Mense maak harte oop ná hond 6-jarige beetkry

Klein Dian de Bruin (6) na die voorval.

ʼn Ma van Brits in Noordwes sê selfs wildvreemdelinge – en van heinde en ver – het hul harte vir die gesin oopgemaak nadat hul sesjarige seuntjie deur ʼn hond gebyt en inderhaas peperduur mediese behandeling moes ondergaan.

Dina en Tjaan de Bruin se seuntjie, Dian, het verlede Vrydag ernstige wonde aan sy gesiggie opgedoen toe die gesin se hond, ʼn kruising tussen ʼn boerboel en ʼn labrador, hom beetgekry het.

De Bruin het gesê Dian, sy sussies Diniqke (9) en Dominique (7) was dié oggend tuis saam met hul huiswerker. Die vrou was besig om wasgoed op te hang toe Dian die hond, Seun, met water natgespuit het. Seun, ʼn gewoonlik liefdevolle en spelerige hond, hou niks hiérvan nie en het Dian gebyt.

Sy sussies en die huiswerker  het saam die hond van Dian weggekry en die vrou het inderhaas by die bure gaan hulp kry, van waar Tjaan binne minute met Dian na die Mediclinic Brits gejaag het. Hiér het Dian ʼn operasie ondergaan om sy wonde skoon te maak en te heg.

Die De Bruins het nie ʼn mediese fonds nie en die egpaar het hul gekombineerde salarisse net so vir die hospitaal gegee om hul kind te help. “Ek het ná die tyd vir hulle [Mediclinic Brits] ʼn baie mooi e-pos gestuur om dankie te sê. Ek was in ʼn toestand en hulle het ons só mooi gehelp.

“Almal, van die ongevallepersoneel tot die dokters, die verpleegpersoneel, die narkotiseur en diegene wat die bloedtoetse gedoen het, het ons dadelik gehelp,” het Dina gesê.

Die wonde genees reeds baie goed.

Volgens haar het die hospitaal boonop nie die volle uitstaande bedrag onmiddellik geëis nie, maar hulle kans gegee om dit te probeer bymekaar maak.

Ná ʼn plasing op Facebook het verskeie mense reeds hul hulp aangebied. “ʼn Vrou het my vangoggend gebel en die volle [uitstaande] hospitaalrekening betaal. Sy het ook ekstra geld inbetaal vir ons huur en elektrisiteit. Ek kon nie ophou huil nadat ek met haar gepraat het nie.”

Die voorval was ook vir Dian se sussies ʼn enorme skok. “Hulle het vir hulle pappa gesê hulle wil nie hê hul boetie moet doodgaan nie. Ons het mooi vir hulle verduidelik hoekom dit gebeur het,” het Dina gesê.

Sy het gesê sy het ook aan hul huiswerker verduidelik dat die voorval nie haar skuld was nie. “Sy het vreeslik gehuil.”

Die egpaar het wél later besluit om Seun van kant te maak. “Baie mense het ons gekritiseer omdat ons dit nie dadelik gedoen het nie. Die hond kon nie praat en sê ‘moenie my natspuit nie’ en Dian is ook net ʼn kind. Dit was nie die hond óf die kind se skuld nie. Hy het nie verstaan hy maak die hond kwaad nie en die hond kon dit nie sê nie,” het Dina gesê.

Sy het gesê ten spyte van die enkele negatiewe opmerkings wat mense oor die voorval gemaak het, het die gesin geweldige steun gekry.

Dian, ʼn aktiewe klein seuntjie, is reeds uit die hospitaal ontslaan en sterk tans tuis aan. Volgens sy ma sukkel hy die afgelope paar dae effens om te slaap, maar sy wonde herstel uitstekend. Hy kry ook behandeling by ʼn velspesialis om die merke te verminder.

Dian ondergaan steeds behandeling by ‘n velspesialis.

“Sy gesiggie lyk reeds ʼn honderd keer beter en hy kla nie regtig meer van die pyn nie.”

Die meeste van die steke om die wonde te heg is aan die binnekant van sy gesiggie en Dina sê met volgehoue behandeling gaan daar waarskynlik net ʼn paar ligte merkies oorbly.

Sy het gesê die gesin is uiters dankbaar teenoor almal wat hulle in dié tyd ondersteun het, sowel as diegene wat hulle finansieel gehelp het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Agter die skerms ·

Amen Amen Amen vir mense wat nog omgee. Amen vir die dame wat die hospitaal rekening betaal het Amen God seen jou. En God seen die res wat almal bewys dat daar nog omgee in ons land is.

Annelise ·

Dankie vir die deel van die mensdom se goeie harte – dit is nog daar!!

maureen ·

my seun was 4jr oud toe my ouers se hond hom ook so gebyt het dat hy vir n week in icu gele heþ en moes n operasie op sy kop want die hond het hom tot by sy skedel gebyt.sulke dinge gebeur.ons moet net ons kinders van.kleinsaf leer om saggies.met n hond te speel en nie hom natgooi nie.maar ek se ook dis glad nie enige iemand se skuld nie.die kinders speel met die honde en hond kan nie praat nie.ai bly die kind is ok.

Lizelda ·

Ek is regtig jammer vir dit wat gebeur het, maar ek is regtig bly dat die ouers nie al die blaam op die hond sit nie. Sterkte.

Asjas ·

Ons het soortgelyke voorval gehad, wou ook nie die hond uitsit nie maar Veearts het voorgestel dat ons dit maar eerder doen. Ons het almal lang trane gehuil en praat nog tot vandag toe (seker 15 jaar later), nog met baie liefde oor ons ou hond … daar huil ek alweer!
Ek verstaan die mense se wroeging.

Mandie ·

Nie die EERSTE keer wat die hond vir Dian byt nie. Ook nie die enigste kind wat die hond al gebyt het nie.

JH ·

Goeie genade…. Dankie Here! En dankie vir die barmhartige samaritaan vrou… Sterkte aan die klein seuntjie en sy ouers en sommer van my kant af dankie vir die sussies en die huiswerker en die buurvrou se vinnige optrede. In my oë is julle almal helde. xxx

Ek ·

Jy weet Lizelda…mense soos jy wat nou weer wil kom stirrrrr!!!!!! Ek gaan nie uitbrei nie….eks 100% seker jy kan lees en sien dat die hond nie “tot die uiterste getart” is nie!*! Wys ons i bietjie waaaaaar in DÍÉ BERIG staaf dit wat jy sopas geae het!!????

Chris ·

Met al die depressiewe politieke probleme bly dit n riem onder die hart om te sien ons mense gee nog om dra mekaar se laste

Jo ·

Ons is ook al daar deur dat die bure se bulldog my seun gebyt het, sy lip was oop geskeur, Arwyp hospitaal het hom glad nie gehelp nie selfs al was ons op n medies, en bonop wou hulle ons by die welsein aankla omdat ek die hond wou laat uitsit en dit was vriende van die nurse. (Sommer my skuld)

JH ·

En skies ek dit nie genoem het nie, maar DUISENDE dankies aan die hospitaal en die personeel. Ek, as ‘n ouer met ook ‘n klein seuntjie bedank ieder en elkeen uit die diepte van my hart uit.

Martie ·

Ai tog seun baie sterkte met die seerkry. Maar dit gaan gesond word. Ek wil jou tog vra om nie honde skrik te maak nie. ek dink Seun het geskrik en jou gebyt. Hy het dit regtig nie bedoel nie.

Elize ·

Ouers moet asb n punt daarvan maak om kinders behoorlik in te lig dat honde aggressief kan raak as hulle skrik, en ook nie speeelgoed is nie. Hierdie kon die kind se lewe gekos het. Arme dier, het seker groot geskrik met die natspuit en toe gereageer daarop. Alles so onnodig.

Weet ·

Ek voel jammer vir julle, MAAR julle het geweet die hond hou nie daarvan nie en sekerlik was dit nie die eerste keer wat hy dit met seun gedoen het nie. Julle seuntjie gaan nog lank emosionele letsels dra, sterkte daarmee. Ongelukkig, net soos “bokke” hierbo se, as hulle eers iemand gebyt het moet hulle uitgesit word, anders sal dit weer en weer gebeur.

Attie Strydom ·

Kritiek van my teenoor julle as ouers, om n onskuldige dier van kant te maak omdat julle gefaal het in die opvoedings proses van beide die kind en die hond getuig van julle hulpeloosheid!

Karlahari ·

Attie.
Het jou kinders altyd gedoen wat jy hulle geleer het? Nooit raas gekry nie?
Al gehoor van glas huise?

Lizelda ·

Dankie Attie ek stem 100% saam met jou. Aan die ouers v hierdie seun: moet asb nie weer vir hom n troeteldier kry tot hy weet wat dt is om n dier te respekteer

Mandie ·

Dit was reeds ‘n uitgegroeide boerboel en nie ‘n baba toe hulle die hond gekry het nie. Daar is geen manier wat jy so ras hond van groot af vat en tussen kinders laat bly nie. Jy ken daai hond se geaartheid van GEEN kant af nie. Na hy die eerste keer die een seuntjie gebyt het moes hulle geweet het om die kids en hond van mekaar te skei. So na die 3de VOORVAL (die keer erinstig) moes die hond toe eers van kant gemaak word?? Hoekom nie na die eerste keer die hond terug gaan gee nie? Nou is die hond dood en die kind emosioneel deur baie!

Dean ·

Hulle plaas nie blaam op die hond nie maar maak hom elkgeval dood. Hewige prys wat die hond moes betaal. Wens mense wil hul kinders leer hoe om honde te hanteer en hoe om hulself rondom honde te hanteer. Dis belangrik om die tyd te vat en kind te leer daaroor. Dis ‘n MOET. Dit kom nie altyd natuurlik nie. Arme hond en kind moes die prys betaal.

Bloudrom ·

Die grootste wonderwerk is dat die hospitaal hulle n tydjie gegee het om geld bymekaar te maak.

wonder maar net ·

Dis nogal opvallend hoe baie hondbyte in daardie omgewing is… Wonder net hoekom??

Hartseer ·

Weer eens is daar geen begrip vir ‘n dier en respek vir sy lewe nie. My hart breek vir diere wat altyd so maklik doodgemaak word. Einde van “probleem”, en die probleem is meestal nie eens nie dier nie. Wat het die kind hieruit geleer?

GM ·

Dalk het die ouers hul kinders geleer dat die hond nie geterg moet word nie. So baie veroordeel nou net. Ek raas gereeld met my 3-jarige en met my amper 6-jarige, en ek kan sien hul wil net speel – dis nie dat hulle aspris probeer wees nie. Ongelukkig is ons hond geterg deur ander kinders in die kompleks, dus het hy verander van ‘n liefdevolle gesinshond, na een vir wie mens moet oppas as hy in sy buie is.

Kinders bly kinders en sal altyd aanjaag maak nie saak hoe streng die ouers is nie. Ek haat dit as diere uitgesit word, maar wat is die ouers se alternatief in bogenoemde geval? Gaan iemand so ‘n hond aanneem? Of moet die eienaars en hul kinders wegkruip vir die hond en in vrees lewe dat so iets dalk weer kan gebeur? Dalk met erger nagevolge vir die kind.

Asjas ·

Sjoe! Ek kan ook nie glo hoe maklik mense hier weer veroordeel sonder om al die feite tot hul beskikking te he nie. Ons seun is gebyt toe die honde baklei het en hy hulle uitmekaar wou haal. Ons het nooit vir hom gese om dit nie te doen nie want dit het nooit voorheen gebeur nie. Ons hond het ook verander nadat hy vir maande deur stoute kinders in die staat geterg is. Ons het met die kinders gepraat maar hulle het net meer geterg. Ek wens eerder mense wil hul kinders maniere leer en ander mense, hul eiendom en hul diere in vrede los!!

Lee ·

@Snoopie, regtig? Mediese Fondse is onbekostigbaar vir party gesinne, maar tenminste verskaf hulle n werk wat ook na die kinders omsien om geld te bespaar vir nasorg.

Blommie ·

Snoopie wat ‘n onmenslike katterige opmerking ek skaam my vir jou. Sterkte aan die ouers en hul seuntjie. Ongelukkie gebeur. Sies skaam jou!!!!

GM ·

Snoopie & Sannie – Ons het nie een van die twee nie, maar ek dink ‘n huishulp wat na die kinders ook omsien, is goedkoper as medies. Het julle onlangs gesien wat skoolgeld en naskoolgeld kos? Ons betaal deur ons ore en ons kind is nie eers in ‘n privaatskool nie. Almal sou graag medies wou hê ter wille van hul kinders, dis ongelukkig nie altyd moontlik nie.

Vir elke ding wat iemand het, is daar verskeie opofferings wat daarmee gepaard gaan. Elkeen moet hul bes doen met die kaarte wat vir hul uitgedeel word, en ongelukkig is almal se kaarte nie dieselfde nie.

Op die ou einde van die dag het elkeen ‘n keuse of hul die ouers finansieël wil help of nie wat nie medies het nie. Vir hulle bly dit ‘n ‘gamble’ want dis nie te sê hul gaan betyds hulp kry nie. As mense luuks lewe, verkies om nie medies te hê nie, en dan vir hulp vra, lyk die prentjie anders -maar ons het nie genoeg inligting oor hul privaatlewe om daaroor te kan oordeel nie.

Zelma ·

Ja Snoopie my kinders het ‘n huishulp dit werk hul goedkoper uit as om naskool te betaal en Ook’nsnip maklik vir jou om te praat my kinders het party maande skaars geld vir kos die salarisse nie so groot nie hul doen ook maar net wat hul kan asb as jy niks goed te se het nie bly liewers stil hul probeer hul bes om die beste vir hul 3 kinders te gee

ZeldA ·

Shame snoopy… Diemediese fonds sou die hond van die kind afgehaal het en gaan hulp soek het….. Dankie Here want die huishulp het die kind se lewe gered!

Renier Engelbrecht ·

Attie, dis onnodige en ongevraagde kritiek. Dit was n ongeluk en onskuldige kind kon sy lewe verloor het. Wees dankbaar dat alles goed afgeloop het. As n hond eenkeer gebyt het gaan hy dit weer en weer doen. Ek het ook kleinkinders en n jong hond waarmee hulle speel. Daar word gewaarsku en n mens probeer maar jy is nie altyd by nie.

Heines ·

Ek is so dankbaar saam met die ouers vir die seun se herstel en saam dankbaar vir almal betrokke se hulp in watter opsig ookal. Dit maak mens positief Dat daar steeds soveel mense is wat regtig onbaatsugtig omgee. Ek ook n diereliefhebber maar verstom oor die negatiewe ktitiek oor die hond van kant gemaak is. As jy n hond moet leer om nie kinders te byt nie, het jy die verkeerde honderas by jou kinders. As n hond n kind gebyt het, sou hy in elk geval een of Ander tyd. Dis nie so moeilik om te begryp nie. Maak die hond van kant af as dit gebeur het, jy wil nie enige iemand anders aan die gevaarlik hond blootstel nie. Ouers, kies die ras hond wat jy saam met jou kinders Wil laat grootmaak, regtig versigtig.

Boervrou ·

Baie mense kan nie n mediesefonds bekostig nie.Wat daarvan as hulle n huishulp het en nie n medies nie.Dit het niks met jou of enige iemand uit te waai nie.Ons het ook nie n mediesefonds nie.Die Here sorg vir sy kinders,soos hy hier vir die ouers en die kind voorsien het.

Potjie ·

Haai oeh Blommie.. en hoe katterig is jy ook. Queen Rosedoring.

Potjie ·

@ Eugene… Ek dink ook honde grom klaar as hulle jou net sien. Ek sou.

Mariaan ·

Moenie sulke gevaarlike honde aanhou nie! Bly die seuntjie is ok…

Lizelda ·

Bly d kind is ok? Wat vd arme hond wat deur d “seuntjie” se stoutigheid met sy lewe moes boet.

OoknSnip ·

Nee kyk, as jy kinders het, móét jy n mediese fonds hê, al is dit net n hospitaalplan. Dis nie onderhandelbaar nie. Dis uiters onverantwoordelik om te verwag ander mense moet jou help as daar n krisis is. Met kinders is daar die een of ander tyd moleste. Mense het geld vir allerhande snert, soos sigarette en drank, en Xbox, ens, maar kan nie n hospitaalplan bekostig nie? Jy kan nie bekostig om nie een te hê nie.

elna ·

Ek stem 100% saam met Snoopy. Daar is gedurig mense in die media wat trauma beleef sonder medies en dan sal baie bydraes ontvang word om te help. Koop eers Medies (ons kan net n hospitaalplan bekostig) voor jy eet! VERAL as jy kinders het! Tog is dit wonderlik dat daar engele is wat hulle harte oopmaak. Sterkte aan die seuntjie en word gou gesond ????

Jaco ·

Ek kry die hond jammer. Meeste mense moet nie troeteldiere aanhou nie.

hannelie ·

Partykeer het mens nie n keuse as om die hond uit te sit nie. Op skool het ons eendag in die swembad gespeel en ons German Sheppard het ons al om die swembad gejaag, hy het ons nooit probeer byt nie net gejaag met die stert wat swaai. Op die dag het dinge skeef gegaan en hy het my sussie gejaag en net uit die bloute gebyt. Ons almal kon uit die swembad klim behalwe sy. Hy het heeltyd vir haar gegaan as sy probeer het en ons moes hom toesluit om haar uit te kry. Sy het net n klein byt merk gehad oor sy gespring het toe hy by haar gekom het maar na dit kon sy nie naby hom gaan nie hy wou haar net byt. Daardie jare kon jy nog jou hond vir die polisie gee en omdat ons sin papiere gehad het het hulle hom kom haal met baie trane van ons af en hy is deur hulle gevat om in hulle polisie breeding program deel te neem. Hy was net teenoor haar argressief nie eenige een van ons nie. Ons was net bly dat ons hom nie moes uit sit nie en dat hy goed versorg was en sy lewe kon deurgaan.

Annie ·

Selfs klein hondjies soos Yorkies byt as hulle geterroriseer word. Ek is dankbaar dat kleinman so “lig” daarvan afgekom het. Dankie vir almmal wat die gesin bystaan. Ek het grootgeword met n hond wat uitgesit moes word vir byt maar hy is dit gespaar. Was die liefdevolste, getrouste waghond wat my opgepas het van voor my geboorte tot in hoërskool, het nie eers vir mense geknor nie. Was n rifrug boerboel kruising. Eh huil vandag nog oor hom, al het ouderdom hom ingehaal.

HPV ·

Mense wat rook, Dstv het, ‘n dop vat, uiteet, jaarliks op duur vakansies gaan, kan verseker ‘n mediese fonds bekostig in ag geneem dat hopitaalplanne vir onder R1000 pm beskikbaar is. Ek ken mense wat al bogenoemde geniet en steeds geen medies dekking in plek het nie.

Bryn Ou ·

Ek hou so daarvan as julle mekaar so oor nonsense in die hare vlieg. Nice ;-)

Hester Bester Nel ·

Ek kan nie glo dat daar so baie mense is wat al die aaklige dinge se nie. Die maak my so hartseer om al die negatiewe kommentaar te lees.

Piet Pompies ·

Sterkte vir de Familie en ja dis hartseer dat julle julle 4 voet kind moes uit sit
Maar wat baie snaaks is oor die kommetaar hier is is dat as dit nou ‘n pit bull was – wel ek los dit maar net daar
Sien dis nie net Pit bulls wat byt nie

Yvonne ·

Bly die seuntjie is ok. Voel ook jammer vir die hond…….wie sal nou regtig weet wat presies saar gebeur het nie een van ons was daar nie. En vir die res: as jy niks goed het om te se nie, bly dan eerder stil.

Piesang ·

Kyk hoe vuil is daai hand wat die kind se kop vashou id hospitaal…! Ek gril waar ek sit!

Zelma ·

Piesang daai hand is my seun sin wat flippen hard werk om die beste vir sy kinders te gee so gaan gril op ‘n ander plek asb

Heines ·

Wow Piesang, ongevoelige opmerkings soos joune Herinner my weer Dat daar nie net onbaatsigtige mense met goeie Harte in die land is nie. Verkeerde plek vir jou tipe opmerking my ou. En Dan die ouens wat galbraak oor mense wat nie mediese fondse het nie,julle het geen voeling met die werklikheid nie……. Wees dankbaar Dat julle dit Kan bekostig en bly stil. Ook die verkeerde plek vir onnosele opmerkings.

omgee ·

Hoekom die hond van kant maak?????? Ek sou die hond met liefde gevat het, en ek glo daar is ander diere liefhebbers ook wat dit sou doen.

Potjie ·

@ Zelma… ek het n ekstra naelborseltjie wat ek kan skenk.

Hannelie ·

Ek hartseer en kwaad!!! Hoekom mos die hond van kant gemaak word. Hierdie was n menslike fout, en n onskuldige dier moes daarvoor boet!

Christa ·

Bly die seuntjies is op die herstelpad en Kan alweer glimlag. Kinders Moet leer Om sagkins met diere te werk, verval is dit n hond is vir beskerming. Die dier Weet nie of Hy Moet optree of nie. In vandag se tyd Kan mens nie meer sonder n mediesefonds wees nie, Al is dit net n hospitaalplan. Ongelukke gebeur gou en jou lewe Kan in gevaar wees sonder medies.

Talita ·

My hart is stukkend vir die arme hond. Ek bid konstant vir alle dierespesies wat aan die genade van die mens uitgelewer is. Dit is vir my sekerlik die hartseerste en mees kommerwekkende kwessie – hoe diere, in watter vorm ookal, onder die harteloosheid van die mensdom moet ly. Diere bly onskuldig en wanneer ‘n mens gebyt word is daar beslis ‘n geldige rede daarvoor.

Christa ·

Elke dier in die diereskuilings is AGV die mensdom. Hoekom Moet onskuldiges diere Altyd die onderspit byt. Honde is daar vir twee redes, beskerming of uit liefde. So word Hy opgelei in die rigting. Dan raak jy nie ontsla van n dier nie want jy raak nie ontsla van jou kind nie. Mense Hou van die bond as Hy Klein is en verder is Hy net n voetsek. EK sien dit daagliks.

Attie. ·

Niks fout met die kruising nie. Pary mense moet liewers nie diere aanhou nie, maar ongelukkig het ‘n hond geen se waar hy gaan eindig nie.

Antionette ·

Een ding is vir my duidelik mense leer nie, kinders en groot honde moet net bymekaar wees met ordentlike toesig, ons hond het sy deel van die erf wat afgespan is. Hy en ons kleinding het saam grootgeword en het n wonderlike band, maar ongeag as ouer weet ek dat daai vriendskap tussen die twee in n oogwink kan veander en speel hul net saam wanneeer ek en pa buite is en die hond oopmaak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.