Melkrivier-plaasaanval: Staatshospitale verkla

Berdus Henrico en Estelle Nieuwenhuys. Foto: Via Facebook

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Vrydag twee staatshospitale by dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, verkla weens die beweerde onprofessionele en nalatige hantering van Berdus Henrico (39) wat Dinsdagaand ternouernood aan die dood ontkom het tydens ʼn plaasaanval in Limpopo.

Henrico en sy verloofde, Estelle Nieuwenhuys, is Dinsdag omstreeks 21:00 deur drie gewapende verdagtes op ʼn plaas buite Vaalwater aangeval. Hulle was alleen in die huis op die plaas in die Melkrivier-omgewing waar Henrico die plaas vir iemand bestuur.

Henrico is drie keer geskiet. Een van die koeëls wat hom getref het, het die hoofslagaar in sy nek skrams gemis. Dié koeël het hom onder sy kaak getref en is agter by sy nek uit.

Die ander twee koeëls het in sy skouer vasgesit. Een koeël is eers Donderdagmiddag verwyder en Henrico gaan tot Maandag moet wag sodat toetse gedoen kan word om vas te stel wanneer die oorblywende koeël verwyder kan word.

Die aanvallers het ook op Nieuwenhuys geskiet en haar skrams getref. Die aanvallers het met elektriese ware en ʼn geweer op die vlug geslaan.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het Vrydag gesê Henrico is Dinsdagaand by die eerste staatshospitaal in Modimolle (Nylstroom) opgeneem, waar hy aanvanklik na wense behandel is.

“Woensdag is hy na ʼn staatshospitaal in Polokwane oorgeplaas waar hy ure lank in die wagkamer by ongevalle moes wag. Nadat skanderings gedoen is, het hy nie meer ʼn bed gehad nie en moes hy in die hospitaal staan en wag vir verdere behandeling. Hy het ook geen pynmedikasie ontvang nie,” het Roets gesê.

Henrico is daarna oorgeplaas terug na die hospitaal in Modimolle, waar hy lank in ongevalle gelê het.

“Henrico het gesmeek vir pynmedikasie, maar moes baie lank wag voordat enige medikasie toegedien is. Hy het die personeel ingelig dat die medikasie nie werk nie, maar hulle was nie bereid om hom verder te help nie. Daardie aand het hy gesmeek om ontslaan te word omdat hy te veel pyn gehad het, waarvoor hy nie behandeling ontvang het nie. Henrico moes ook drie keer deur die nag vir die hospitaalpersoneel, wat besig was om sokker te luister, vra om die radio sagter te stel omdat dit hom daarvan weerhou het om te slaap. Intussen is die koeëls nie uit sy liggaam verwyder nie.”

Volgens Roets was die personeel en sekuriteitswagte by albei hospitale ongeskik met hom en sy verloofde, ondanks die feit dat hulle erg getraumatiseerd was ná die plaasaanval.

Henrico is uiteindelik Donderdag na ʼn private instelling in Bela-Bela (Warmbad) geneem, waar hy deur ʼn dokter behandel en een van die koeëls verwyder is.

“Dít kom op ʼn growwe skending van Henrico se menseregte neer en ons eis dat die minister van gesondheid persoonlik ingryp.”

In ʼn skrywe aan dr. Motsoaledi het AfriForum die volgende geëis:

  • Dat ʼn formele ondersoek na die optrede van die personeel by hierdie hospitale van stapel gestuur en dissiplinêre stappe gedoen word, indien nodig;
  • Dat ʼn formele verskoning aan Henrico en sy geliefdes uitgereik word;
  • Dat Suid-Afrikaanse boere verseker word dat hulle nie aan diskriminasie onderworpe is by die departement van gesondheid nie;
  • Dat ʼn dringende vergadering tussen die minister en AfriForum belê word om die kwessie van plaasaanvalle te bespreek, asook die departement se reaksie op dié krisis.

Henrico is intussen uit die private instelling ontslaan. Hy en Nieuwenhuys bly tans by familie in Bela-Bela. Hy moet Maandag ʼn ortopeed gaan spreek, waarna verdere mediese behandeling bepaal sal word om die tweede koeël te verwyder.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die Dorset-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en poging tot moord. Die ondersoek duur voort.

Chrisna Henrico-Van der Merwe, Henrico se suster, het intussen ʼn bankrekening oopgemaak om haar broer met die mediese onkoste te help, aangesien hy nie ʼn mediese fonds het nie. Mense wat ʼn bydrae wil maak, kan vir haar ʼn e-pos stuur na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Lenor ·

Ek kan simpatiseer in hierdie geval. Ek was ook in n staatshospitaal met my kind se geboorte en het amper my lewe verloor as gevolg van die suster se nalatigheid. Ek het eklampsie gehaf en as gevolg daarvan n trombose gehad -die sig in my een oog heeltemal verloor – dit nadat ek twee van die susters verskeie kere gewaarsku het dat ek kan voel daar is fout met my oog. Hulle het my geignoreer en omtrent halfuur na my kind se geboorte het ek die trombose gehad. Hulle kon nie minder gepla gewees het nie, inteendeep die volgende dag was hulle so ongeskik en ongeduldig – absoluut geen trots in hulle werk en hulle voel niks vir hulle pasiente nie. En vandag, vandag het ek ernstige probleme met my sig en dit sal nooit weer regkom nie. Ek is seker ek is ook nie die enigste een wat al so nalatig behandel is nie. Ander is dalk nie so gelukkig om te oorleef nie!

Jenny ·

Vreeslik jammer om van jou aaklige ondervinding te hoor. Soveel dinge gebeur en mense gaan dood maar alles word net onder die mat ingevee. My mammie het 2 broers aan die dood afgestaan deur hospitaal se nalatigheid. Hulle is opgeneem vir iets en dood aan iets heeltemal anders. Dit maak ‘n mens so kwaad!! Sterkte

Danie Swart ·

Die staat is te slapgat en beskerm die krimineele, so die staat moet dan mos betaal vir mediese en begrafnis onkostes in aan valle. ons betaal baie geld om ons te beskerm en die sulke korupte gemors en die in tronke en almal word beskerm en ky verniet mediese hulp, so hoekom dan nou ook nie hulle wat aan geval word en dood gemaak word nie.

Keelvol ·

Tipiese diens by staatshospitale..meeste wat da werk is altyd ongeskik en worry glad nie oor enige mens al ht j wat n suster is n beleid afgele om mense in nood te help…weet nie hoekom j ju in n rigting in vat as j nie dt wil dun en mense mt n suurgesig wil help as j ooit lus voel om dt te duni…sit kameras in staatshospitale j sal skrik viri nare waarheid…sit die minister onder mombakies en stuur dai persoon da in…dis al hu hul sal sien hu mense alerdaags behandel word…

jennefer ·

Verlede maand was daar nie eens naalde om steke in te sit nie

Gemaskerde Sopbeen ·

Hahaha…Hond!! My magsnommer was 78430667….mediese ordonnans 5SAI Ladysmith…en ek sou beter steke kon insit as daai op die foto!!

HPV ·

Gemaskerde Sopbeen, ek glo jou, en in die geval sal dit nie eers baie moeilik wees om beter te doen as daardie nie!

GM ·

Waar is die mense nou wat belastinggeld uitdeel vir die psigiatriese pasiënte se families? Dié twee mense is meer getraumatiseerd as die ‘familielede’ wat geld gaan ontvang, maar nooit eers hul familielede besoek het nie.

Siek en sat ·

Presies wat ek ALWEER se: Begin eise instel teen die regering. Eis vir begrafnisse, trauma, verlies aan inkomste, ens ens. Dis al wat die Regering sal laat optree as die geld wat na HULLE sakke toe moet gaan na ander se sakke toe gaan.

Yster ·

Beslis nie n Dokter wat so steke insit nie. Sterkte my ou maat. So van swak diens het ek nog nie van gehoor nie. Maar nou ja. Ons kan dit seker maar verwag het. Ons weet mos maar alles gaan net een rigting …….AF

Charlene ·

Hierdie F H Odendaal hospitaal op modimolle is al jare wat dit net klagtes is oor behandeling van pasiente en niks word daar omtrent gedoen nie. Een groot rasistiese hospitaal. Jy sal vir die dood gelaat word.

Jaq ·

Baie sleg.
Sokker luister??? Wat n grap.
Ek hoop die boer op wie se plaas hy ‘n bestuurder is sal darm ook bydra tot die fonds…

Sterkte en hoop die skuim word gevang.

John ·

Was dit andersom was dit weer rassisme. Hierdie keer moet alle betrokke mense aangekla word.

Daan ·

Dit is waarvoor ons belasting betaal in hierdie vieslike piesang land waarin ons bly danksy fw en sy bende.

FM ·

Sorry om te sê: die rede is : hy is blank. Maroela julle sal dit nie plaas nie, want ek praat die waarheid. Punt.

Bert ·

Jys dood reg oor die want jys blank ons boere en witmense word soos brakke behandel en is nou keelvol ons moet saamstaan en ingruip

Gerrit ·

As Afriforum iets goed wil doen bou vir ons skoon hospitale waar bevoegde mense en dokters in beheer is en lui ongeskikte personeel nie toegelaat word nie .

Jenny ·

Lui, ongeskikte personeel wat net daar is om ‘n salaris te verdien. Hulle sit, eet en kyk tv terwyl mense om hulle doodgaan. Dis ‘n skande!!! Daar sal iets gedoen moet word aan die hospitale.

Yankee ·

Verstaan nou waarom so vele mense IN die hospitale beswyk na n aanval of ongeluk!!! Sies.

Jenny ·

Én mense met terminale kanker wat smeek vir bietjie water of iets vir die pyn. Die chemoterapie masjien is al van verlede jaar November af stukkend. Die pasiënte lê daar en word nie gehelp nie

Helena Freislich ·

My suster se seun kon die begin van verlede jaar vir 5 maande nie werk nie. Hy is vir Aids getoets 3 keer terwyl hy ‘n niersteen gehad het, sy leer is weggegooi, hy moes ure vir die dokter wag voordat hulle hom eers net ondersoek het hy was in erge pyn nadat hy opgeneem is het hy vir 5 dae in die hospitaal hele sonder kos of water. Elke keer as hy vir kos / water vra dan se hulle nee hy kan nie water of kos kry nie want hy gaan teater toe. Nooit gegaan nie.
‘N (sogenaamde dokter) het PROBEER om bloed te trek of om hom een of ander inspuiting te gee (kan nie onthou wat presies nie) sy het die naald teen die been in sy arm gesteek so hard en met geweld dat die naald gebuig het, toe hy dit vir haar se was haar reaksie ewe ongeskik wie dink hy is hy sy is die Dr nie hy nie. Al die tyd kon hy nie werk nie en het dus geen salaris ontvang nie, sy siekverlof, verlof is alles opgebruik en hy het nog siekverlof “geleen”. Hy werk om al die ekstra verlof in the haal 7 dae per week die hele week sonder aftyd. Hy mag/ kan nie met verlof gaan tot Januarie 2020 nie. (Dit is nou volgens hulle) of dit wetlik korrek is, is ‘n ope vraag.
Welcome to the NEW? South Africa, waar die diens voortreflik is :(

HPV ·

Gemaskerde Sopbeen, ek glo jou, en in die geval sal dit nie eers baie moeilik wees om beter te doen as daardie nie!

Ria ·

My dogter het in Desember n noodkeiser in Mokopane hospitaal gehad. Die diens was uitstekend. Skoon en netjies in die kraamsaal. Personeel en Dr’s was almal vriendelik en behulpsaam. As ons moes kla sou dit met n wit brood onder die arm wees. Ek kan net baie dankie sê vir goeie diens.

Sue ·

Voortrekker Hospitaal daar is ook vir my kinders baie goed gewees. Bly maar net weg van Polokwane Provinsiaal.

pieter ·

Net n gedagte kan daar nie staatshospitale net vir boere bemagtig word nie of sal dit weer in n rasistiese luim gesien word. Ons mense kyk na mekaar.

Pop ·

Mense kry n hospitaalplan. Van discovery. Kos ons R3, 000 vir ons altwee. My ou man en ek albei daarop en kry boonop sowat 3, 000 vir medikasie en kronies. Eet maar pap maar ten minste kan ons privaat hospitaal toe van ons keuse. Hartomleiding, knie vervanging alles Honderd persent gedek. Staatshospitale sal jou los om te dood.

Manny ·

Ek stem saam eet eerder pap en eiers maar om sonder medies te wees is n groot risiko. Wat ek nie kan verstaan nie en mense moet my nie verkeerd verstaan nie daar is nie geld vir medies nie maar ons ry nuwe dubbel kajuit 4 x 4 bakkies. Staan sterk mense dit gaan nog erger word.

Johanna Botha ·

En so beskerm die staat ons mense wat nog iets gese oor versorging ….die land is verpulp !

Sue ·

Ek het ons Provinsiale Hospitaal hier on Polokwane gedoop “Polokwane Morgue”, My Ouma, Pa en Ma is daarheen met hoop op herstel waarna ons hulle al 3 binne 14 maande moes begrawe. Ek wens ek kon die lotto speel en wen, ek sou daai hospitaal koop en almal summier afdank en die plek net toe maak. Ek haaaat daai hospitaal. En glo my, dit was nie net van dood gaan nie, daar is by al 3 grusame, bitter hartseer herinneringe wat my sal by bly tot die dag wat ek dood is.

Jean ·

GRRRRR die lot maak my siek!!! Hul moet vervolg word vir nalatigheid!!!!

Jenny ·

Staatshospitale is ‘n nagmerrie!! Ons het môre presies ‘n week terug my ma se broer begrawe wat in Livingston hospitaal in PE was. Hy en familie het ure in die gange gewag om gehelp te word. Hy was swak en in pyn maar het niks vir die pyn gekry nie. Hy kom met tye nie self asemhaal nie maar het nie suurstof gekry nie. Hy is vroeg in Januarie ingeneem in die hospitaal en kon loop, praat en als vir homself doen. Hy is gediagnoseer met terminale kanker. Hy het 2 keer geval en was vol bloukolle. Met sy 3rde val was hy nog voete op die bed en sy kom op die grond, sy gesig vol bloed. Familielede het so op hom afgekom en geskree vir hulp (hulle moes 10+ minute wag vir hulp) ‘n Suster het hom aan die voete probeer op die bed optrek. Hy was soos iemand wat in ‘n koma is na sy 3rde val. Hy is ‘n dag daarna oorlede. :-( Fotos was oral op Facebook gedeel. Volgens die nadoodse ondersoek deur die staat het hy maagsere gehad wat gebars het en terminale kanker. Sy laaste paar dae op aarde was hel. God slaap nie. Elke liewe 1 wat deel daarvan gehad om sy dood te vervroeg sal eendag rekenskap gee. Hy was ‘n dierbare mens met ‘n hart van goud. Sy blinde vrou oor wie hy so bekommerd was moet nou op haar eie regkom. Die lewe is so onregverdig. :-(

[email protected] ·

Dit is nie net staatshospitale nie my Moeder is oorlede in n privaat hospitaal icu al waarin die verpleeg personeel belang gestel het was hulle selfone

Gaan al jare so ·

My suster is 14 jaar terug na ñ staatshospitaal in die suide van Johannesburg deur die brandweer geneem, die sister of Matrone aan diens wou weet: wat soek sy daar en hoekom kom sy nie Maandag oggend nie? Hulle is baie besig. My ma het gepleit sy is baie siek. Die Dr het ingestap, maar haar nie ondersoek nie, pynpille is gegee en sy is huistoe gestuur. Die volgende oggend omstreeks 7 is sy in my ma se arms oorlede. Nadoodse ondersoek het gewys: bronchial pneumonia

Ek voel vir die siek mense en hoop iets drasties word gedoen om by hospitale in te gryp.

brens ·

POP; sommige mense verdien nie eers R3000pm nie!! Ons staatshospitale val uitmekaar!!

PJC ·

Ek was onlangs in ń privaat hospitaal en het absoluut eerste wěreld diens gekry. ń Paar jaar terug was my dogter in dieselfde hospitaal en was die diens uiters swak. Wat ek agter gekom het is dat die hospitaal intussen al die swart personeel wat plaaslike personeel was vervang het met buitelandse swartes van elders uit Afrika. Dit is net verstommend watter verskil dit gemaak het. Dit is ongelukkig ń feit dat plaaslike mense nie wil werk nie en buitelanders dus voorkeur kry by indiensneming. Blankes in die land sal maar soos met skole ook hulle eie hospitale moet oprig aangesie privaat hospitale onbekostigbaar is.

Asjas ·

Ek is nie verbaas oor die “kwaliteit” verpleeppersoneel wat “opgelei” word nie. Benewens rassisme, kan die meeste opleidingskolleges nie eers n lys verskaf van studente wat geregistreer is en wanneer hulle sal gradueer/nie. Dis net aan die admin kant. Aan die “opleiding” kant gaan dit net so beroerd. Die keuringsproses is n grap. Daar is ook sulke gevalle in privaathospitale, maar daar is daar beter toesig en prestasiebestuur. Die dept van gesondheid reageer net as dit hulle in die media laat sleg lyk. Die beste is om sulke gevalle by die Public Service Commission se klagtelyn aan te meld, of by Afriforum/Solidariteit – daar word in die department gespring wanneer skrywes van die drie oorde aan die minister/dept gerig word. Om gevalle op provinsiale vlak aan te meld, is ook nie effektief nie. Sterkte aan die familie wat op n sekondere wyse getraumatiseer is deur die stelsel.

Waarheid ·

Ongelukkig help Solidariteit en Afriforum net lede wat aan hulle behoort hulle help nie alle blanke afrikaners soos wat almal dink nie. Ek weet waarvan ek praat ek het ook gaan aanklop by hulle vir hulp en dit is wat vir my gese is.

Anoniem ·

Waarheid toe nou nie ons het vir baie jare aan doladariteit behoor my man het gehoorverlies ny sy werk opgedoen ek het hulle al genader om n kompansasie eis te doen al wat hulle se jammer ons kan julle nie help nie dit gejanselleer !!!! Se maar net

Alida ·

Publiseer een en elke geval op die voorblaaie van koerante. Na die dood van 144 mense moet die minister en sy HELE gevolg afgedank word SONDER vergoeding.

Domvraag ·

So tragies en die media sal nie n ophef hiervan maak nie. Die doem profete het voorspel dat alles tot niet sal gaan en dit gebaseer op wat in Kenia, Zimbabwe ens gebeur, maar deur wigte en teenwigte sou alles hanteer kon word. Nou betaal ons die prys en die politieke besluitnemers van 1990 is dood stil. Hoekom praat hulle ook nie nou of dat Adriaan ook nou die boer se voete kom was en sommer sy mediese rekenings betaal?

Siek en sat ·

Ek word naar as ek lees hoe mense in nood behandel word. Mense julle moet GROOT eise instel teen die Regering. Families van plaasaanval slagoffers en slagoffers: Stel eise in. Dalk sal daar DAN iets gedoen word aan die situasie in hierdie land as hulle moet begin betaal.

Christina ·

Ek was deur hel vir 2 weke waar n staats hospitaal vir my gese het dat my 9 jarige seun kanker het. 2 weke se trane en hartseer net om deur n ander ek moet se wonderlike staats hospitaal te gaan baie toetse gedoen en uit te vind dat my seun nie kanker het nie.

Grassie ·

As dit ‘n swart man was wat gelyk het soos die man op die foto, en die aanvaller was wit, sou die hel behoorlik losgebars het. En die hardste skreeuer onder die klomp sou waarskynlik Musi van die DA gewees het, soos hy gedoen het in die paar sake waar wittes die sondaars was. Nou swyg hy. Onthou dit in 2019.

Johanna Botha ·

So is elke liewe ding waaraan die anc geraak het onder die zuma leierskap verkrag ! En vir die mense wat daar werk is dit net n job waar hulle wag vir die 25ste van die maand terwyl hulle in werkstyd heeltyd met hulle gesigte in n selfoonskerm geplant is tewyl die mense om hulle vergaan van pyn en verwaarloosing …maar net nog n ramp soos die Life Esedimenie gevalle …wat gebeur …..NIKS !

Wim ·

Waar is die kamtige menseregte kommissie nou wat vinnig was om n Geneesheer in Potgietersrus aan te kla en strawwe op te lê omdat hy kamtige aparte wagkamers gehad het. Hy het ten minstens mense gehelp maak nie saak wie dit was nie. Hierdie geval is erge diskriminasie ,maar nou is hulle doodstil.

Anli ·

Danki Afriforum. Ten minste is daar iemand wat opstaan vir ons witmense. Baie sterkte Henrico en Estelle. Ek is so jammer oor d aanval op julle deur gewetenlose lafaards!!

Rachel ·

Dit het met my gebeur in November 2015 waar ek geval en my huminus gebreek het. Na ‘n gesukkel het ek besluit om saak in Januarie 2016 aan DA te oorhandig. Hulle het onmiddellik ingetree en raad van ondersoek deur die Parlement tot die Provinsie aangegaan. Die MEC is afgedank asook personeel van Bongani Hospitaal. Nuwe personeel is aangestel en alles het verander. Nuwe beddens, beddegoed en kos het verbeter, Hospitaal is pynlik netjies, nuwe bykomende teaters . Personeel het respek vir pasiente behalwe die geraas en uitspattige gepraat gedurende die dag en nag. Lugreelings is nog buitewerkig in klinieke en sale. Elke afdeling het Blanke personeel asook dokters bygekry. Moet nie wag as jy nie onmiddellik die regte behandeling ontvang nie. Dit is waaroor DA en ander instansies daar is om ontevrede pasiente te help. Niks sal vanself regkom as daar nie onmiddellik ingetree word nie. Daar was beswaar aangeteken, deur nuwe bestuur, waarom ek na DA gegaan het, my antwoord was ek baklei nie met appel teen appel nie, rapporteer onmiddellik ontevredenheid aan teenoor instansie. Op 18 Januarie 2018 het die krag afgegaan, kragopwerker was buite werking vir meer as 24 uur daar was ook nie water beskikbaar nie. Het onmiddellik fotos geneem van verpleegsters met kerse. Onmiddellik het ek weer DA gekontak met fotos en ‘n pers verklaring was uitgereik asook in facebook geplaas. Daar is ‘n ondersoek ingestel en nog steeds word dit gedoen..

Willem ·

Hoekom moet ons witmense belasting betaal? Witmense se bestaan in Suid afrika is aan die uitsterf agv plaasmoorde, verkragtings, wit kinders wat daagliks ontvoer en vermoor word. Jy lees op sosiale media van die vreeslikste dinge wat met witmense gebeur. Sien of hoor jy van enigeiets hieroor op ons nuus media! Nou en dan, net so in die verbygaan. Waarom is my (wit afrikaanse )belasting geld goed terwyl ek nie eers in my taal ń diens het nie. Ek kry nie ń diens by die Polisie nie wańt hulle het nie petrol nie of hulle op ń sogenaamde “lunch-break” Ek betaal belasting maar, ek het nie water of elektrisiteit nie en dan sukkel ek om al die “potholes” mis te ry. Daar is massas in optogte wat uitroep “kill the boer kill the farmer”. Hoekom moet ek belasting betaal? Te veel dinge wat my verpes!! Ek kan nie eers alles opnoem nie.

Bert ·

My ma is 9 jaar gelede op die ouderdom van 73 deur n dr in private pta hospitaal n rug operasie toegedien waar hy die spesialis rug dokter eerste operasie haar vlerkie se spier perongeluk afgesny het kon dit nie heg nie tweede operasie haar long raak gesny en beduie dit is behandel dit sal gesond word wel lang storie kort sy het aanhoudend begin hoes en sy terug na die hosp toe waar hulle haar longe moes spoel want daar was kamstig n virus op ha long en toe het die dr en personeel nie die vog uit longe uitgesuig nie en my moeder is die volg oggend in die hosp oorlede, dis otopsie het gewys haar longe was nog vol van die vog wat hul gebruik het om haar longe te spoel, n maand later is ek deur n baie bekende oor neus en keel spesialis geopereer om my sinus holtes oop te sny wat vernou was toe ek wakker word het ek baie pyn gehad en die sister my mee gedeel dr het my hele klein tongetjie afgesny as ek dit geweet het sou ek noot vir operasie gegaan het nie. Mens is net n experiment hasie vir die drs vandag.

jp ·

GOD HELP ONS , ONS KAN HEEL DUIDELIK NIE,GOD BESKERM ONS, GEE ONS DIE RIGGRAAT OM DITB STOP TE SIT

Anton ·

n Voorstel: Afriforum, Solidariteit en Helpende Hand stig n mediese vonds. Kom ons noem dit dan AfriSol Help. Met hul lede getalle sal dit van die begin af sterk genoeg wees om beter laer eerlike kostes te beding met privaat hospitale en ook beginende met maar nie uitsluitlik Afrikaanse dokters hier en oorsee. Daar is ek vermoed BAIE Afrikaanse dokters. Ek verwag dat binne n baie kort tyd meeste Afrikaners die duur mediese fondse sal verlaat vir AfriSol Help en daardie mediese boewe fondse se heerskappy sal beeindig! Nie net sal Afriforum, Solidariteit en kie die Afrikaner beduidend help nie maar sal ook met ledegetalle verskriklik vinnig groei om selfs n groter impak te he op ander fronte! Ek dink verder dat studente uit hierdie inisiatief geborg kan word om oorsee te studeer in verpleegkunde en medies mits hul lede is van bogenoemde organisasies en terugkeer SA toe na studie vir minstens sewe jaar. Ons het dit onder die Engelse gedoen met destyds se Eskom, Sanlam en ek kan aangaan so komaan hoekom nie weer nie? Intussen kom ons help Berdus!! Skouer aan die wiel ouens ons kan nie kerm by die goddelose regering nie!

Marina ·

Ek vreees ook vir staatshospitale want hulle is so onaantasbaar nes numba whan. Alles word toegesmeer en bewysse word verniettig my moeder is oorlede in n staarshospitaal en ek het steeds n wrede woede in my deur hulle nalatigheid!!! Afriforum en Solidariteit help slegs hul lede wat aan hulle behoort mense!! Hulle help nie alle blanke afrikaners soos wat almal dink nie hulle help net hulle lede wat maandeliks n fooi aan hulle betaal. Vra my ek het by hulle gaan aanklop vir hulp en dit is wat vir my gese was.

Jandre ·

Hiermee moet absoluut verdere juridiese stappe geneem word, waarby die Staat aanspraaklik word gestel vir geregtige nalatigheid, in die hoogste orde, buiten die feite van mense regte skendings. Ekhoop daar is n advokaat wat vir hierdieslagoffers wil veg en slaan waar dit saak maak. In die beursies van staats ambtenare. Smartegeld van miljoene en alle mediese en advokaat onkostes.

Annie ·

Henrico het melkplaas vir iemand bestuur. Die werkgewer moet by ONGEVALLEKOMMISSARIS geregistreer wees. Hy kan dan in privaat hospitaal opgeneem word. Geen koste moet uit Henrico se eie sak kom nie.

hercukruger ·

totdat JZ nie toegesluit en gevonnis is nie en die DA nie groot wakker skrik nie, glo ek nie in enige stelsel in SA nie, tot dan…….maak almal soos hulle wil!!

Alida ·

Waarheid hoe de hel wil jy gehelp word as jy weier om lid te word van Solidariteit. Hulle is nie n welsynsorganisasie nie. Jy kan lid word met R100 per maand.

Anoniem ·

Alida ons was vir baie jate lid toe ons n kompensasie eis eil.indit toe kon hulle ons nie help nie dink hulle staan maar vir groot instansies as individueel wil hulle ons nie help nie .

Anton ·

As hierdie tye ons net een ding leer is dat ons as Afrikaners moet saamstaan voor die Here sonder om te dink ons is beter as ander. Ons moet sterk wees en mekaar help. Dink ons dit was maklik in Jesus se tyd op aarde?

theresa ·

Ek kan net ‘n ander storie vertel van Paarl Provinsiale Hospitaal. Die wag om ‘n dokter te sien, is baie lank, maar as jy eers verby dit is, kry jy die mees fantastiese sorg en behandeling. My man was daar vir 5 dae en hulle kon aanvanklik nie bepaal wat is fout nie, maar het nie opgegee totdat hulle die probleem gekry en behandel het nie. Tot hulle kos is voortreflik. My ma was in ‘n privaat hospitaal se harteenheid in Kaapstad en ek sal julle eerlik waar se, my man het baie beter sorg gekry by staatshospitaal as my ma by privaathospitaal. Ek dink nie ons moet al die hospitale oor een kam skeer nie. Selfs by Tygerberg hospitaal se gespesialiseerde eenhede kry ons wonderlike behandeling. Miskien is ons in die Kaap net bevoorreg.

Bella ·

Daai een wat die steke in gesit het, het opleiding by koppesnellers gekry! Mense as julle wit is gaan julle gelukkit wees om lewendig uit ‘n staats hospitaal te loop. Weet van paar blankes wat net aan hul lot oorgelaat was. Mag die Here ons genadig wees.

Bianca ·

Ek stem saam die persoon wat praat van Boithumela Kroonstad. My man was dond net na een by ongevalle het n maagvirus gehad en sy maag het al meer as n week gebloei. Dr het hom gesien het drip in gekry maar die goed wat by die drip ingespuit moes is eenkant gehou tot hulle bloeduitslae gekry. Hy moes ook in wagkamer wag en is oor 20 oor agt daai aand na saal waar hulle drip toegemaak het want daar was nie n stand vir drip nie. Hy het vir kussing gevra maar daar was nie beskikbaar nie. So moes hy die hele nag slaap met sy drip sakkie op bed. Die lakens was skoon maar het na urine gestink. Vogende dag was daar geen bloeding meer nie hy ontslaan sonder die toetse wat dr wat hom verwys het aangevra soos kamera en sonar. Want hulle kan nie na bloeding gestop het sien waar dit vandaan kom nie. Weet nie waar moet ons mense wat nie medies het heen gaan nie

Manny ·

Ek stem saam eet eerder pap en eiers maar om sonder medies te wees is n groot risiko. Wat ek nie kan verstaan nie en mense moet my nie verkeerd verstaan nie daar is nie geld vir medies nie maar ons ry nuwe dubbel kajuit 4 x 4 bakkies. Staan sterk mense dit gaan nog erger word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.