Melkman vermoor ná aflewering

(Argieffoto)

ʼn Melkman van Postmasburg in die Noord-Kaap is vandeesweek oorlede toe hy aangeval is op pad terug van ʼn aflewering.

Andries de Klerk het na bewering Dinsdag deur Marantheng gery toe drie onbekende mans hom onverwags aangeval het. Hy het ernstige beserings tydens die voorval opgedoen en is na die Postmasburg-hospitaal geneem vir behandeling.

Luidens berigte is hy met klippe bestook, maar die polisie kon dit nog nie bevestig nie.

Volgens AO Nomvuyo Makoloi van die Postmasburg-polisiestasie het die 57-jarige De Klerk in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

“ʼn Saak van moord word deur die polisie ondersoek en die verdagtes sal moontlik binnekort in hegtenis geneem word.”

Die motief vir die moord is ook nog nie bekend nie.

“ʼn Nadoodse ondersoek sal binnekort gedoen word wat die oorsaak van De Klerk se dood sal bevestig,” het Makoloi gesê.

Die polisie het ʼn beroep op mense gedoen om enige inligting in verband met dié saak by kapt. Anna de Bruin, hoofspeurder in die saak, by 078 602 7454 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anoniem ·

Mens maar dit is erg as jy aangeval/vermoor word terwyl jy jou werk verrig.
Ja daar in nog Melkmanne, en hul is gewoonlik die wonderlikste mense met ‘n eerbare beroep!

Hardekwas ·

Die motief vir our people is maar altyd dieselfde. Haat en gierigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.