegste ding om te hoor vir n ouer wat n kind verloor, glo my.

madels ·

Dis verskriklik om so iets te sê. Jesus kom VAT nie net mense nie. Ons lewe in n wêreld waar dinge gebeur wat nie altyd verklaarbaar is nie. Asb moet nooit vir iemand wat n geliefde verloor het, ooit so iets sê nie

Valerie ·

Charl, jy is reg, en dis boonop nie eers die waarheid nie. Sterkte aan die familie.

Pieter Botha ·

Die Skepper sê self dat n mossie nie sal sterf as dit nie Sy wil is nie…lees maar julle teks.

hercu ·

kan jy asb so gaaf wees en vir my ‘n teksvers stuur waar Jesus sy blom kom haal – dit is onbybels!!

CW ·

Ek stem saam met Madels. Ñ mens sê nooit die Here het hom of haar nodig gehad nie. Nooit!! Sy het haar lewe gelewe en haar doel op aarde bereik. Sterkte vir di familie.

Maria ·

Ek baklei nie ..verduidelik net maak nie saak wat nie. Ek was atleet 100m net soos Melinda as landloop Die atleet oefen regdeur die jaar bv 6dae in week en self in vakasnie dae en in winter seisoen geen rus. Dan doen ek ook tuseen in sagtebal seisoen en netbal seisoen ook,ons baie fiks om te kan handteer en geniet dit vreeslik want ons is in bore vir sport :)

Zettie ·

So hartseer…….. ‘n ouer is nie veronderstel om ‘n kind te begrawe nie……..baie sterkte julle almal. Ons bid vir julle. R I V Melindé. Jy was ‘n pragtige kind.

Kobus ·

Asseblief… Familie is in rou en julle argumenteer . Hey julle mense geen hart en geen meegevoel nie. Toon ten minste respek teenoor die familie jy liewe magtag man!

Maria ·

Ek verstaan vir Melinda Ek is ook so om hard te werk sport in gebore en self as jy siek is harde werk om weer in te haal. As jy lief vir sport is kan niemand jou keer nie. Dink aan julle familie en dit was haar tyd Vergewe my op so manier sal ek ook so wil sterf.

Sophia ·

Groot skok vir my! Self n landloopdogter en sy werk ook vir SA’s. Rus in vrede meiskind. Sterkte aan die ouers en familie, vriende en skool ook aan ASA. Ek treur saam met julle ons het n landloop atleet verloor.

Blackie ·

Dis ongelooflik hartseer. Ek is so jammer vir julle verlies.

Deloris ·

Liefste famlie en vriende, al wat ons kan se… Ons innige innige simpatie, ek vra Jesus om julle op te tel en te dra in hierdie verskriklik hartseer tyd. Sy was een van Jesus se rose vir Sy tuin.

Wie weet ·

Sterkte voorentoe God se seen en genade bid ons toe vir julle

Abe ·

Wie weet, gert dyers, Anna Wessels,
Pragtige sinvolle groete. Ek kan maar net saam met julle se sterkte, genade en vertroosting vir die familie.

gert dyers ·

my innige simpatie aan die bedroefde familie. mag die Heer julle onderskrag in die moeilike tyd. mag haar liefdevolle siel in vrede rus.

Jax ·

baie sterkte aan die gesin, pappa sy hardloop nou daar bo op en af om boodskappe vir Jesus af te laai.

mag Hy julle seer beter maak

RIV pragtig

Pray ·

Ek sit met ‘n knop in my keël en trane in my oë…..RIV kind en mag Jesus die familie vertroosting gee…

Jessica ·

Dis so hartseer, mag die liewe Here julle bystaan in die vreeslike swaar tyd, my heart is bitter seer vir julle, mag sy sag RUS, daar is glad nie woorde wat nou kan troos nie, julle gaan haar so mis, met trane in my oe weet ek hoe dit voel. Sterkte aan die boetie, ma en pappa.

Brian ·

Maria,ek was ook sportmal,maar om vir 6 dae te oefen en nie rus vra vir probleme,want daar is ‘n woord soos ooreising en ek glo dit was soos in haar geval.Dit is ‘n jammerte,maar ek le dit ook voor die deur van die ouers.

Oujongvrou ·

Brian, dis n baie harde ding wat jy nou vir daai ouers sê. Ek bid dit kom jou nooit oor nie, dat iemand jou blameer vir n geliefde se dood. Sies vir jou. Aan die familie van die mooie dogter. Weet dat God al van sy in haar moeder se skoot gegroei het, geweet het wanneer is haar tyd. Mag die Vader julle nou vertroos.

Weet waar van jy praat ·

Brian, ek ken die liefste kind, ek ken die liefdevolle ouers van die kind. Jy het geen reg om hierdie aantuiging te maak nie. Hierdie ouers sal op geen oomblik druk op haar gesit het nie. Hulle is gebalanseerd en het niemand enihe iets maak doen nie. Hierdie is ook nie die enigste atleet in die land wat haar self 6 dae ń week laat oefen nie. Jou kommentaar is heeltemal ongevraagd en ongegrond.

Liefste Melinde ·

Liefste Melinde. Jy was altyd die een met die mooiste glimlag op en langs die baan. Ek het altyd uitgesien na waneer jy hardloop, dit was so lekker om jou in aksie te sien, n gebore atleet wat hard gewerk het vir jou doelwitte. Altyd positief, altyd vriendelik. Hoewel ons treur en hartseer is oor die ongelooflike leemte wat jy los weet ons dat jy sekerlik een van die grootste engele in ons hemelryk gaan wees. Rus sag en rustig. Ons is steed baie lief vir jou,

zeno ·

So jonk en aktief. Sterkte aan gesin en familie. Dis iets in die lewe wat ek nie verstaan nie.

Mariaan ·

Tragies hartseer…so jammer…haar lewe was dalk vol..maar sy het nog nie n vol lewe gehad nie…breek mens se hart

Connie ·

Jesus kom pluk nie blommetjies nie. Moenie so ‘*n simpel ding se nie. Hy het hope blomme in Sy henel. Sy is dood van iets wat skeef geloop het in haar liggaam dalk ooreising.

Kerr ·

Ongelukkig as jy n swak Hart of n diffek het is baie oefening nadelig vir jou.en baie Keer weet niemand dit..hul tel dit net nie op tot dit te laat is..

hercu ·

geen menslike simpatiseer kan ‘n traan keer, geen mense twee hande uitreik kan jou leer hoe om te beweeg van lewe na dood en nie verstaan why, hoekom, waarom? ~ slegs Abba Vader kan julle troos en met geroeste-spyker-deurboorde-hande-voete sal Jesus julle dra ~ die Heilige Gees vou julle toe in ‘n vredes kokon van sagte liefde en vee die trane van rou ~ baie sterkte, shalom

Isabel.. ·

My hart ween saam julle! Mag God jul vertroosting bring..n ouer wat weet..

Johnny ·

Sterkte aan die famielie ek weet hoe hulle voel ons gaan self deer dit ek het my seun 26 April 2019 afgestaan hy was 23 en elke dag raak dit moeiliker daar is geen woorde wat dit beter kan maak nie al wat ek kan se vir hulle is jammer en sterkte

izak van zyl ·

Ek dink ooreising het haar hartspiere aangetas. Ons kyk wat is die oorsaak. RIV meisiekind. Sterkte aan die familie. Ons gebede dat u troos sal vind vergesel u

Andrew ·

Thinking of the famalie in this difficult time. Melinde sounds very like my daughter who we also lost a couple of years ago. Trust in God to get you through this testing yome.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.