Mense moet trots wees op myne in gemeenskappe, sê Mantashe

Gwede Mantashe (Foto: Courtney Africa/African News Agency/ANA)

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, het Maandag gesê die mynboubedryf moet begin seker maak dat gemeenskappe die voordele besef van mynbou en dat hulle trots sal wees op myne in hul omgewing.

“Ons moet seker maak dat gemeenskappe die voordele van mynbou besef. Mynbou moet nie uit ʼn negatiewe oogpunt beskou word nie. Dit moenie gesien word as iets wat die omgewing verwoes, die omgewing of water besoedel nie; dit moet beskou word as ʼn voordeel vir die gemeenskappe en mense moet trots wees op die myne. Dit is die volgende kwessie wat die mynmaatskappye moet aanroer,” het hy Maandag tydens die 25ste jaarlikse Belê in Afrika Mynbou-indaba by die Kaapstadse konvensiesentrum gesê.

Die vier dag lange geleentheid vier 25 jaar se vordering in mynbou in Afrika en fokus op sakeverhoudinge in die mynboubedryf oor kontinente heen.

Mantashe het gesê mynbou bestaan nie in ʼn vakuum nie en meganismes moet ontwikkel word om seker te maak dat die mynboubedryf met ander ekonomiese sektore saamwerk en ook die gemeenskappe waar die myne bedryf word. “Dit is baie belangrik vir die langtermynvolhoubaarheid van die bedryf. Daar moet betekenisvolle en voldoende gesprekke met gemeenskappe wees wat betref die uitreik van prospekteerpermitte, mynbouregte en permitte om regte te bepaal, die impak en voordele vir die gemeenskap.”

Mantashe het vroeër gesê een van die uitdagings in die mynboubedryf is die kwessie van onwettige mynboubedrywighede wat die ekonomie ʼn groot knou gee. “Dit het verlede jaar Desember aan die lig gekom dat $14 miljard goud in Suid-Afrika onwettig gemyn is. Dit is baie geld. Dit is ons verantwoordelikheid om dit te probeer reguleer. Lisensies moet uitgereik word en kleinskaalse mynboubedrywighede moet as deel van die bedryf beskou word. Ek dink ons kan baie leer by ander lande op die kontinent.”

Die ouditeursfirma Deloitte het Maandag Mantashe se kommentaar verwelkom. Andrew Lane, Deloitte se leier van Afrika-energie en -hulpbronne, het gesê sy toespraak was vanjaar baie meer positief as die vorige jaar. “Ons verwelkom dat hy klem gelê het op belegging in mynbou en om beleggings na die kontinent te lok. Minister Mantashe het ook die belangrikheid van mynboumaatskappye se winsgewendheid beklemtoon. Dit is ʼn baie goeie erkenning van die regering. Slegs deur winsgewende mynboubedrywighede kan die gemeenskappe voordeel trek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Vonkprop ·

Maar myne verwoes die omgewing en besoedel die water jy kan dit nie ignoreer nie. En soos hulle lisensies links en regs toeken raak dit ‘n negatiewe ding. Hierdie stelling is net gemaak om meer myne goed te praat en meer skade aan te rig sonder goeie beplanning.

Gemaskerde Sopbeen ·

En gaan kyk bietjie na die “informele” myn bedrywighede by Durban Deep in Roodepoort….Sommer so oop en bloot….reg langs die skietbaan….

Oom Kalahari ·

Mnr Mantashe, asb trots op wat? Maak asb jou oe oop en kyk na die impak op mens, dier en natuur deur ongewenste en ongekwalifiseerde opgrawings en hanterings.

Phillip Groen ·

mmm….. Verskoon my Gwede maar dis die ANC en sy meelopers wat links regs en senter onenigheid tussen besigheid en die werker/gemeenskap saai!

Julle beskou besigheid as die vyand weens jul erge kommunistiese/sosialistiese gedagtegange. MAAR terselftertyd wil julle hê dat die “varke”in julle feëverhaal werksgeleenthede moet skep want vir al julle se ge-huff-en-puff weet julle dat regerings nie volhoubare werk kan skep nie, en omdat julle hul belastings broodnodig het om julle gekke welsynstaat te proeer maak werk.

Julle probeer die reisies jaag deur op twee perde terselftertyd te probeer ry….logika wil dit hê dat julle in die stof op die grond êrens tussen die twee perde gaan opeindig ver voor die eindpaal!

Johann ·

Ja shure ANC. Sidder om te dink hoeveel julle al vir julle eie gewin “gemyn” het.

Blikke ·

Ja en ek wonder wat hy vir homself te se het na die opknappings by sy huise waarvoor hy niks betaal het en BOSASSA die rekening vereffen het ?

Johanna Botha ·

Feite is dat die minste mense nou in goudmyne werk sedert 1906 ….en agv onsekerheid in SA en veral die mynbedryf is duisende werksgeleenthede verlore agv die anc se dom besluite

SjN ·

Gwede, jy is seker trots op al die hope en hope grond wat nie geriahabiliteer is nie.

Dik Daan ·

Julle wil dan die hele Swartruggens, Koster en Groot Marico in een groot mynhoop verander,en ons moet nou dankbaar en trots wees op julle? Stap verby asb.

Sarel ·

In die area waar ek woon word uitsluitlik die water houdende dolomietise aquafirs wat die rivier se oorsprong is geteiken vir prospekteer en mynbou aansoeke. Alle amptelike inligting is duidelik dat daar geen oppervlak of ondergrondse water vir uitbreiding beskikbaar is nie, alle water is reeds oor gealokeer, steeds stroom mynbou aansoeke in en word goedgekeur . Iemand sal moet water afstaan . Raai wie dit sal moet wees ? Natuurlik, die Landbou Sektor!!!!

Jerry ·

Gwede, ek het niks teen jou as persoon nie, omrede ek jou nie ken nie, maar ek ken jou organisasie, nl die ANC en die se ideologie, en NDR strategie. Ek weet dat jou organisasie sosialistiese verandering en nasionalisering nastreef. Jou organisasie se “trackrecord” mbt swak mynboubestuur, bewaringsversuim en vernietigende besoedelingsimpak op die omgewing in SA asook die Guptas se betrokkenheid daarby is om die minste te se n skreiende skande en verraad teen miljoene werklose Suid Afrikaners. Niks wat jy se gaan dit verander nie, inteendeel weet ons reeds dat as die ANC vir mense se hulle moet dit nie sien as besoedeling van waterbronne nie, maar as tot voordeel van die gemeenskap, dan weet ons die voordeel in mynbou weeg swaarder vir die ANC as die nadeel van besoedelde water. SA het onder ANC bewind tot dusver gesteier tot by die afgrond en na aanleiding van dit wat jy nou vir die mense se sal SA aanhou steier totdat die ANC, SA oor die afgrond getrek het. Selfs kinders op skool sal vir jou vertel dat skoon drinkwater is belangriker as enige iets anders vir die mens, dier en plant se voortbestaan. Skep werk deur mense te laat plant en voed en laat staan die mynbou en die vernietigende gevolge van die ANC se denkwyse en mynboubestuursbevoegdheid!

Johanna Botha ·

Trots ? ! ? Maar die anc gee vir ons n zwane minister ….jimmel tog wat dink die anc !

Hennie ·

Duidelik is dagga nou wyd beskikbaar. Wonder of daar unicorns baljaar daar tussen die Man-kellerprins-Tashe mynhope…

John ·

Was die minister nie laas betrokke by skole en universiteite nie… Toe het dit ook so goed gegaan… onthou? Die ANC is ‘n klepto-orgaan wat alles moet verorber. Binnekort gaan Mosselbaai lyk of ‘n tifoon die plek getref het… al wat leef en beef gaan olie kom skep… Venezuela hier kom ons.

Deon ·

Gelukkig is die olie en gas bronne in die diepsee. Die aktiwiteite op land sal beperk wees.

JAN ·

Myn dorpe is privaat eiendom van die myneienaar. Funksioneer soms beter as munisipaliteite.
Gaan dit onteien word sonder vergoeding.?

Om en om ·

Ja dit moet gesien word as plekke waar blankes, veral blanke mans oor 55 geen plek het nie want die land behoort mos aan die gemeenskappe. Maar… Wat jy saai, sal jy gewis maai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.