Menlyn-6 koop glo motor met roofgeld

Die winkel waarop die rowers toegeslaan het. Foto: Verskaf

Bheki Cele, die minister van polisie, het gesê dit lyk of die polisie uiteindelik besig is om die bordjies te verhang teen gewelddadige misdadigers.

Dit kom nadat ses verdagtes Vrydag vasgetrek is in verband met ʼn rooftog Maandagaand by Menlyn Mall in die ooste van Pretoria. Peperduur Rolex-horlosies is tydens die rooftog gesteel.

Die polisie bevestig dat daar tydens die inhegtenisname beslag gelê is op twee voertuie, ʼn Toyota Hilux en ʼn Volkswagen Golf GTI. Die Golf is ʼn motor wat een van die verdagtes glo vroeër met sy deel van die buit gekoop het.

Die polisie het ook beslag gelê op twee vuurwapens, ʼn pistool en rewolwer met reeksnommers wat afgevyl is, ammunisie sowel as R90 000 kontant.

Maroela Media het vroeër berig ʼn groep verdagtes wat musse en pette gedra het, het omstreeks 18:00 op die winkelsentrum toegeslaan. Die verdagtes is na die Vault-winkel waar hulle ʼn hamer gebruik het om die vertoonvenster mee stukkend te slaan voordat hulle ʼn aantal Rolex-horlosies gesteel het. Die aanvallers het op veiligheidsbeamptes geskiet toe hulle in twee voertuie van die toneel gevlug het.

Die verdagtes, tussen die ouderdom van 34 jaar en 40 jaar, sal Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklagte van sakeroof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en moontlik gesteelde voertuie.

“Een van die verdagtes was op die polisie se radar met twee lasbriewe reeds uitgereik vir roof en kaping,” lui die verklaring.

Cele het gesê dié inhegtenisnemings is bewys van die polisie se toewyding om seker te maak dat die mense van die land veilig is én voel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wilma ·

In hegtenis en dan borg isi die papier werd waarop dit geskryf is ni. Kom howe vergeet van borg. Nog beter skrap borg vani wetboeke

Gerd Lourens ·

Arresteer ook sommer dadelik die korrupte amptenare wat bedrog pleeg met die huur van kantore in die middestad van Pretoria!!!

Netso ·

Cele? Wat moet “dit lyk” beteken? Klink vir my maar vir Jan publiek moet soos als,
vir misdaad ook in ons land tot ons eie gevolgtrekkings kom! Wens so iemand kan vir SAP rugraat groei dat almal wat hier woon hul land kan terug kry!

Cherokee ·

Soveel misdaad en na een arrestasie spog hy dat hulle wen.

Ja cele ·

As Cele dink enige van ons voel veilig in die land bluf hy homself. Kyk maar na hoeveel plaasmoorde daar net in die week alleen was.

kas ·

Help my reg.As daar op veiligheidswagte geskiet is dan is dit mos poging tot moord.Minister Cele,jou mag is glad nie besig om bordjies te verhang nie.Jy probeer jam om ons monde smeer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.