Mense ontruim ná goederetrein ontspoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Goederetrein wat plastieksakke met swael vervoer het, het Saterdagoggend naby die Jubilee-winkelsentrum in Hammanskraal, noord van Pretoria, ontspoor.

“Ons ontruim mense wat in die omtrek van die treinspoor is aangesien een van die plastieksakke smeul,” het Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, gesê.

“Dis nie ʼn brand nie maar die plastieksak smeul en daar is rook. Die rook kan gevaarlik weens indien dit ingeasem word,” het Pieterse gesê. Dit is nie duidelik of mense in die winkelsentrum ook ontruim is nie.

Volgens Pieterse het die trein agt waentjies gehad en omstreeks 9:00 ontspoor. Die treinspoor is gesluit en Transnet is op die toneel. Geen beserings is aangemeld nie. “Dit gaan ʼn lang proses wees en ons spesialis-taakmag is op die toneel,” het Pieterse gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.