Memorandum oor grondhervorming aan ambassades oorhandig

Bewerkbare grond (Grafika uit AfriForum se verslag oor grond in Suid-Afrika)

AfriForum het Donderdag inligting oor grondhervorming in Suid-Afrika en die burgerregte-organisasie se kommer oor die regering se voorneme om onteiening sonder vergoeding te wettig, aan verskeie ambassades en hoëkommissariate in Suid-Afrika oorhandig. Daarmee word die betrokke lande se steun teen sodanige onteieningsprosesse gevra.

Die meer as 50 diplomatieke missies wat gekontak of besoek is, sluit in dié van die VSA, Verenigde Koninkryk, Duitsland, Japan, Namibië, Botswana, Australië, Singapoer, Nederland, België, Indië, asook ander groot handelsvennote van Suid-Afrika en lande wat sterk standpunt inneem ter beskerming van privaat eiendomsregte.

Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê in die voorlegging word dit duidelik gemaak dat die organisasie wil toesien dat Suid-Afrika sal aanhou om buitelandse beleggings te ontvang, dat die ekonomie moet groei en daarmee saam ook werksgeleenthede en geleenthede vir volhoubare welvaartskepping vir almal in die land verseker moet word. “Indien privaat eiendomsreg egter bedreig of afgeskaf word, kan dit ’n rampspoedige ekonomiese ineenstorting tot gevolg hê, iets wat ten alle koste voorkom moet word,” het sy bygevoeg.

Die aksie van vandag vorm deel van ’n omvattende internasionale veldtog. Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, en Ernst Roets, die organisasie se adjunk- uitvoerende hoof, besoek ook tans die VSA om gesprekke aldaar in dié verband met meningsvormers te voer. Verder sal besoeke aan Australië, Europa en Brittanje eersdaags plaasvind.

Klik hier vir ʼn meer omvattende verslag oor grond in Suid-Afrika, soos gesien vanuit ’n georuimtelike perspektief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

John ·

AfriForum is so ietwat besig om op sy eie te funksioneer. Het dit die toestemming van al die boere in die gebiede ter sprake? Hulle praat ook nie namens ander Afrikaners in die land nie. Sou die voorsprakers/onderhandelaars vreemde besluite neem of verkeerde voorstellings maak, kan dit die Afrikanerdom as geheel benadeel. Ons hoop nie ons sit weer met ‘n catch-’94-situasie nie soos toe De Klerk en sy wyse knape sake op hul eie wou beredder nie… in ruil vir tea with the queen…

Oom Ekonoom ·

Afriforum se standpunt is n logiese, universeel verdedigbare en rasionele een, beslis nie vannuit die oogpunt van n klein groep nie. Hier gaan dit oor beskerming van eiendomsreg in teenstelling met onsekere afname sonder vergoeding, wat n universele steunpilasr vir ekonomiese groei is.

Gerhardt O ·

Ag asb John. Skrik wakker. Afriforum voer my as lid se mandaat uit. As jy nie lid is nie, bly stil. As jy lid is, kontak vir Kallie of bedank.

Onthou jy Zimbabwe, wat gebeur as jy niks doen nie?

Kryger ·

@John – hoekom sal dit die Afrikanerdom benadeel as Afriform lede van alle gemeendkappe het en dien? Plaasmoorde en grondonteiening is sleg vir almal in die land en in Suider Afrika. Ja, selfs vir die Malema’s en Cirils want dit gaan die land onstabiel maak, die ekonomie vernietig en tien teen een tot ‘n burger oorlog lei.

AJ ·

John namens wie praat jy?

Het jy enige lede in jou organisasie … of is jy demokraties verkies om namens ander mense standpunt in te neem TEEN Afriforum.

Afriforum het nerens gesê dat hulle JOU verteenwoordig nie … jy kan maar ontspan!

aneja ·

Dear John miskien moet jy wakker word en bietjie dink. Ons het met ons laaste bietjie geld ‘n erf gekoop en self vir ons ‘n huis gebou. DIT IS AL wat ons het nadat ons klaar ons kinders groootgemaak het en op vroeë ouderdom op verpligte pensioeën gesit is. Nou wil hul jou grond vat maar die huis is joune???? wie sin is dit as jy dood is. Nie net plase word geraak nie jou eiendom OOK Sal ju daarvan hou as die regering besluit wie bly in jou huis waarvoor JY gewerk het, wat van jou kinders wat dit moet erf?????????? wasrvoor wil jy enigsins iets op grond doen en vir WIE!!!!!!!! ek breek alles af wat ek self gedoen het voordat enige gewetenlose persoon dit net vat.

Callie ·

Ek kan net nie glo daar is nog soveel naiwiteit en onkunde in witmense nie. Word wakker John of is jy ook een van die miljarders wat dink jul koop jul eie lot tot die dag wat hulle by jou gaan vat. Het mense geen, maar geen verstand of logika oor nie. Mense, bid, ons het dit baie, baie nodig.

Whitey ·

Komaan, julle…kom….ons….
Staan liewer op ons knieë en sê dankie vir hierdie mense se harde werk en wilskrag om iets aan ‘n verskriklike ongeregtigheid te probeer doen…
Wees soos een volk… een God… een plan.
Moet asseblief nie dwarstrek… DIS ons ondergang!!
Wanneer daar verkeerd opgetree word teenoor ons…. gaan in hordes en staan saam daar teen!
By die howe, by Spur, by elke plek waar hulle verkeerd optree teenoor ons.
Hierdie son wat skyn, is vir ons almal daar deur ons Vader gesit, en dis ons reg om vir ons plekkie daarin te ‘’baklei’….
‘All lives matter!!!!’….
Ek dink ons sal verbaas wees om ons krag te sien, as ons net verdomp… KAN SAAMSTAAN
Moet in Vadersnaam nie nog ‘n kerk of politieke party stig… STAAN SAAM!!
Wees trots op wie ons is… kyk mense in die oê…
Ons wil net REGVERDIGHEID hê!!
Erkenning vir wat ons vermag het .. nie net kritiek nie!!!
Kyk hoe was ons land…. kyk nou????
Kry ons dan GEEN krediet?
Hoe lyk die res van Afrika??
(Ons is gou oppad soontoe….)
STAAN SAAM… ons verdien erkenning!!!!

Von ·

Whitey stem 100%saam met jou. Afriforum het n enorme taak met kundige mense ons kan net hande vat en vir hulle bid.

All lifes matter ·

Verseker is alle lewens belangrik, insluitend wit lewens. Wit moet en sal nie n tree terugstaan teen swart nie, ons eis om gelyk behandel te word.

Noord-Transvaal ·

Ek stem een honderd persent saam. John en al die ander daar buite – word wakker!

Anoniem ·

Weet jy John, sal jy daarvan hou as die EFF/ANC jou huis waarvoor jy ten duurste betaal het kom VAT!! Wees eerder dankbaar dat daar ‘n organisasie soos Afriforum is wat eiendomsreg in Suid-Afrika wil beskerm, want dit is waarvoor hulle tans baklei, om die regering se planne te probeer stopsit en ook nou die Buiteland betrek.

White Rhino ·

Dankie Afri – ek is so bly ek is ‘n lid!
Al die John’s wat ontevrede is moet maar alles wat hulle besit vir die hordes uitdeel of op ‘n ander plek gaan bly. Ons het nie sulke bagasie nodig nie.

Anoniem ·

Ja. Ek wonder self of John enige eiendom in die RSA besit.

Cornelius du Rand ·

Dankie. Afriforum is die enigste organisasie wat iets positief doen. Wel gedaan.

DMC de Koker ·

Is die memorandum beskikbaar vir die algemene publiek om dit te besigtig? Ek sal dit graag wil sien?

Kobus ·

Gewoonlik is mense wat in ambassades werk baie links en polities korrek. Gewoonlik meer so as die lande vir wie hulle werk. Maar dit is beter iets word gedoen as niks nie. Ek dink daar moet toere in die buiteland gedoen word om druk sterker te maak. Dit is die enigste opsie want die ANC luister glad nie, so hulp sal moet van oorsee moet afkom. Dankie Australië!

L ·

Ek wonder wat sal gebeur as 100 boere byvoorbeeld, saam 100 plase koop, al 100 as eienaars van 100 plase, Met lenings by banke? Vir arguments onthalwe. Of selfs 1000 boere koop 100 plase… En almal is eienaars van ieder en elk. Wat sal of kan die regering moontlik doen?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.