Melkrivier-plaasaanval: ‘Dis ʼn wonderwerk dat hy lewe’

Berdus Henrico en Estelle Nieuwenhuys. Foto: Via Facebook

Een van die drie koeëls wat Berdus Henrico (39) Dinsdag tydens ʼn plaasaanval in Limpopo getref het, het die hoofslagaar in sy nek skrams gemis. Dié koeël het hom onder sy kaak getref en is agter by sy nek uit.

Die ander twee koeëls het in sy skouer vasgesit. Een koeël is eers Donderdagmiddag verwyder en Henrico gaan tot Maandag moet wag sodat toetse gedoen kan word om vas te stel wanneer die oorblywende koeël verwyder kan word.

Chrisna Henrico-Van der Merwe, Henrico se suster, het Vrydag aan Maroela Media gesê haar broer is intussen uit die hospitaal ontslaan en is op sterk pynmedikasie en antibiotika.

“Dinge het uiteindelik begin beter gaan nadat ʼn private dokter in Bela-Bela onderneem het om hom te behandel, want hy was sedert die aanval in staatshospitale en het skanderings ondergaan, maar is nie geopereer om die koeëls te verwyder nie. Sy wonde is ook nie behoorlik skoongemaak nie,” het Van der Merwe gesê.

“Die private dokter het gereël dat Berdus uit die hospitaal ontslaan word en het ook vervoer van die hospitaal na sy praktyk gereël. Die een koeël het vlak in sy skouer gesit en die dokter kon dit sommer in sy praktyk uithaal. Sy wonde is ook daar vir die eerste keer behoorlik skoongemaak. Die dokter het my broer ontslaan sodat hy by die huis kan aansterk en nie meer frustrasie in ʼn hospitaal deurmaak nie. Ons verkies dit so, want nou kan hy en sy verloofde saam wees en deur die trauma werk, waar toe hy in die hospitaal was, hulle mekaar nie die heeltyd kon sien nie.”

Henrico en sy verloofde, Estelle Nieuwenhuys, bly tans by familie in Bela-Bela. Hy moet Maandag ʼn ortopeed gaan sien, waarna verdere mediese behandeling bepaal sal word.

Maroela Media het vroeër berig die verloofde paartjie is Dinsdagaand omstreeks 21:00 deur drie gewapende verdagtes op ʼn plaas buite Vaalwater aangeval. Hulle was alleen in die huis op ʼn plaas in die Melkrivier-omgewing waar Henrico die plaas vir iemand bestuur.

Dit is nie duidelik hoe lank die aanvallers in die huis was nie. Henrico en Nieuwenhuys het in ʼn stadium in ʼn stoeiery met die verdagtes betrokke geraak, waartydens Henrico drie keer geskiet en aangerand is. Die aanvallers het ook op Nieuwenhuys geskiet en haar skrams getref.

Die aanvallers het met elektriese ware en ʼn geweer op die vlug geslaan.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die Dorset-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en poging tot moord. Die ondersoek duur voort.

Van der Merwe het intussen ʼn trust gestig om haar broer met mediese onkostes te help, aangesien hy nie ʼn mediese fonds het nie. Mense wat ʼn bydrae wil maak, kan vir haar ʼn e-pos stuur by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Lollie ·

Sterkte aan die paartjie! DUISENDE dankies aan die dokter (onbekend). Wens daar was meer dokters soos u wat dit nog doen uit die liefde van die saak en nie net vir geld nie! Doen so voort! Dit gaan nie ongesiens verby nie

LB S ·

Voorwaar ‘n dokter wat die naam Dokter werd is! Baie dankie, Dokter!

Willie ·

Dankie aan die Dr.. Hoe swak is die hospitale nie… Mens moet eindelik die minister van Polisie kan dagvaar vir die volkmoord!

Drieks ·

Hierdie is EEF se werk met die toestemming van ANC.
Tatta Huisgenoot en RSG radio ook,

Eish ·

Mag die Hemelse Vader my vergewe dat my eerste reaksie gebrek aan naasteliefde is.

Piet ·

Plaas bestuurder sonder mediese voordele ? Is boerdery oor die algemeen nie ook n gevaarlike werk nie ?

jennefer ·

Ek het insae gehad by skool leerlinge wat mediese inligting moes aanteken vir sport. Meer as 80% het nie n mediese fonds. NIE ALLE BOERE IS SKATRYK NIE.

Pop ·

Plaasbestuurders moet gevaartoelae betaal word. Want dis die gevaarlikste plek om te werk.

Gesiggie ·

Om na die foto’s te kyk… laat my besef… God is in beheer.. daar was n Engel wat jou bekerm het… ek kan net dink die pyn wat jy moet deurmaak…. so Dankbaar dat jou lewe gespaar is… En aan die barmhartigge Dr… Well Done , dat jy nog omgee vir jou medemens.. Sterkte aan jou Berdus, mag jy gou herstel en als goed gaan… en mag die wat dit aan jou gedoen het gevang word… en gestraf word..

bgj van der westhuizen ·

en die aan vallers sal dalk nooit gevang word nie

Dankie ·

Dankie aan die dokter met die goeie hart. Warmbad se hospitaal is n doodskuil. Ek hoor ook noundat die oumatjie van die ooskaap lewend gevind is.

David ·

Die meeste boerderye gebruik sogenaamde bestuurders gewoon as goedkoop slawe wat alles moet doen waarvoor die eienaar self nie kans sien nie. Dienooreenkomstig dan ook peanuts betaal.

Was al self in so ‘n situasie.

STERKTE ·

DANKIE FANTASTIESE DOKTER. Kyk hoe lyk hierdie ARME man, maar dan word daar ‘n ophef gemaak van ‘n BLF vrou wat willens en wetens haarself gaan blootstel het hom geskop te raak deur die ANC verteenwoordiger in die straat. Hierdie arme mense, plaasbestuurders en boere is ONSKULDIG en word wreed aangeval en vermink deur aanvallers en NIEMAND rep ‘n woord nie. Selfs blankes dink dit is oordrewe en selfs hulle dink die ‘supreme race’ is niks spesiaals nie. TEL die hoeveelheid aanvalle per dag op BLANKES en gaan kyk WIE die moorde en aanvalle pleeg ook asb. Moenie vir my se dit gaan op die Cape Flats erger nie, DALK, maar WIE is die aanvallers in BEIDE gevalle?

Liezl ·

Piet, mens moet altyd Mediese fonds hê! Dit maak my baie vies as mense so onverantwoordelik is. Ja, ek het baie min verdien, toe ek begin het met my mediese fonds. Maar ek moes maar oë toeknyp en ek is dankbaar ek het dit vandag.

jannie ·

Die Boer is n taai derduiwel…kyk net ook hoe swak is daai steke toegewerk!!

Alida ·

Dit maak mens woedend dat 144 mense in die staat se sorg van honger sterf dan kom lang vergete familie en eis miljoene. Ons mag nie eis vir ons mense se dood wat deur kriminele wat 10/1 op borg was hierdie gruweldade pleeg nie.

Ekke ·

En as jy broodgeld moet vat vir ‘n Mediese Fonds.
Party persone KAN NIE ‘n mediese fonds bekostig nie…

kosie ·

Skreiend. Ek wonder watter rol speel opstokety en “vereistes” by aanvallers vir groepstatus. Dit lyk ook of die polisie en hospitale nie hul wer behoorlik kan of wil doen nie.

treurgrond ·

Jis, ‘n mens kan skreeu van frustrasie. Wanneer wanneer word daar iets gedoen? Kyk hoe lyk Berdus. Nee man. Uit my hart ook baie dankie aan die Dokter.

Norm ·

Ek kan nie onthou wanneer laas daar ‘n week verby gegaan het sonder nuus oor plaasaanvalle nie. Ek is dankbaar elke keer wat ek sien die plaasmense het die aanval oorleef of wanneer die aanvallers gevang of beseer is tydens die roof. Die rowers is omtrent altyd in groepe van 5 of 6 en is die lafhartigste klomp skuim wat op hierde aarde bestaan.

Katvis ·

Sal graag wil weet of die boer gaan help bydrae aan sy werknemer se koste

Deon Meyer ·

Rapporteer die beserings as “besering aan diens” en laat die Vergoedingskommisaris die koste van die mediese behandeling betaal.Dit is immers ‘n besering aan diens en behoort gedek te word.

PJC ·

Hierdie dokter is werlik ń dokter en verdien ń klop op die skouer.

LB S ·

Kan die eienaar van die plaas nie die man finansieel bystaan om sy mediese kostes te dek nie?

Adam ·

Drieks jy is reg.Eff se werk met komplimente van die anc en ook die da
Die da het nog nooit teen plaasmoorde baklei nie en hulle sal ook nie
Ons is op ons eie
Siener het so geskryf .

pikkie ·

miskien moet die boere ophou kos gee en almal honger ly dan sal hulle besef hoe belangrik die boere vir ons is

Johan. H. ·

Jy mag die sonde en die aderlike shuim haat,, as jy dit nie doen nie is jy nie menslik nie,,,,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.