Mensehandel in Pta-gebou is fopnuus

Foto’s van die gebou wat op sosiale media versprei word

Gerugte op sosiale media dat ʼn gebou in Pretoria se middestad vir mensehandel gebruik word, is glo fopnuus.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die gebou, in Johannes Ramokhoasestraat (Proesstraat) word as ʼn residensiële gebou gebruik waar polisiebeamptes (mans en vroue) gehuisves word. “Plasings op sosiale media dat die gebou vir kriminele aktiwiteit gebruik word, is misleidend en onwaar. Die publiek word versoek om nie die boodskappe verder te versprei nie, omdat dit onnodig paniek saai en onsekerheid veroorsaak.”

Naidoo het gewaarsku dat enigiemand, wat vals nuus versprei, moontlik van dwarsboming van die gereg aangekla kan word. “In voorvalle waar hulpbronne aangewend word om te reageer op sulke fopnuus, sal alles gedoen word om die koste van dié reaksie te verhaal,” het hy bygevoeg.

“Mensehandel is ʼn werklikheid en mense word wêreldwyd hierdeur geraak. Die verspreiding van valse boodskappe oor só ʼn ernstige saak is egter nie net ʼn misdaad nie, maar dit toon ʼn gebrek aan sensitiwiteit vir diegene wat daardeur geraak word.”

Enigiemand wat inligting het oor die persoon wat verantwoordelik is vir die skep van die plasing en verspreiding van die boodskap word versoek om die polisie te kontak by 08600 10111 of stuur ʼn boodskap deur die MySAPSApp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

saggiespraat ·

Ek glo nie vir een oomblik dat iemand net so iets sal op maak….. waar daar rook is is daar gewoonlik
n vuur…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.