Mens kry ‘Steve Hofmeyr-, Orania- en ANC-Afrikaners’ sê Verwoerd

Terblanche Delport. Foto: De Wet Potgieter

Terblanche Delport. Foto: De Wet Potgieter

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se sentrum vir diversiteit-studies het uiteenlopende en ongewone sprekers gekies vir vandag se dinkskrum, “Herdink die Afrikaner-identiteite; ʼn interaktiewe dialoog”.

Prof. Melissa Steyn, wat die dinkskrum gereël het, het gesê die idee van die dialoog oor die Afrikaner is nie om enige standpunt in te neem nie, maar eerder ʼn gesprek oor Afrikanerskap aan die gang te sit.

Sy het Afrikaners in twee weersprekende maniere opgesom: die eerste is iemand wat weens uiterse vrees hulself isoleer en die tweede is iemand wat baie dapper is. “Die Afrikaner moet daardie dapperheid gebruik om hul vrese te besweer,” het sy gesê.

Aan die een kant het ʼn junior lektor van Unisa sye mening gegee oor waarom Afrikaans moet val en aan die ander kant het die Afrikaanssprekende EFF-lid oor die teorie van gay-wees onder Afrikaner-mans geargumenteer.

“Die idee van ʼn Afrikaner-identiteit kan nie in Suid-Afrika werk nie, want dit is nie deel van Afrika nie,” het Terblanche Delport, junior lektor van Unisa se departement filosofie, gesê. “Dit is polities en kultureel oneties en onaanvaarbaar.”

In sy betoog dat “Afrikaans moet val” reken hy vandag se eise is nog net so geldig as wat dit in 1976 tydens die Soweto-onluste was. “Veertig jaar later het die fokus van die vyand nog nie verander nie. Die stryd is nog dieselfde en AfriForum en die verregses verdedig steeds hul ideologie op die rugbyvelde.”

Prof. Leon Wessels, direkteur van die Menseregte-sentrum aan die Universiteit van die Vrystaat, het in sy openingstoespraak gesê die stryd vir die behoud van Afrikaans sal nie in die geregshowe gevoer kan word nie. Volgens hom kan dit net bly voortleef met die hulp van die openbare mening.

Hy het gesê mense luister mense nie na mekaar nie en die enigste manier om in die toekoms te lewe, is om die verlede te verstaan. Hy waarsku die geduld van mense op grondvlak wat sonder lopende water en behoorlike behuising is, raak op.

Wesels beskou homself as ʼn Euro-Afrikaan. Hy het bygevoeg die kwessies wat die Afrikaner nou moet hanteer, spruit voort vanuit ʼn baie kritieke situasie. “Ek wou nog altyd die teregstellings van Jopie Fourie en Solomon Mahlangu in dieselfde asem in konteks met mense bespreek, maar die geleentheid het hom nog nie voorgedoen nie.”

Die voormalige ambassadeur in Ierland en gewese vrou van een van dr. Hendrik Verwoerd se kleinseuns, Melanie Verwoerd, het gesê mens kry ‘Steve Hofmeyr-Afrikaners, Orania-Afrikaners en ANC-Afrikaners’. “Selfs in Orania is daar tweespalt tussen die verregses en die Volkstaters,” sê sy.

Prof. Christi van der Westhuizen van die Universiteit van Pretoria het tot die gevolgtrekking gekom die bron van alle kwaad en die saadjie van apartheid is in 1948 geplant toe die “leeu van die Noorde”, adv. JG Strijdom, die term eendersdenkendheid uitgedink het. Enige “andersdenkendes” is as verraaiers beskou.

“Die Afrikaners wat dapper genoeg was om destyds andersdenkend te wees, is die helde van vandag. Daardie volksverraaiers het vir ons die pad aangewys na sosiale geregtigheid,” het sy gesê. “Daar is nou weer ernstige druk op die Afrikaner om aan te pas.”

Jaco Oelofse, omstrede EFF-lid vanweë sy onlangse uitsprake oor Afrikaners en gays, het gekla die patriargale manlikheid in die Afrikaner-gemeenskap onderdruk die gay-gemeenskap binne dié gemeenskap. Oelofse, wat self gay is, het verder uitgewei oor die ‘omvang van wandade en eksperimente wat die vorige regering op gays uitgevoer het, wat tot die verminking van duisende mense gelei het’.

“Die Afrikaner se identiteit is totaal uitgedien,” het hy gesê. “Dit was die Afrikaner se manlikheid wat die Afrikaner-identiteit geskep het.”

Matriekleerlinge van die Afrikaanse Hoër Meisieskool en Hoërskool Garsfontein het ook aan die gesprek deelgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Gesie ·

Klink nie werklik vir my na ‘n Afrikaner dinkskrum nie, maar eerder na ‘n klomp bollie kwytgeraak deur sogenaamde “Euro-Afrikaaners” – wat ook al dit is. Tog jammer dat hulle die hoërskool leerlinge aan dié bog blootgestel het. Partykeer is die sogenaamde “slimmes” heeltemal stomdom in hulle argumente en van ‘n totale ander planeet. As ek daar was het ek my waarskynlik ‘n papie gelag.

Andrea van Vuren ·

Gesie, wat my ontstel is dat hulle kinders van bekende standvastige Afrikaanse skole genooi het om aan die debat deel te neem. Die Afrikaanse Hoër Meisieskool sit tans in ‘n ander tameletjie, die verandering van hul logo. Hoekom jong onskuldige kinders in so ‘n omstrede debat betrek? Hulle is nie in die Anglo Boere oorlog gebore nie en is verseker ook slagoffers van nuwe voorgeskrewe geskiedenisboeke wat die toestand van die land ‘selektief’ aan hul blootstel!

Elisbie Kies ·

Dit is een van due grootste probleme in S.A.
Daar word TE veel gepraat en TE min gedoen. Dit sluit sommer al die VER Regses en VER Linkses in. Basta

JC ·

Jy is wie jy IS en NIEMAND kan jou maak verander nie.

Afrikanerkultuur is ‘n gesonde en gebalanseerde kultuur met wigte en teenwigte en baie moontlikhede vir uitdrukking van individuele opinie,s asook sosiale kohesie oor baie aspekte van die samelewing en individualiteit , alhoewel daar beslis spasie is vir verskille- dit is hoe SA moet wees- helaas nie- onverdraagsaamheid oorheers tans. Met respek- die persone wat so galbraak het of ‘n uiterste minderwaardigheidskompeks, of is ongelukkig met hulself en wil hul griewe uithaal op ‘n ge-identifiseerde onderwerp-naamlik die Afrikaner en sy Taal wat hy deel met ander Afrikaanses aan die suiderpunt van Afrika. Naiwiteit is ook skynbaar aan die orde van die dag met ‘n hoop op ‘n kommunistiese tipe utopia wat nooit sal bestaan nie- dit is nie deel van Suid-Afrikaners se DNA nie. Verder behoort filosofie in die lesinglokaal en nie ‘n stap verder nie, ne Prof van Marle (UP). Wees trots op Afrikaner kultuur, leef dit uit, en moet nooit ‘n tree terugstaan daarvoor nie!

Trots Afrikaans ·

Ek kan nie die huidige haat en woede binne my beskryf nie. Nie vir my vyand nie, maar vir my volkverraaiers. Alles wat julle het, al julle weelde kom van die Afrikaner af, duur gekoop met bloed en sweet deur my voorgeslag vir dit wat jy so maklik minag.

Mag die God en volk wat jy so maklik verag jou genadig wees. Dien julle wie julle wil, ek en my huis ons sal die Here dien.

My vyand sal ek met dapper eer begroet, maar vir jou verraaier, vir jou sal ek nie eens ‘n graf grawe nie.

jacobus ·

Hier is baie duidelik n groep met n agenda en n strategie om Afrikaners by te kom. Kort-kort word debatte gereel en n duidelike patroon begin wys. Wie sit agterdie agenda en wie finansier hulle? Ons moet begin huiswerk doen en hulle aan die kaak stel

andrea van vuren ·

Jacobus, hoekom wroeg en wonder jy nog? Kyk wie was die hoofsprekers in hierdie sogenaamde debat. Roelf Meyer en kie. Wonder net hoe hiérdie lakei van FW de Klerk skielik ‘n professor geword het. Voete gewas?

Marius van Niekerk ·

Dis maar slegs ‘n paar opinies van individu. Elkeen is geregtig op sy eie opinie. Ek twyfel of die breë Afrikaner enigsins sal saamstem met al die bg. twak. Rustige nag ,ou grote.

Jollie Jacqueline ·

Hierdie Afrikaanse EFF lede is belaglik. Hoe onnosel wil jy wees? Om wit lid te wees in daai party? By wie probeer jy gatkruip? Dink jy hulle gaan jou los as daar ooit ‘n revolusie uitbreek?

Jakes ·

Man, ek dink dis tyd dat hierdie sogenaamde ‘Euro-Afrikaners’ bietjie ‘n paar reguit en harde vrae antwoord. Om vir die res van ons voorbeelde te begin noem van hoe en waar in die wêreld hulle andersdenkende ideologië gelei het (of tans lei) na vooruitgang, stabiliteit, ekonomiese groei, ens, ens. in pleks van die afbrand van universiteite en so. Verduidelik vir ons mooi hoedat die afbreek van die Afrikaner, en sy taal en kultuur hierdie land gaan baat, sodat ek dit ook kan verstaan asseblief.

Waarheid ·

Dinkskrum – Julle kry die verkeerde antwoorde want julle vra die verkeerde vrae. Die Afrikaner-Boerevolk is. Die Zoeloevolk is. Andere het ‘n probleempie as hulle nie mooi weet wie en wat hulle is nie. Grense bring Vrede.

ALWYN BEETGE ·

Ek is n Afrikaner. Ek het nie sulke volksvreemdes nodig om my identiteit te herdefinieer nie. n Universiteit is nie ernstig om sulke randverskynsels te laat debateer oor so n onderwerp nie.

Otter ·

Ek raak ‘n bietjie geïrriteerd met uitsprake dat Afrikaners hulleself uit vrees isoleer terwyl dit natuurlik vir mense om te assosieer met dié waarmee hulle ‘n genetiese/kultuur band het.

Vicus ·

Na die lekker reen is daar ook so baie VUILGOED in my tuin.

Sarie ·

Wessels, Melanie Verwoerd (hoekom sy nog die van gebruik weet nugter), van der Westhuizen en ander nuwe ridders van Afrikaner bashing soos Delport en die EFF vriendjie ( rent ‘n Afrikaner) wys net hoe eensydig die gesprek sou wees. Hoekom is Afriforum en Solidariteit en miskien ook Steve nie genooi nie. Dit sê baie van hulle demokratiese gesprek. Arme kinders wat aan die gemors blootgestel moes word. Gaan hulle nou dieselfde gesprek oor die Khoi en die Zulu ook hou?

hans ·

Wonder of die ouers van die skoliere ooit geweet het waaraan hul kinders blootgestel sou word.

Danie Kok ·

Net om aan hierdie bende Afrikaanssprekende Afrikanerhaters te dink, laat my erg besoedeld voel…

Jobeth ·

Ek is nie n filosoof nie! As Afrikaans moet val omdat dit nie deel is van Afrika nie moet Engels ook val is dit dan nie? Ek is nie n lektor aan n universiteit nie! Maar hoekom gaan jy dan vir jou filosofie studente van Nietzsche Kant en Aristotle probeer leer as dit nie deel is van Afrika nie? Dan wil ek net weet… Hoe gaan mnr Terblanche sy vak aanbied? Afrikaans is weg Engels is weg!!! Dit sal n onmoontlike taak wees om veral n filosoof soos Nietzsche se werk bv. In Noord Sotho te vertaal ek twyfel of hy n Afrika taal kan praat indien so sal ek graag sy weergawe van enige filosoof se werk in n Afrika taal wil hoor! Mnr Terblanche jy het alles behalwe n liefde vir die wysheid!

Tokkie ·

Stem saam – mnr Terblanche het nie mooi gedink in die “dinkskrum” nie.

Maritha ·

Daar was maar altyd die “Ons, die regverdiges” Voel jammer vir hulle. Identiteitloos, ken nie lojaliteit nie en self gesentreerd. Definief die soort, wat mense wat help, soos Steve Hofmeyer en Sunette Bridges kritiseer in plaas van om by te dra. Wys my wat het die forum gedoen om n helpende hand te verleen anders as verbale diarrhea. As die hele wereld moet terug trek na waar hul vandaan kom, bly Noag oor…

Ysters ·

Soos hulle sê: “welkom in die kring van die spotters”
Net, dit blyk nie almal is welkom nie

Ons leef almal op een aarde. Daar is duisende grense met biljoene mense. Dis onmoontlik om van almal te hou. Die aarde is gemaak vir die mens. Die mens verwoes alles en dan homself.

Ek dink dit is tyd dat almal net wakker skrik; die mens is vas aan die slaap. Als wat gebeur irriteer my tot vervelens toe. Een groot grap. Mag die Here ons bewaar.

John ·

Ja ja, alweer by Wits. Steur julle vreeslik daaraan. Die Engelse is darem die beste. Wil nou uit die EU want die mense waaarvoor hulle so lief is, wil soontoe trek. Skielik neem hulle ook net immigrante met hoe kwalifikasies wat baie verdien, maar in ander lande maak hulle hul monde wyd oop. Nog altyd die Boere gehaat. Ons sal self besluit wie ons was, is en gaan wees, dankie. Die Britte hier kruip nou ook maar kwaai by Afrika om tog nie home toe gepos te word nie want die mense daar soek hulle nie. Kyk die Engelse tannie van 90. Sy moes ‘n groot bohaai maak voor sy daar kon aanbly.

Christo van Zyl ·

Wie is die arrogante mense en wat probeer hulle bereik deur die Afrikaner te bespreek. Sal hulle ook ‘n gesprek voer oor Swazis of ander. Ek sidder om te dink dat hulle titels soos dosent het maar dan is die verval van ons onderrig instellings niks nuut en bevestig hulle dit net weer.
Op die ou einde hang hulle politieke onderrokke sleg uit en laat hulle boodskap jou wonder hoe dit inpas by die huidige rassisme debat.
Laastens wonder ek hoe misplaas die gedagte van die vrees by Afrikaners is. En wanneer gaan daar ‘n einde kom om anargiste te verskoon as betogers. Nou word die rugby publiek die sondaars.

Andre ·

As ek dit lees wil ek slaan, so ek sal liefs dit nie lees nie. As hulle Afrikaners is wil ek nie een wees nie en ek glo hulle voel so oor my ook. Dan is dit reg so, broer teen broer soos destyds.

Jaco ·

Die grap is dat hulle nie Afrikaners is nie. Hulle het nie n kultuur of identiteit nie.

Flippie ·

Leon Weasels die NP LV en minister wat in die parlement en labinet beland het op die rug van Afrikaner sentiment as ‘n Afrikaner.

En nou is hy nie meer ‘n Afrikaner nie, maar Euro-Afrikaan. Bogsnert, hy was ‘n verraaier van die Afrikaner/Boervolk van die begin af. Hy het al toentertyd die goedgelowige Afrikaners ‘n rat voor die oë gedraai en toe omgedraai en hulle lojaliteit beloon met ‘n mes in die rug.

Ek wonder wat sy huidige standpunt oor Afrikaans op Universiteite is? Hy is verseker een van Jansen se ondersteuners.

Ek dink nie hy is ‘n geskikte persoon om oor Afrikaans ‘n mening te lug nie. Hy het al genoegsaam skade aan Afrikaans aangerig en is die naam Afrikaner nie waardig/werd nie.

Pieter.v ·

Leon Wesels moet nie eers probeer om menings oor die Afrikaner te vorm nie want die menings wat hy en die ander verraaiers gehad het oor die utopia wat sou gewees het, het toe deur die mat geval. Daar sal opgemerk word dat die sprekers sorg vuldig gekies is, al wie nog genooi moes gewees het was Julias Malema en Zuma dan het ons al die enersdenkendes bymekaar gehad

Frik Lotz ·

Ja, n dinkskrum waar hulle n klomp bollie praat. Hoekom moet daar alewig gedebateer word wie n Afrikaner is? Nooit is daar n debat wie n Zoeloe is of n Sotho of n Engelsman nie. Die Afrikaner word altyd geteiken. Ons Afrikaners weet wie ons is. Die Afrikaner is n inheemse Afrikaanssprekende blanke volk van Suid Afrika met sy eie unieke geskiedenis, kultuur, tradisies en sy Gelofte. En ja, ons het ons eie Boererepublieke gehad. Die Afrikaner is hier om te bly en gaan nie verdwyn nie. Nog minder gaan ons toelaat dat n klomp linkse liberaliste ons as volk probeer definieër en ons probeer vertrap en selfs wegwens. Ek is n trotse Afrikaner. Punt!

Piet Boer ·

Gaan gerus voort om ons te onderdruk; kyk maar wat gebeur het met Afrikaanse musiek na 1994! Ons gaan net sterker word!
…. O ja, en moenie julle oë weghou van die 400,000 blankes wat in plakkerskampe woon nie ….. daar is nie gesinsbeplanning nie

Stan ·

Wat ‘n klomp slap gatte. Hulle eie maatjies gaan hulle nog in die rug steek. Hoe gebroke moet hulle ouers nie net wees nie!

Wykus Louw ·

Dit is ontoelaatbaar dat ‘n ander wil besluit oor my identiteit, oor wie ek is, oor waar ek vandaan kom, wat my maak wat ek is.

Ek is ‘n Afrikaner en dit is nie nodig om my te definieer nie, daar is reeds ‘n definisie. Dit is amper so belaglik soos om ‘n groep Nazi’s, Fasciste ensovoorts bymekaar te kry om te besluit wie is ‘n Jood. O, nou onthou ek, hulle het dit gedoen, en ons weet wat die uiteinde was!

Dit is verontrustend dat ons kinders in sulke eensydige politieke gesprekke ingetrek word, waar die doel is om hulle eie volks identiteit te verswak. Die doel is duidelik asimilasie of uitwissing.

Ek weet nie meer waarheen nie.

Draadloos ·

Lanklaas so opgewerk geword oor ‘n berig. Hou op krap aan die afrikaner!!!

Veritas ·

Nou toe nou. Eks mevrou Verwoerd se opinie dra gewig? Wie is sy nou eintlik? Haar kennis van Afrikaner wees is skynbaar beperk tot haar wens om nie een te wees nie. Kom ons ontleed gou haar ‘geniale’ indeling van Afrikanergroepe. Eerstens die ‘Steve Hofmey’r-groep: Jammer Steve maar ek glo nie dié groep verteenwoordig meer as sowat 10-15% van die Afrikanerbevolking nie. Tweedens: Die Orania-groep: dalk 10%. Die derde groep, die ANC-groep, verdien nie eers vermelding nie maar laat ons eks mevrou Verwoerd nie afjak nie en ons gun haar 5%. Wiskunde was duidelik nie haar sterk punt op skool nie want ons trek nou eers by 30%. Sy was seker saam met Oom Jacob op skool. Óeps ons (eks mev Verwoerd) het vergeet van die orige 70%. Wat nou Slim Sannie? Waar kry ons dit vandaan? Ek sal jou vertel: Die orige 70% bestaan uit Afrikaners wat gematig is. Let wel ek sê, ‘Gematig’ nie Liberaal of Konserwatief nie maar ook nie diegene wat passief staan nie. My pa het altyd gesê: Dink voor jy spring want daar is dalk dorings daar onder. Op dié stadium behoort eks mevrou Verwoerd te weet hoe ‘n arme turksvy moet voel.

Dirk T ·

Dit klink eerder of hierdie dinkskrum groepie nie ‘n eie identiteit het nie. Hulle tas maar in die donker rond.

Tom Theron ·

Soos wolwe wat debat voer oor die identiteit van skaap- wees.. Intellektuele skottelgoedwater.

Jaco Grobler ·

Leeus steur hulle nie aan die opinies van skape nie. Die geblêr is gehoor en vergete….

Melanie ·

Grootste spul bog nog. Die menings verteenwoordig nie die meerderheid Afrikaners nie. Dan word dit verkoop as verteenwoordigend! Belaglik.

Melanie ·

Glad nie verteenwoordigend van Afrikaners nie. Grootste klomp snert ooit. Ek stem saam hou op krap aan Afrikaners.

Bruno Stef ·

Die Afrikaner kry sy opvoeding en denkwyse van moederskoot af daarom probeer die ultra -liberales die Afrikaner jeug beinvloed met die uitnodiging van top Afrikaner skole na hulle eensydige gelaaide besprekings.Dit is duidelik waarneembaar dat daar n groot verskuiwing onder die Afrikaner gesindhede plaasvind en politieke uitsprake deur ANC/DA/EFF in felheid sal toeneem tesame met die ongure karakters wat n platform aangebied is met die oog op die verkiesing.Die afwesigheid van die VF/ Afriforum/Solidariteit is my insiens n duidelike teken dat dit n eensydige bespreking en gepoogde breinspoeling is wat met die nodige afsku verwerp moet word.Ouers en onderwysers moet nie toelaat dat die jeug wat moontlik vatbaar is vir sulke wanopvattings deur sulke randfigure beinvloed word nie.

Rooijan ·

Dit is interressant dat prof Melissa Steyn sê sy wou ń dialoog reël met uiteenlopende menings. Toe is al die sprekers apologistiese, ekskuus dat ek leef lafaards, wat gereed is om alles wat vir die deursnee afrikaner saak maak weg te gee as “hulle” ons tog net in vrede sal laat. Melissa sê vir my as ek eers Afrikaans in my skool, kerk en universiteit opgegee het wat is ek dan?

LPR ·

Die klomp praat dalk Afrikaans maar hulle is verseker nie Boere

Flippie ·

Maroela ek kan nie glo dat julle Leon Wessels karakter beskerm deur ons bydraes te sensor nie. Hy wat een van die hoofargitekte was van die gemors waarin die Afrikaner hom bevind.

Ons wag nog steeds vir die beloofde opvolg referendum – ook een van die leuns wat hy vir ons vertel het sodat hulle kon voortgaan met die planne om die Afrikaner/Boet te vernietig onder die fekmantel van ‘n reënboog nasie wat met wigte en teënwigte dir veilige en voorspoedige voortbestaan van elke komponent (van individue tot bevolkingsgroepe) van die Suid Afrikaanse gemeenskap sou verseker.

Waar is die beloofde referendum?

StopTheMadness ·

n Afrikaner is n Afrikaner is n Afrikaner. Jy kan nie dat mense se politieke – en lewensbeskouings hulle identiteit definieer nie.

matie willemse ·

Aan almal kyk you tube “her name is ms ann” veral die mense wat dink ons is onnosel, prof Steyn, kom ek daag jou uit dan lewer jy kommentaar.

david ras ·

Iewers in die 1780’s het ‘n sekere Hendrik Biebouw in protes teen ‘n landdros wat hom destyds wou arresteer , luidkeels uitgeroep—“ik ben een AFRIKANDER…….!
Dit was voordat enige swartmens nog geweet het hulle bevind hulle op’n plek op die planeet Aarde met die naam Afrika !
As mens Biebouw se uitroep beskou as eintlik die eerste lewensskreeu van wat vandag bekend is as die Afrikanervolk, hoekom moet sy bestaan vandag ,236 jaar later weereens bevraagteken word ?

Is hierdie groepie nie maar eintlik ook maar die bruikbare idiote van die SAKP propagandiste nie ?
Ek was jare gede teenwoordig toe ‘n hogere ANC man gese het : “it was decided in Lusaka that by 2013 there must be nothing left to remind the world of the existence of the Afrikaner…..”
Dis nou al 2016………maar met die hulp van die Kruiperkaners…….!

kobie ·

hoe is dat afrikaans nou vermorsel word en engels die taal is wat aangehang word is dit omdat dit n engelse regering was wat destyds apartheid tot stand gebring het

pieter ·

EK EN MY HUIS,TROTS BOER AFRIKAANS.DIE EMMER BLOED IS NABY OM OMGESKOP TE WORD.

Chris ·

Janee heel duidelik is daar nie plek vir Afrikaners in RSA nie.
Dus is eksterne selfbeskikking die eenigste volhoubare opsie vir Afrikaners indien hulle n toekoms wil he .

Sann ·

Te oordeel aan die kommentaar hier, is daar dan seker “Maroela -Afrikaners ” ook. Ek kan nie besluit of hierdie akademici die onnoselste klomp by mekaar is, en of hulle wraggies dink ons gewone mense kan so aan die neus rondgelei word nie! “Think -it’s not illegal yet!”

JCS ·

Dit is alles ‘n klomp snert, In Namibië word daar baie Afrikaans gepraat en is daar Afrikaanse skole en kerke en is daar baie blankes. In Botswana is daar baie blankes. Selfs in Zimbawe is daar blankes en daar is nie in een van die buurlande hierdie wreede aanvalle op mense in hulle huise nie.

Ek is self al aangeval en die enigste verskil tussen Suid Afrika en die buurlande id “Die ANC!!”

Dit gaan nie oor Afrikaan, Afrikaner of witvel nie. Dit gaan oor die onvermoë van die ANC en Zuma!!

Trots afrikaner ·

Hahaha.meng jou met die semels dan vreet die varke jou.gaan dinkskrum oor daai een meneer oelofse.ons afrikaners was hier 100 jaar terug en sal mog hier wees 100 jaar van nou af.ons gaan le nie ons oorleef en verbeter.dit is hoe ons aanpas.en asb as nooi die regte mense na die dinkskrum toe.jy is in elk geval met so goed soos jou beste kompetisie

Jaco ·

Ek voel baie meer welkom in Namibië of Botswana as wat ek in my eie geboorteland voel. Dalk moet ons maar die namibiers gaan help om n eerste wereld staat te bou…

Connie ·

Ek wens hulle wil die Afrikaner uitlos. Ek is so moeg om afgebreek te word. Vanoggend op RSG het dit weer gegaan oor wit bevoorregting. Wonder waaroor almal sal gesels as ons nie meer daar is nie. Die mense vergeet dat daar nou al net soveel swart studente is wat van die “voorregte” deel. Miskien meer as die wittes. Sal altyd by my volk staan.

Marinda Pretorius ·

En met dit dames en Here, het ons darem vandag, ons daaglikse dosis humor ingekry…want ernstig, kon die spulletjie, seer sekerlik, nie gewees het nie….Hulle het seker gemaak, hul kry elke persoon, wat Afrikaans en sy kultuur haat, bymekaar, en noem dit toe, “Afrikaner dinkskrum”

Jaycee ·

Moet saamstem Marinda. Namens wie praat hulle want dit is opvallend dat hulle ‘n anti-Afrikaner agenda het. Dis hulle reg om hulle menings uit te spreek maar was daar iemand wat die handhawing [miskien effens geslyp hier en daar] van die Afrikaner se identiteit en kultuur ondersteun het? Enige kultuurgroep moet aanpassings maak maar hierdie klomp praat nie van aanpassings nie maar van volledige Afrikaner kultuurmoord. In die kort uittrekseltjies oor hierdie “dinkskrum” wat ek op TV gesien het, het die sprekers Engels gepraat, met ‘n Afrikaanse aksent! ‘n Klomp ontworteldes as jy my vra wat net saamkom om mekaar warm te broei. Indien hulle groter diverse Afrikaner-denke ingesluit het, sou hierdie gesprek ‘n goeie bydrae gelewer het tot die konstruktiewe slyp van die Afrikaner se kultuur en identiteit.

Maria van Dieweeck ·

O Heer my God Beskerm ons asseblief teen elke aanslag wat die vyand stuur!

Jul mors jul tyd, geld en sleep boonop arme onskuldige kinders by jul snertpratery in! Die afrikaner in n neutedop:

iemand wat lief is vir sy land, wat lief is vir sy taal, mense wat goeie planne kan maak (ook as hul gevra word) en wat die vermoe het om sulke planne deur te haak (met lekker harde werk ). Hul hou ook van omgaan met ander nasies vir verskeie doeleindes! (Watse isolasie man?)

Die Afrikaner boer vooruit (NIE NET OP PLASE) Daar is n gedrewenheid na verbetering, en n strewe om ander te help, ongeag!

Mense blameer die AfRIKANER vir die gierige britse koningin se onmenslike besluite en optrede in ons land in die verlede!Ja oopkop nuwe denkendes, maak regtig jul denke oop. omdat ons vel die selfde kleur is beteken min.

In elke nasie op God se aarde is daar goed en boos, SEKSUELE ORIENTERING MOET ASSEBLIEF AS N ANDER DEBAT GEVOER WORD!

Leer liwer ons kinders die volle WAARHEID oor ons verlede dan sal hul weet wat hul is en in die toekoms wil wees.

…Spul witgeverfde grafte as jy my vra! MAG GOD HUL SEEN..

André van Coppenhagen ·

Dit lyk nie vir my na ‘n dinkskrum nie maar eerder na ‘n groep Afrikanerhaters wat saamdrom om Afrikaners se basiese menseregte te skend. Elke etniese groep is geregtig om te bestaan en hoef nie te sterf omdat ander groepe nie van hulle hou nie. So is dit vervat in terme van intrnasionale reg. As ‘n gay persoon sê dat Afrikanerskap moet uitsterf omdat dit nie pas by Afrika nie, dan wil ek graag daarop wys dat homoseksualisme in by verre die grootste dele van Afrika taboe is. Ons sal staan op ons reg om as etniese groep voort te bestaan. Die Christen Afrikaner is ‘n vreedsame mens. Vreedsaam, maar hulle het gekom om te bly.

Francois ·

Terblanche Delport is sy eie vyand !!! Ek is 100 % Afrikaans sprekende wit man, en trots daarop ,en die wat ‘n probleem het daarmee kan gaan bars !!! Geen dinkskrum,vergadering of werkswinkel van een tot duisend dae sal enige verskil aan die geskiedenis of die Afrikaner beeld bewerkstellig nie.

Yvonne ·

Jammer mêrrempie maar die banggatte/slapgatte was eintlik die groepe teenwoordig daar in julle sogenaamde Afrikanerdinkskrum. Wat is liberalisme nou maar eintlik as n eventuele oorgawe van alles wat kosbaar en eie is!

John ·

Hier kom ‘n oorlog wat niks met ons te make het nie. Ons moet net uit dit bly. ‘n Groot magstryd is aan die opbou tussen faksies. Die Afrikaners moet wegbly uit die hele vete. Dinge gaan verander. Ons moet dit uitwag en ons monde leer hou. Partykeer is stilbly die beter opsie. Die’ rasseoorlog het dalk nie op ons betrekking nie.

Jaco ·

As delport n aanduiding is van waar UNISA se teologie opleiding beweeg het, het ons een van die dae probleeme in ons kerke. Selfs al is sy uitlatings dalk filosofies moet jy in Ag neem dat sy sienings sy teologie beinvloed.

Mariaan ·

Klink eerder of hulle bang is om hulle se te se en se Wat ander wil he Wat hulle moet se .wie weet hulle verkoop eerder hulle siel aan die duiwel om hulle werke te be hou. No guts no glory.shame.ek is nie saam om n wit vel en taal te he nie.

Andre Badenhorst ·

Soos my tienderdogter sal sê: “Whatever”. Die eendjies trap in gelid in selfekskresie tydelik verlig deur ‘n ekstatiese ter waterlating in Leegloopdam.

DC ·

Die probleem is nou al vir jare dat ons ou Afrikaner volkie ons identiteit self nie verstaan nie. Al die kultuur verenigings, politieke partye, kerke, ens kan nie eers ooreenstem wie die Afrikaner nou eintlik is nie. Ek dink dit is tyd dat ons die ou debatte stop. As ons al die energie wat ons gebruik om nou te stry oor ons moet die taal of daai taal hier of daar moet praat eerder toespits om die land en AL sy mense te help opbou en die haatspraak te stop, sal die land weer vorentoe kan gaan. Ek is moeg om te sien hoe dit wat deur jare opgebou is verbrand en verbreek word. Dit lei net almal se aandag van dit af wat gedoen moet word.

Oom Boer ·

Gewese vrou- Melanie Verwoerd, asb moet nie Oom Hendrik French Verwoerd se naam hier deur die modder kom sleep met jul Afrikaner uitverkopings aksie nie. Hy en tannie Betsie was ‘n man/vrou van statuur en trotse mens en die hele land het geween op 06 Sept 1966 toe hy van sy lewe ontneem is. Jy, goue handruk verkoper R.Meyer en gades kan sovele uitverkoop dinkskrums hou soos jul wil, maar in my en familie is Afrikaner bloed en so sal dit bly tot lengte van dae. My Taal, kultuur, godsdiens en herkoms is nie op vir veiling nie en kruipers sal ons nimmer te ooit wees nie.

Trenchant ·

“Daar is nou weer ernstige druk oo die afrikaner om aan te pas”??? WTF?? Ons is die enigstes wat aanpas on smoes na 94 aanpas by hier gemors wat nou tot n klimaks kom. So waarby is dit presies waarby ons nou weer moet aanpas??? Ons volksmoord? Ja ek het dit gese…volksmoord…die uitwissing van enige groep se identiteit soos wat hier bespreek is, is deel van die UN se definisie van volksmoord. Nie my interpretasie nie. Gaan lees dit self.

anne ·

Deur afrikaans se praat maak jou nie ‘n afrikaner nie. Hierdie klomp is niks anders as volksverraaiers en ‘n skande vir ons afrikaners nie.

Yolandy ·

Prof Christi van der Westhuizen, verduidelik net asb die volgende ander denkendes,.want niemand sal ooit dieaelfde denkwyse he nie, punt een volgens die woorde boeke dan kom ons by rassisme uit, rassisme volgense woorde boeke beteken om een se wyse,.kultuur ensv op.ander af te dwing. Volgens U moet ons nou neerdaal en soos hulle word maw u keer goed dat rassime voortgaan net in die teenoorgestelde rigting ipv om rassim heeltemal hok te slaan. Verduidelik nr twee, elke keee wanneer hulle nie hulle sin kry oor n situasie nie dan trek hulle die rasse kaart uit en blameer die mense na 20 jaar nog, ao ver my kennis strek as jy rerig jou dink.ding gebruik dan kon hulle mos hulle handjies uit haal salke haal en begin bou en koop want meerderheid van hulle besit die hoe poste waar hulle meer as n Miljoen rand n jaar kry, maar nogsteeds bly meeste van hulle om goed af te breek en te brand en te verwoes. Derde verduidelil die volgende: My een werkskolla was nie tevrede nie en blameer my toe, ek het toe bealsuit om nie still te bly nie en het die waadheid verklap en toe ek die ander waarheid wou speel toe wil hulle dit nie hoor nie en se toe vir my in direkte woorde: “It is because u dont think like us, u must think and do like we do? Nou soek ek verduideling.

Pieter.v ·

Terblanche Delport jy sal jou naam moet verander want dit kan nie in jou nuwe S.A .gebruik word nie miskien Tubani Dumasani .

Johannes Christoffel Mu"ller ·

waar begin mens, By die hartseer, Die Pyn, By die Weg kwyn van eens Trotse Verbonds Volk. Die Woord van God het Hoofstuk na Hoofstuk in Psalms kom God na ons moet Vertrou in hom. “Psalm:37 Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou!” Ons moet nooit vra hoekom gebeur al die dinge, moorde, vervolging, het hul dit nie met Jesus gedoen, omdat ons Jesus so lief het, Sal dit met ons gebeur, ons moet volhard in gebed, ons tye is in sy hande, ons sal die wereld verlaat en n Ere plek langs Jesus in neem, Wat nou saak maak is dat ons Christene ons werk vir God moet voltooi al Sterf ons vir ons geloof, ons Vertroue moet in God bly. Soli deo Gloria – Johannes Christoffel Muller.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.