Mensehandelsaak uitgestel weens gebrek aan tolk

Argieffoto

Argieffoto

Die hofsaak van ʼn man en vrou van China wat Vrydag gevonnis moes word in verband met aanklagte van mensehandel vir seksuele doeleindes, moes uitgestel word, aangesien die tolk nie opgedaag het nie.

Jian Wang (32) van Kenilworth in Kaapstad en sy vroulike medebeskuldigde, Yiting Wong (32), het in die Parow-hof vir seksuele oortreders voor landdros Elsa van Zyl verskyn.

Die twee is in Mei verlede jaar skuldig bevind op twee aanklagte van mensehandel en een aanklag dat hulle ʼn bordeel bedryf het. Die vonnisoplegging sou Vrydag begin het, met ʼn spesiale tolk. Die hofverrigtinge is aanvanklik vertraag weens uitspraak in ʼn ander saak. Die saak het uiteindelik net voor middagete voorgekom, maar die tolk is in daardie stadium reeds na sy kantoor ontbied. Hy het onderneem om 14:00 terug te keer.

Staatsaanklaer Anthea Swartz het egter om 14:00 aan die hof gesê die tolk het haar intussen gekontak om te sê dat hy nie teen 14:00 sal terug wees nie.

Die saak is tot 5 Mei uitgestel wanneer die verdediging, advokaat William King en prokureur Ben Mathewson ter versagting van vonnis getuienis aan die hof sal voorhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elmarie Pretorius ·

Dit is swak dat n saak wat solank al hang en dag van verhoor n tolk ni reg is om saak suksesvol te verhoor. Ons het nodig dat van hulle n voorbeel gemaak moet word .

scalla ·

Dit was vrydag, moeg gewerk en seker besluit om agtermiddag te tjaila, afrika tyd, word maar net uitgestel, geen probleem

Francie ·

Ek wonder nou watter rol het die gewraakte wetgewing ( kinders se inligting op ouers se paspoorte ) gespeel dat die bordeel nie in China bedryf is nie?

Nou verstaan ek dat die wetgewing hersien gaan word ?

Wanneer sal die wetgewer besef dat hulle verantwoordelikheid by die beveiliging van inwoners lê en om nie daaraan te werk om noodwendig populêr te wees nie.

DPJ ·

Elmarie Pretoruis jy is reg.
Belasting betaler het baie geld om herhaaldelik hofsutings te hou.

Elmarie Pretorius ·

En dan is ek besig om ondersoek te doen vir ouers wat kinders sonder toestemming China yoe gevat het en NATUURLIK WAAR IS SA OM TE HELP NA KIND OPGESPOOR IS NÊRENS OOR GEEN OOREENKOMS ons Gereg moet wakker skruk onskuldge mense en kinders is die wat aan die kortste end trek. Nie eers gepraat van plaaslike kinderhowe wat nie onpartydig is nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.