‘Mense moet besef hulle het regte as hulle onwettig afgesit word’

Argieffoto van die polisie wat waterkannone gebruik om mense uiteen te jaag. Foto: ANA.

Die parlement het Dinsdag gehoor die feit dat mense onwettig grond bewoon, beteken allermins dat polisiebeamptes en wetstoepassers vanselfsprekend op enige manier en teen die wet mag optree.

Axolile Notywala, verteenwoordiger van die Social Justice Coalition (SJC), ʼn beweging met lede in informele nedersettings oor die hele Kaapstad, het die portefeuljekomitee oor polisie en komiteebelanghebbendes tydens die voorbereidende begrotingsverhoor in die parlement toegespreek.

Notywala het die polisie daarvan beskuldig dat hulle dikwels in groot getalle by afsettings opdaag, maar nie dieselfde doen wanneer misdaad in die nedersettings aangemeld word nie.

Hy het bygevoeg dat polisiebeamptes en staatsamptenare opgelei en riglyne gegee moet word om te verstaan dat niemand ʼn onwettige plakker sonder ʼn afsettingsbevel van ʼn hof van grond mag afsit nie aangesien dit teen Suid-Afrika se wette is.

Hy het verwys na ʼn voorval wat 18 Oktober 2016 in die Ingquza Hill-munisipaliteit in die Oos-Kaap plaasgevind het waar 36 huise gesloop is.

“Die Grahamstown-hooggeregshof het aan die families dringende hulp aangebied en bevind dat die munisipaliteit tydelik bewoonbare noodtente of soortgelyke wonings met die nodige beskutting, privaatheid en geriewe vir die 36 gesinne moet verskaf by die plek waar hul wonings platgeslaan is.”

Notywala het bygevoeg die munisipaliteit is verbied om die 36 gesinne te dreig of te teister.

“Die burgemeester en munisipale bestuurder dra wel kennis van die bevel, maar het nie in hul plig geslaag om te verseker dat die bevel regverdig uitgevoer word nie.”

Volgens hom het dié gesinne 13 April 2018 geregtigheid verkry toe Patrick Mdingi, burgemeester, in hegtenis geneem is nadat bevind is dat hy en die munisipale bestuurder die hofbevel geminag het.

“Die burgemeester het geweier om noodbehuising te verskaf aan die gemeenskap wie se huise in Oktober 2016 onwettig deur die Ingquza Hill-munisipaliteit gesloop is. Hy sal nou 30 dae tronkstraf uitdien. Hoewel niemand weet waar die munisipale bestuurder hom bevind nie, is ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming ook uitgereik,” het hy gesê.

Hy meen mense moet weet hulle het ʼn reg om wetstoepassers hof toe te sleep wanneer hulle onwettig afgesit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Bertus ·

Interressant! Jy tree buite die wet op deur grond te beset maar word deur die wet beskerm deurdat jy nie “onwettig” afgesit mag word nie….. Belaglik!!

Al ·

Motywale en as plakkers onwettig op jou grond plak? Sal jy nog so vinnig reageer om plakkers se sg regte beskerm?
Dit bly ñ misdaad en klaar.
Omdat daar so baie voortgeplant word, sal daar ñ tekort wees aan behuising.

Tipies ·

Lyk my die ONWETTIGE plakkers wat ONWETTIG op WETTIGE eienaars se grond PLAK het MEER regte as die WETTIGE eienaars van die grond. In wat ‘n wonderlike land by ons nie net nie … Dis hoekom die misdaad lyk soos dit lyk . GEEN dissipline, GEEN straf vir die ONWETTIGES nie . hulle kry beskerming, die wettige eienaars word GEDREIG! Sit die mense in die tronk wat ONWETTIGE plakkers aanvat, en laat die ONWETTIGES heerlik verder in tente woon ..

christa ·

waste regte het hulle? Hulle tree teen die wet op maar hulle het regte? Dieselfde is soos die misdadigers in die tronk, hulle het ook kamtig regte maar die ander betrokke persoon het nie regte gahad nie?

piper ·

dit sal maak dat eiendompryse daal en dat eiendom vir die toekoms n swak belegging is. wie wil nou eiendom besit waaroor onwettiges meer regte het die eienaar. ek sit nie meer n sent in eiendom nie. die wat ek het sukkel ek om te verkoop en die prys daal.

snoefie ·

die wettige grond eienaaes het ook regte. een daarvan is om jou eiendom te beskerm.kan mm vir ons die regte van die grond eienaar uitlê asseblief?

Henk ·

My siening van ons “magtige” grondwet – dis n grondwet ter wille van kriminele opgestel deur kriminele

honourable member ·

Verstaan ek nou die verhaal reg. Dis ok as jy onwettig grond beset, MAAR jy mag nie wettig verwyder word nie. So basies kan almal maak wat hulle wil en niemand kan iets aan jou doen nie.

Annelize ·

Dis nou seker die GROOTSTE pot twak wat ek in ‘n lang tyd gelees het! En dan vra mense hoekom hierdie land is waar hy is. Die antwoord is voor die hand liggend, dis omrede die misdadige element meer beskerming geniet as die wetsgehoorsame landsburger, en omrede die lyne tussen reg en verkeerd laaaaaaankal nie meer bestaan nie.

geregtigheid ·

Absulute skande! Dis bloot Afro-fascistiese anargie! Dit gaan lei tot grootskaalse chaos.

annomien ·

Lees asb die feite van die artikel voor jul so oorreageer. Die feite is dat daar eers ‘n lasbrief van ‘n hof moet wees voor enige iemand van ‘n perseel mag verwyder word, of hy wettiglik of onwettig op daardie perseel plak of woon. Hierdie wet beskerm eintlik jou en my. Indien die hof nie hierdie wet toepas nie kan enige van ons ook sommer net van ons eiendom verwyder word sonder ‘n lasbrief.

REAGEER ·

Ons het gelees . WEET JY WAT KOS ‘N LASBRIEF EN UITSETTINGSBEVEL?? DUIDELIK NIE, so dit beskerm jou as eienaar van ‘n perseel of huis wat ONWETTIG beset word GLAD NIE .. waar kom julle aan al hierdie goed? AG AS DIE GRONDWET verander kan hulle jou huis sonder vergoeding kom vat SONDER ‘n LASBRIEF want dit is nie asof jy dit onwettig beset het nie want jy is die EIENAAR.. AS hulle egter ‘n lasbrief moet kry is dit op JOU onkoste (lees jou belastinggeld) . so NEE dit beskerm niemand behalwe die onwettige plakker nie .. WHAAAAAAA ‘n wet wat jou beskerm nogals sodat JY ‘n lasbrief moet kry (waarvoor jy duisende rande moet betaal) om SKELMS van jou grond te verwyder . dis ‘n goeie een …

marous ·

Ek wil ook gaan plak . Miskien Letaba kamp of nee eerder Shingwedzi want hulle swembad lyk lekkerder. Dan as ek geskuif word mag dit nie Skukuza wees nie want hulle huise lyk nie lekker nie. Ek eet ook net rooibok biltong , nie blou wilde bees nie. Dan moet daar ook nie mense wees wat vroeg oggend raas maak met hul voertuie as ek nog wil slaap nie . Hulle moet ook die voels en eekhorings in die oggend van my stoep afhou as ek vergeet het om my droe vrugte wat in die middae aflewer word in te vat. As hulle met my wil praat om te skuif , moet dit ook tussen 10h00 en 10h30 wees en hulle moet tuisgebak bring.

Genieve ·

Dit wat verkeerd was is nou reg jy kan net maak wat jy wil en jy kom niks oor nie die wet beskerm jou al is jy verkeerd en jyt meer voordele.

Theresa ·

Die plakkery op sypadhoeke is ‘n euwel en bring elke voorstad se waarde grondwaarts. Nugter weet (wil nie eers daaraan dink nie) wat hul vir ‘n ablusie gebruik en die rommelstrooiing is aptytwekkend vir elke rot in die omgewing. Drank en wie weet wat nog word hartlik geniet om ‘n stink rookvuurtjie en ou meubels word deur goody-goodies aangery want siestog hul sit dan ongemaklik so plak-plak op straat.
Nee mense. Daar is ‘n tekort aan regverdige wetstoepassing op byna elke gebied in ons land. Chaos is die voorland.

bgj van der westhuizen ·

as hoe jammer is ek hulle pleeg misdaat en dan moet hulle met handskoene hanteer word as jy misdaat pleeg dan moet jy maar dit wat soos dit kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.