Mensehandel: 57 kinders in plek van veiligheid

Die vragmotor waarin die kinders vervoer is (Foto: SAPD)

Die vragmotor waarin die kinders vervoer is (Foto: SAPD)

Die polisie het Dinsdag bevestig altesaam 57 kinders is uit die kloue van ʼn mensehandelnetwerk gered.

Dié kinders, almal van Malawi en wat sonder dokumentasie die land ingesmokkel is, is tans in ʼn plek van veiligheid waar hulle onder waarneming is en behandel word.

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria gesê die kinders is oor die naweek in Noordwes deur die Boitekong-polisie gered.

“Die kinders is in die geslote bak van ʼn afleweringsvragmotor vervoer. Toe die polisie die vragmotor oopmaak, het twee van die groep kinders uit die bak uit geval,” het Phahlane gesê.

Die vragmotorbestuurder en twee verdagtes is in hegtenis geneem. Hulle is ook Malawiërs tussen 25 en 36 jaar oud en het Dinsdagoggend in die Rustenburg-landdroshof verskyn op aanklag van mensehandel. Die saak is uitgestel en hulle bly in aanhouding.

Die Malawiese ambassade het die polisie met tolkwerk bygestaan toe die kinders gered is.

Altesaam 18 van die kinders is meisies en 39 is seuns. Phahlane het gesê slagoffers van mensehandel word vir verskeie soorte misdrywe gebruik.

“Ons span werk saam met Malawiese owerhede om ondersoek in te stel om te bepaal hoe hulle oor die grens gekom het en wat hul eindbestemming sou wees.”

Meer inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Liewe heksie ·

Van nou af gaan ek net try om een woord as beskrywing te gebruik want as ek meer sê word my kommetaar verwyder Vuigoedgemorsskuim

Maryka ·

Die berig praat van MENSEHANDEL! Soos in HUMAN TRAFFICKING!

Gert ·

Malawi – 2 grensposte – Suid-Afrika. Klink vir my asof daar meer as die bestuurder en mede-bestuurder betrokke is

JT ·

Soos in Carte Blanche ‘n maand gelede gewys het dink die mense steeds SA is die land van melk en heuning. Twyfel of dit werklik mense handel is, dit is altyd mense / kinders wat ‘n beter heenkome soek. Nou moet Potch se kinderhuis reg staan om hulle te akkommodeer! Betaal die Malawi se regering vir dit?

weggegee ·

Ai Liewe Heksie voel die meeste van die tyd soos jy daarom as ek nie kommentaar mkan lewer soos dit my pas nie lewer ek geen kommentaar nie.

snoefie ·

die kinders het ELKEEN R2 500 in hulle gesit gehad. Dis R142 500. glad nie arm handelaars nie.

christine ·

Bulla jys dalk reg almal op pad Kaap toe. Om te wat? Daar word boere nie vermoor nie gaan te goed daar.

Gypsey2 ·

waarom word straatvroue nie gehelp in Rustenburg nie.Soos ek verstaan het Nigiers n houvas op Rtb gereg??? Laat die vroue los; kom van dwelms en wie weet wat nog???????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.