Mense glo beroof tydens konsert by FNB-stadion

Foto: Stad Johannesburg/Twitter

Talle konsertgangers wat Sondag die Global Citizen Festival by die FNB-stadion naby Soweto, suid van Johannesburg, bygewoon het, beweer hulle is beroof.

Die konsert is gehou ter ere van Nelson Mandela wat vanjaar 100 jaar oud sou geword het. Talle internasionale musieksterre soos Beyonce, Jay-Z, Ed Sheeran en Usher het tydens die konsert opgetree.

Volgens konsertgangers het dit baie lank gevat om die stadion te verlaat weens erge verkeer en is talle mense in dié tyd beroof.

Mense het op sosiale media vertel die stadion het in ʼn “oorlogsone” verander met talle mense wat glo van hul waardevolle besittings beroof is, asook vroue wat daar naby vir vervoer gewag het wat glo geteister is. Dit het alles glo plaasgevind sonder enige veiligheidspersoneel in sig.

Volgens berigte was daar glo ʼn groep van nagenoeg 30 mans wat konsertgangers met messe gedreig het, vroue se juweliersware van hulle afgeruk het en mense van hul selfone en ander besittings beroof het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Uiltjie ·

My mens, die rowers en moordenaars het mak geword. Gister ook gelees van mense wat op n bus geroof is! Daar is net te veel vuurwapens in verkeerde hande! Hoe het dit gebeur die laaste 20 jaar? Kyk na daai gesin van Bosbokrand wat ook gister uitgewis is. So hartseerlik. Sweerlik omdat die polisievrou haar werk reg gedoen het.

linda limbo ·

ja nee…………………….henna
as jy nou nog nie weet jy moet alles vasknyp jy weet waar…
seker gedink omdat dit in Soweto is jy gaan “”safe”” wees…

DG ·

In Soweto, sonder enige sekuriteit…. WAT HET HULLE VERWAG?? Eish!

Abel ·

Hahahaha welkom in ons dierbare Suid-Afrika. Elke liewe dag meer en meer!!!! Knyp maar alles vas wat jy kan!

Aardjie na sy Vaartjie ·

Oprah en Gail King was ook daar. Seker met hul eie sekuriteit.

Francois le Cochon ·

Jammer om te hoor, maar ons lewe in ‘n demokrasie wat die meeste mense voor gestem het. Indien julle in ‘n ander demokrasie wil woon, met wet en orde, stem dan vir ‘n ander party.

liefie ·

Met die prys van die kaartjies, sommige kaartjies meer as R2000,00 per kaartjie, is dit geen wonder dat geld van ver af geruik is nie.

Bea ·

Die kasrtjies was nie te koop nie. Jy moes dit verdien. Baie wat daar was was dus jie wel af nie

Staan op ·

Ek wonder net hoekom moet dit werk dat 30 mense duisende ander oorromoel. Kon niemand besluit genoeg is genoeg en daai 30 laat les opsê nie? As minstens 60 mans saam gestaan het sou hulle die 30 kon oorrompel

Jaylo ·

Hou op om in plekke in te klim waar julle duidelik nie meer welkom is nie. Ons Suid Afrikaners moet besef daar is nie ‘n reenboognasie nie en jy moet jou eie konserte begin bywoon in veilige arenas maar as jy meer inklusief wil wees en die nuwe SA wil omarm GAAN jy beroof word, help nie jy swaai jou DA of ANC kaartjie nie.

Elna ·

Welkom in Suid Afrika waar die misdaad in hierdie land hoog gery vier.

Jakes ·

Wys jou maar net, ons het donderdag die guns n roses konsert gaan kyk en dit was vet pret, niks moeilikheid gehad nie.

WIEBO ·

Nou wat verwag konsertgangers wat na n stadion in Soweto toe gaan???

DeVill ·

Wat soek julle in Soweto???

As jy moeilikheid gaan soek dan sal jy dit kry.

Bly weg van daai gat af!

Brutus ·

Wel party van die kaders dink hierdie is n beskaafte land met al die korupsie, roof en moorde. Sal sulke voorvalle ontken ook nog.

At Dippenaar ·

Met die FNB so digby Soweto wat verwag jy. Promoters soos Big Concerts behoort van beter te weet as om optredes van internasionale sterre daar aan te bied. Maar die een was, soos Casper Nyovest se teleurstelling in Moses Mabidha in Durban, swak georganiseer.

Jorgels ·

Nee kyk, hier kom die typical Saffa uit op die blad, skreeu dat almal moet luister en omgee as iets met jul gebeur, maar as dit met ander gebeur, dan is dit net “wat het julle verwag” blameer die victims, well done, ek hoop julle is trots op julself, geen wonder geen buiteland soek Saffas meer nie.

Twakkie ·

Saffas is BAIE welkom oral waar flukse en getroue werkers hoog aangeslaan word, Jorgels. Die mense uit die VSA wat dié gedoente kom bywoon het, is dié wat oop grense vir migrante in die VSA wil hê terwyl hulle self agter hoë mure sit, in limousines oral vervoer word en hulle eie bodyguards oral saamneem. Só ‘n jammerte die celebrities het nie ook onder die aanvallers deurgeloop nie. Die linkses met hulle dom weiering om realiteit oor die Derde Wêreld in die oë te kyk, laat my bloed kook.

Pop ·

Bly by julle huise wat soos tronke ingerig is. Ons weet mos om selfs winkel toe te gaan is n helse risiko. Wat nog n konsert!!! Hel nee.

jakes ·

Die slagoffers moet maar vir Oprah gaan vra vir geld want haar toespraak was definitief nie goed genoeg om daarvoor te betaal nie. Dit verbaas my nogal dat die FNB stadion nog staan. Al het die organiseerders my n miljoen betaal om te gaan kyk sou ek nie. As jy jouself vir n toffee hou om ge eet te word doen so voort. Kry vir jou!!

Netso DG ·

My punt ook. Wat het hulle verwag? Nuwe Suid Afrika, middel van Soweto? Flippit, dis soos om wors in ‘n hondehok in te vat en verwag dat hulle nie eers gaan kyk nie. Ek gaan nie eers meer in spitstyd mall toe nie en as ek gaan vat ek my 9mil saam.

PJ ·

Dit kan die Buiteland net meer vasbelote maak om in ou ramapromise se land te kom belè he he he

Karolis ·

Iemand het eendag hier geskryf: as jy jouself ‘n toffie maak dan sal jy gekou word.
DVD is mos ‘n goedkoper en veiliger opsie.

Gert ·

Dit omdat dit n gun free zone is. Enige ander plek dou hulle dit nie gewaag het NIE. Die dik polisie manne het net vip mense opgepas

TB ·

Wel, wat verwag n mens die stadium is naby soweto crime all over

Keet ·

Nee kyk, die komentaar op MM wys duidelik hoekom afrikaners so min gerespeekteer word, jul soek hulp orals, maar verlekker julself hier aan. Nothing else than the ordinary Saffa houding.

Mariana ·

Ek wonder maar net oor die waarheid rondom hierdie histerie volgens Minister Cele is slegs 1 persoon beroof en n skuldige is gevang. Hy het gesè dat enige persoon wat aangeval is n saak by die SAP MOET AANMELD. WEL, kan die PERFEKTE (TV EN GEDRUKTE MEDIA) ons asb op die hoogte hou nadat hulle die nodige inligting by die SAP gekry en verifieer het!

Helesti ·

Snaaks dat daar nie sulke voorvalle gebeur het tydens die Guns and Roses konsert ñ paar dae vroeer nie…

Bea ·

Cele praat twak. Ons was daar. Die polisie het meer omgegee vir verkeer as die konsertgangers. Daar is talle mense beroof

vramaarnet ·

Hoekom vra jy elke keer of dit by Nasrec was as jy sê jy was daar??????

AMS ·

Mens weet nie meer wie en wat om te glo nie. Glo jy die polisie wat sê daar was net een voorval of glo jy dit wat wyd in die media versprei word dat dit veel erger was? Dis dinge soos die wat sal maak dat die gewone mens nie meer sulke goed sal bywoon nie. Kan mens dieselfde kriminaliteit verwag by byeenkomste in meer “beskaafde” gebiede? Indien die gebeure wel plaas gevind het, het ons nou al so apaties geraak dat ons maar onder karre wegkruip en geen groep mans takel een of twee van die aanvallers nie?

Johan Kruger ·

sien hier is n paar mense wat se Aardrykskunde punte seker maar bitter laag was op skool, maar hierdie is n direkte voorbeeld van die anargie waarin ons beland het. Misdadigers het geen vrees nie en polisie staan liewers terug as om iets te doen.

Heidi ·

FNB stadium is n totale nagmerrie. Die sekuriteit na shows, die verkeer, sommer alles. Al wil ek hoe graag n show gaan kyk, sal ek dit glad nie weer aan myself doen om na daai plek te gaan nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.