Memorandum op Puk-kampus oorhandig

Optog deur EFFSC en Sascoc om memorandum te oorhandig op Potchefstroom-kampus van die NWU (7 September 2018) Foto: Kristien Kruger, Wapad-studentekoerant)

Die EFF se studentevereniging (EFFSC) en SA Student Congress (Sasco) het Vrydag ʼn memorandum van eise, gerig aan die visekansellier van die Noordwes-Universiteit Dan Kgwadi en die raad van die NWU, op die Potchefstroom-kampus van die universiteit oorhandig.

Prof. Fika Janse van Rensburg, adjunk-visekanselier op die kampus, het in ʼn videoboodskap bevestig daar was geen voorvalle van geweld tydens die optog op die kampus nie. “Die organiseerders het egter nie gebly by al die fasette van die ooreenkoms nie, en die bestuur sal dit deeglik ondersoek en daar sal gevolge wees,” het hy gesê.

“Die memorandum is oorhandig en die bestuur sal die sake ernstig oorweeg. In sy terugvoer sal die bestuur dit egter duidelik stel dat hy nie abdikeer nie en dat hy hom nie laat voorskryf oor wat en hoe dit moet gebeur nie,” het Janse van Rensburg bygevoeg. “Hy sal alle sake oorweeg, uiteindelik ʼn besluit neem en die saak dan verder onder toesig van ons raad bestuur.”

Volgens die memorandum eis die organisasies onder andere dat Engels die primêre taal van onderrig sal word op die kampus en dat die name van alle geboue wat na “wit koloniale figure” vernoem is (onder andere Ferdinand Postma, Frans du Toit, FW de Klerk, Totius) verander moet word en na swart progressiewe figure vernoem moet word.

Janse van Rensburg het gesê hy wil alle studente, ouers en alumni gerusstel dat die universiteit steeds op ʼn goeie plek is. “Die bestuur ken sy verantwoordelikheid, het die vermoë om te dissiplineer en die wil om daardie dissipline te handhaaf.”

Die EFFSC en Sasco verwag ʼn antwoord teen 18 September van die bestuur van die universiteit oor hul verskeie eise:

  • Engels as enigste primêre onderrigtaal op die NWU;
  • toename van 51% swart studente teen 2019 wat toegelaat word op die Potchefstroom-kampus van die NWU en in koshuise;
  • ʼn swart vrou moet aangestel word in die amp van adjunk-visekansellier om prof Fika Janse van Rensburg te vervang;
  • die hofinterdik wat die Potchefstroom-kampus in Februarie 2016 van die Pretoriase hooggeregshof bekom het, moet teruggetrek word;
  • beskermingsdienste van die Potchefstroom-kampus moet ʼn verpligte werkswinkel bywoon waar hulle geleer word om nie voorkeurbehandeling te gee aan wit studente nie en om nie swart studente onregverdig te viktimiseer en te teister nie;
  • alle studente wat nog uitstaande klasgeld het, moet toegelaat word om Oktober/November-eksamen te skryf en hul uitslae ontvang;
  • geen verhoging in klasgeld vir 2019 nie;
  • alle werkers wat deur privaat maatskappye gekontrakteer word, moet permanente werknemers van NWU word;
  • pendeldiens moet ingestel word vir studente wat ver van die kampus woon (moet van Januarie tot Desember beskikbaar wees);
  • huidige studenteraad van die Potchefstroom-kampus moet dadelik ontbind word, omdat die verkiesing op dié kampus anders geskied het as by Vaaldriehoek- en Mafikeng-kampus;
  • buitelandse studente moet dieselfde behandeling geniet as plaaslike studente (moet in koshuise op Potchefstroom-kampus toegelaat word, toegelaat word om deur middel van buitelandse beurse te studeer en by die studentelewe ingesluit word);
  • gemeenskapspolisiëringsforum moet deur die universiteit aangestel word om patrolliewerk te doen waar studente bymekaarkom en dit moet in die vorm van ʼn buurtwag wees wat onafhanklik van beskermingsdienste funksioneer;
  • meer as een badkamer moet nie-geslagtelik wees; en
  • alle geboue wat na “wit koloniale figure” vernoem is, se name moet verander (onder andere Ferdinand Postma, Frans du Toit, FW de Klerk, Totius) en moet na swart progressiewe figure vernoem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Eish ·

Net soos voorspel is, speserye a la Lesufi vir die paddapot in Tlokwe!

Die Stem ·

Dit is belaglik om te ‘demand’ dat iets wat werk, varander moet word sodat die EFF n universiteit kan hê.
Die EFF kan n swart, engelse universiteit bou en so ook n aandeel hê aan die bou van iets.
Asb NWU, moenie in gee en dit wat oor jare op gebou is, weggee nie. Geen nut om dit wat onaanvaarbaar is vir hulle, op te gee, as hulle in elk geval iets anders begeer (demand) nie.

piper ·

so wil hulle alles net maak soos hulle wil en die ander groepe het geen se nie. die wat nie gelukkig is nie is vry om na n ander universiteit te gaan, so gaan hulle seker ook by akademia universiteit een van die dae hulle eise indien

Christo Conradie ·

So eindig alle toegewings en ooreenkomste met alle owerhede in SA.

Charmain ·

Asb moenie ingee.. Dis nou genoeg. Al die universiteite is al verander ter wille van hulle. Gaan ons net aanhou ingee en gaan daar geen herinneringe vir ons kinders wees van ons geskiedenis. Hulle het mos nou blerrie genoeg gekry!!! Behou die gebou name en ons taal by ten minste 1 universiteit!!!

Emma ·

Is julle nie daar om iewers in die lewe te kom nie I.p.v eise stel. Eff kan ook n slag iets positief vir ons land doen. Ek sien net dat hulle alles afbreek plaas van opbou. Ook net klomp rassiste.

Ontsteld ·

Ek hoop nie hierdie moeilikheidmakers word hoegenaamd hulle sin gegee nie. Nie eers om polities korrek te wees moet aan hulle eise voldoen word nie. Hoekom word die wat nie studente aan d kampus is nie toegelaat om eise te stel – hoekom word hulle hoegenaamd op kampus toegelaat vir optogte.

Lyk my hulle verstaan nie Engels nie want die klasse word alreeds in Engels aangebied.

Ons was vroeër die jaar by die NWU simfonie orkes se opvoering in die Sanlam auditorium – tot die afkondigings wat gemaak was, was Afrikaans laaste gedoen – wat nogal uiters frustrerend was. Want hoekom suig ons ALWEER aan die agterspeen.

Daar was so 2 jaar gelede n pendeldiens ingestel maar was nie koste effektief nie.

Ek wonder presies wat sal in d badkamers aangaan wat twee geslagte moet bedien.

Ek het besef NWU sal nooit weer dieselfde wees met simpel, selfsugtige eise van mense wat niemand die sonskyn gun nie. Hulle wat net daar is vir intimidasie en nie vir studeer nie.

Ons betaal immers vir ons kinders om juis daar onderrig te ontvang. Die laaste Afrikaanse Universiteit wat ons kultuur nog erken het.

Ek hoop tog so dat Akademia Ingenieursgrade en Rekenmeestersgrade sal begin aanbied.

EkStem ·

Ek stem saam! Mense wat dink Pukke gaan nie dieselfde paadjie loop as US, UOVS en UP nie…moet maar hulle trots in hulle sak steek. Ons was net so ontstoke en ontkennend oor TUKS, van volgende jaar af geen meer Afrikaanse klasse nie. Dis tyd dat ALLE alumni geld staak aan AL hierdie instansies. Kanaliseer dadelik Akademia toe, met die verstane dat ons insae sal hê in dringende nuwe rigtings soos ingenieurswese en medies. Die boustene van enige onafhanklike volk. Wat nou ons enigste uitweg is. Spandeer daadwerklik geld aan selfbeskikking. Ek hoop alle alumni (asook kopkrappers van selfbeskikking en Akademia) lees hier…

Charmain ·

Alles van ons word verwyder. Die is kamtig die nuwe reenboognasie, waar ons almal 1 moet wees!! Se gaai man. Als wat “wit” is word verwyder. En als wat “swart” is word nou in ons kele afgedruk. Ons is mos nou gelyk! Hierdie is apartheid en onderdrukking!

Martiens ·

As ‘n toegewing kan die FW de Klerk-gebou hernoem word na een van die EFF se anti-helde, soos bv. die Julias Malennema Building.
Al die ander eise kan dan met minagting verwerp word.

Chantell ·

Wat ‘n hartseer dag sal dit nie wees indien die bestuur toegee en aan hul eise voldoen…dan is Pukke soos ons almal hom ken en liefhet óók nou finaal daarmee heen.

Louise ·

Wanneer begin die EFF hulle eie universiteit. Hulle het nog net oorgevat en niks self opgebou van die grond af nie.

Casper Labuschagne ·

Louise, sosialiste kon nog nooit iets skep nie, hulle kan bloot net die kapitaal verteer wat ander geskep het. So neem die EFF bloot elke universiteit oor as platvorm om hul revolusie te bevorder.

Casper Labuschagne ·

Was dit Lenin of dalk Trotsky wat gepraat het van die diktatorskap van die proletariaat. Mense moet tog gaan oplees oor die opkoms van Bolsjewisme, die val van die Tsar in 2017, die Oktober revolusie van 2018 en self sien hoeveel ontstellende vergelykings daar met die hedendaagse SA is. Die linkses sal op straat deur geweld protesteer en aandring op toegewings waarna bloot ‘n stel nuwe toegewings gemaak word. Die proses sal oor en oor gebeur waar die gematigde groep bloot net aanhou toegee totdat die hele stelsel in so ‘n mate in duie stort dat slegs die linkse groeperinge die gepeupel kan beheer en dus sodoende die mag verkry.

Carl ·

Jy is heeltemal korrek. Verbasend baie raakpunte met SA. Lees gerus op oor Jacob Schiff – Lenin en Trosky se poppemeester.

zoom zoom ·

Hoekom vra hulle nie ook dat die witmure swart geverf moet word nie. Dit sal dan wys wie beheer die instansie.

Oud Puk ·

Hoe ironies. Alle teken van die “kolonialiste” moet uitgevee word maar op dieselfde lys dring hulle aan dat slegs die kolonialiste se taal op kampus moet gebruik word. Nie baie slim nie is ons?

Alida ·

Grawe solank die fondasies vir ons ee Universiteit. Ons afrikaners het genoeg gehad van hierdie bollie. Ons kan engelse studente of studente wat wil leer huisves.

Oom Jaco ·

Dit sou soveel makliker gewees het as die antwoord op al hulle “demands” net ń eenvoudige “nee” kon wees…

Riane ·

Moet asb nie toegee nie. Die meerderheid studente is Afr en het ook n sê in die saak. Daar is meer as genoeg universiteite wat Engels is vir hulle behoeftes. Dis pure heksejag teen Afr. Van die ander eise is net so absurd, soos die toilette!

Sout en peper ·

Weerhou nou net alumnifooie van plekke soos Kovsies en Pukke asseblief! Diegene wat so lekker demand moet maar betaal. Ook geen beurse wat deur wittes geskenk is sal mos goed genoeg wees nie.
Oh, and if you demand to be taught in English, ensure you can actually speak the language! And this may come as a shock: English was spoken by colonialists. Shocking isn’t it??? Let that sink in and take as long as you need…
Can we expect new demands now? Bahahaha! Lmao!

Leonidas ·

So…. die enigste voertaal moet nou Engels word, die vlagskip van kolonialisme…? Ek wonder of hulle daaroor gedink het.
En die stigters van hierdie instansie, wat in armoede na die verwoesting van Boere-oorlog uit hul eie bronne hierdie plek tot stand gebring het, moet nou uit die geskiedenis daarvan verwyder word?
Dalk moet die PUK-meerderheid ‘n helder boodskap aan die EFF stuur, in dieselfde toon as die boodskap wat hulle SR-voorsitter by die (voormalige) Vrystaat-Universiteit aan wit studente gestuur het: “ die EFF en sy geskiedenis is nie welkom op die PUK se kampus nie”.
Daar is die hele res van die land se kampusse wat hulle reeds met hulle smet vergiftig het, los dié een uit! Ons sal baklei, al is dit met ons rug teen die muur.
In die woorde van koning Leonidas: “μολὼν λαβέ!”

Anne ·

Learn to speak the colonialist’s language first ( see the irony there?). E.g. pass the NBT first. That might help. Alumni PLEASE refuse requests for all donations. Those who demand can donate.

Appelkoos ·

Die EFF kan hulle eie universiteit bou wat aan hulle vereistes voldoen. Hoekom tree die mense van buite nie in nie. As niemand ń reaksie toon nie gaan hulle voortgaan met wat hulle besig is.

André Kruger ·

So hulle wil nou weer die Britse Koloniale taal help oorheers oor een uit Afrika?

Frik ·

Afrika kan net oorneem wat ander opgebou het en dan kan hulle dit nie eers onderhou nie.
Deur toe te gee sal eise net meer word. Staan sterk en implimenteer die volgende en pukke sal oorleef .
Geen onderskeid tussen wit en swart .
Die selfde toelatingsvereistes …dit beteken dat alle swartstudente dieselfde punte vereistes moet aan voldoen vir toelating.
Skraap die kwotastelsel waarvolgens daar n sekere aantal swartstudente MOET wees ongeag die feit dat hul nie aan dieselfde vereistes as witstudente hoef aan te voldoen nie.
Studente wat nie hul fooie betaal onmiddelik uitgesit word en geen toegewings meer aan swartstudente.
Studente wat geen vordering toon se studies beëindig word of eksamens met minder as 30% dop.
Geen aanpassing van eksamen uitslae om swartstudente te bevoordeel nie.
Geen naamsverandering van geboue om terroriste of verraaiers te vernoem nie.
Geen àanstelling op kleurbevoorregting of geslag nie.
Studente wat hul skuldig maak aan wangedrag of geweldadige protesoptogte of politieke aksies geskors en studies permanent opgeskort word.

Allesverloren ·

Hoe gouer julle aanvaar dat geen staatsuniversiteit Afrikaans meer gaan akkommodeer nie, hoe gouer kan ons aanbeweeg met Akademia. By al die ander staatsuniversiteite was dit n verlore stryd. Afrikaners met Engelse harte was die hoof oorsaak hiervan. Die belangrikste les wat ons nog sal moet leer; om Engels magtig te wees, maak nié van jou n Engelsman nie.

Attie ·

Hulle “demand” na hartelus. Wanneer skep die mense hul eie universiteit ? Dan kan hul self die curriculum bepaal dan hoef hulle nie te betoog as die eksamen te moeilik is nie almal kan dan kruisies trek in blokkies en deurkom en op 30 miljoeners wees. Hoekom wil hul in die koloniale taal klas he en nie hul eie nie…. ? Want dis te moeilik. Die kennis en wil ontbreek. So ook die inheemse tale het geen tegniese of vaktaal nie. Wetenskap, wiskunde en tegnologie is ‘n westerse konsep. Kyk gerus die volgende video. Dis nou die logika wat heers…. https://youtu.be/2D0jTMAtooU

Ai tog ·

Ons sit teen ‘n universiteit maar my kind kry ni plek ni. (Sy punte was ni ‘n probleem ni) Moes hom duisende kms na NWU stuur, met duisende rande elke maand vir behuising ens. Nou begin EFF hulle twak daar. Waarom kan di studente ni net leer en hulle bekke hou ni. Di geld val ni in ons skoot elke maand ni, dis bloedsweet om alles by te bring.

Bossie ·

Dalk moet Potchefstroom (enige kleur) saam met studente betoog om Afrikaans te behou. Potchefstroom WYS ‘n slag jul gee ook om. Hoekom is die dorp so stil. Dit maak nie saak wat die uitkoms is nie. Ek stem volkome saam met Frik. Aangesien bevoordeling dan nou so groot sondebok is moet almal aan dieselfde toelatingsvereistes ens. voldoen. Sal uitstekend wees indien studente (alle kleure) by hul duisende opdaag en ook ‘n memorandum met eise (“we demand”) oorhandig. Kom Potchefstroom en studente, wys bietjie jul het die moed, wil en getalle om op te staan vir reg en geregtigheid wat so in ons kele afgedruk word. Ons hoef waaragtig nie net alles te aanvaar nie!

Elvira ·

Wat my aanbetref kan FWDe Klerk se naam met plesier vrrander word. Hy het ons land uitverkoop.

Veritas ·

En so sal die eise aanhou totdat daar niks oor is om te eis nie. Wat dan?

cory ·

Dis tyd dat Orania en Kleinfontein universiteite bou. dan kan afrikaners hulle kinders soontoe stuur. Ek onthou dat Orania planne het vir ‘n universiteit, sal goed wees vir die plaaslike ekonomie ook.

Kobie Jooste ·

“geen voorvalle van geweld nie …” Maar klsse is afgestel Vrydag en geen toegang tot die Ferdinant Postma Biblioteek nie … So weereens word 0.05% togelaat om die res te biokot … Maar weereens geld menseregte bo verantwoordelikhede!

Seeskulp ·

Wat my laat wonder wanneer word ons blanke kinders verbied om enigsens by hierdie universiteite te studeer omdat hulle velkleur nie reg is nie. My dogter begin volgende jaar met haar BsC studies by Pukke. Mag die Here haar en duisende ander kinders soos sy bewaar, dra en in staat stel om hul grade daar te voltooi omdat hulle so graag wil leer en iets van hulle toekoms wil maak. Akademia as julle BsC grade aangebied het was my kind nou n voornemende student by julle.

Gefrustreed van ander universiteit ·

Hierdie is ‘n magspel van politieke partye en as die bestuur nie aan genoeg eiese voldoen nie bring hulle chaos en die universitei tot stilstand. Daar is alweer magte van buite besig om universiteite te gebruik om hulle eie politieke doel te bereik. Die rede waarom daar onbilleke en onmoontlike eise gestek word. Sterkte Pukke!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.