Menseregtedag ‘leë’ vertoon sonder behoorlike taalregte

universiteit-stellenbosch

Universiteit Stellenbosch. (Foto: Facebook)

Die burgerregteorganisasie AfriForum sê die viering van Menseregtedag (Sondag) is bloot leë vertoon weens taalregte wat toenemend geskend word.

Die organisasie het Sondag weer na die senaatsbesluit van die Universiteit van Stellenbosch (US) verwys rakende nuwe kursusse wat vanjaar in die eerste semester slegs in Engels aangebied sal word.

Maroela Media het vroeër berig ’n versoek hiervoor is ingedien weens die geweldige druk wat die Covid-19-pandemie en die aanbied van afstandsonderrig, -leer en -assessering op dosente plaas. Daar word aangevoer eentalige Engelse onderrig sal dié druk verlig.

AfriForum meen dié besluit is egter “’n sprekende voorbeeld van die miskenning van taalregte”.

Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, sê die universiteit se “blatante ontkenning van Afrikaanse studente se taalregte” is tipies van vele instellings in die land wat ’n pro-Engelse agenda ten koste van tien van die land se amptelike tale dryf.

“Ondanks oorweldigende nasionale en internasionale bewyse van die akademiese, sielkundige en ekonomiese voordele van moedertaalonderrig word Engelse onderrig aan studente as kortpad na sukses opgedis en bewys instellings soos die US net lippetaal aan veeltaligheid.

Bailey sê die tragedie is dat universiteite wel moeite doen om vir bemarkingsdoeleindes in Afrikaans te adverteer en sodoende die illusie skep dat onderrig nie net in Engels beskikbaar sal wees nie.

“In die praktyk ervaar dosente en studente egter die teendeel en voel dikwels te geïntimideerd om oor taalregteskendings te kla. Hulle meen ook dat hulle klagtes op dowe ore sal val. Onlangse bewerings van studente dat hulle in US-koshuise nie toegelaat word om Afrikaans te praat nie, en die universiteitsowerhede se ontkennende en verontskuldigende reaksie daarop, versterk die vrese.”

Die US het Saterdag die eerste konsep van sy hersiene taalbeleid bekend gemaak.

Volgens Bailey het die ervaring by ander instellings die afgelope dekade geleer dat openbare raadplegingprosesse van min betekenis is.

“Die beleid wat vooraf gesirkuleer is of uitgelek het, is telkens aanvaar, ongeag wat die insette van die belanghebbendes behels het. Sodoende het Afrikaans as tersiêre onderrigmedium nou bykans uit openbare instellings verdwyn en word die kans dat ander inheemse tale ten volle tot hierdie vlak ontwikkel gaan word, steeds minder,” verduidelik sy.

“Gebeure by die US die afgelope weke, veral die besluit oor Engelse onderrig in die eerste semester van 2021, laat twyfel ontstaan of die raadplegingproses in dié geval anders sal verloop.”

Bailey meen dat owerhede en opvoedkundiges dikwels gebrekkige insig in die kernbelang van taalregte het en nie besef dat dit ’n mensereg is nie.

“Hulle skend studente en personeel se regte met ’n eentalige Engelse aanbod en dra daardeur by tot toenemende akademiese agteruitgang onder die bevolking. Meer moet op Menseregtedag gedoen word om besluitnemers oor die noodsaak van die beskerming en bevordering van taalregte in te lig, voordat nog meer studente die prys vir hulle stompsinnige besluite moet betaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

JM ·

Een van die redes waarom Suid-Afrika 103de op die lys van die wêreld se gelukkigste lande is! Wat ‘n skande!

Strandloper ·

Well with the current Everlasting Fools Forever which is hand in hand with All Now Criminals led by the Zero Understandable Mindless Anarchy which favors Another Clueless Entity to overthrown the Rotten Apartheid Mad Acclaimed Pathetic Hopeless Selfish Actor, are you surprised?

La-di-da ·

Hoekom is jy ñ strandloper. Hoekom nie ñ beach walker nie. Dit klink eintlik bietjie af nè? En jou antwoord is in Engels? Afrikaans is my moedertaal en het niks met apartheid te doen nie. In Afrikaans skryf ons ook nie elke woord met ñ hoofletter nie

Stebastiaan ·

Siende die Afrikaans sprekendes nou moet verengels, dink ek is die beste Universiteite dan ook buitelands. Hulle word in elk geval wêreld wyd erken en nie soos SA universiteite waar die standaard in elk geval so gedaal het en nie meer voldoen aan internasionale standaarde. Enige een kan dit doen, op afstand onderrigmetodes. Daardeur het jy ook nie nodig om by ‘n koshuis in te woon en net verdere beledigings van, om dit sagkuns te stel rassisme teen wie jy is, te moet deurstaan nie. Sal dan ook wil sien wat gaan word van plaaslike universiteite as die finansiële steun, van die Afrikaanse student nie meer daar is nie. So my beskeie mening is as alles dan moet verengels, loop studeer aan ‘n buitelandse instelling en word deel van ‘n elite korps wat op standaard is.

Snowball ·

Begin by die basiese reg dat almal gelyk is en niemand die reg het om teen jou te diskrimineer op grond van ras, kultuur, geslag, geloof, taal (en daar is nog ‘n rits ander), dan dop SA die toets loshande. Teen blankes en ander minderheidsgroepe word gediskrimineer met BBEE, sportkwotas, universiteitstoelating, en nou ook Covid-19 hulp van die staat. Watter menseregte het enige iemand in elk geval in ‘n land waar wet en orde sy alie sien met 57 moorde daagliks? ‘n Mishoop is wat dit is!

Sarel ·

Van wanneer af is Engels ‘n inheemse taal. Ek moes deur die een geslaap het

Barend ·

Miskien is dit “Bad English”, die taal wat die vinnigste in die wêreld groei.

Jaco ·

Dis net wit Afrikaanssprekendes wat oor diskriminasie teen Afrikaans kla. Ek hoor nooit Afrikaanssprekende kleurlinge kla nie. Swart sprekers van Xhosa, Zulu, Tswana ens kla oor nie oor diskriminasie teen hulle tale nie. Ja dis waar; Afrikaans word sleg behandel, maar ons is ‘n bittere klein persentasie van die SA bevolking. Eendag nog gaan die ANC sê “ons is nou moeg van dié spul rassistiese wit mense wat gedurig reaksionêr en teen transformasie is en wat gedurig kla”. En dan begin hulle ons radikaal te onderdruk. Moenie dink dit kan nie gebeur nie. Onthou Rwanda in 1994: binne 1 maand het die Hutu meerderheid 1 miljoen van die Tutsi minderheid uitgemoor. Sogenaamde “hoogs beskaafde” Duitsers het dit ook met 6 miljoen Jode gedoen tydens die 2de Wêreldoorlog.
Ons moet eenvoudig dié huidige diskriminasie aanvaar en daarby aanpas ter wille van oorlewing. Taaldiskriminasie maak in elk geval veel minder seer as plaasaanvalle, plaasmoorde, regstellende aksie, beurtkrag ens.

Nuff ·

Jaco, ek sien jy sê die ANC gaan “begin” om ons radikaal te onderdruk. Wat dink jy doen hulle die afgelope 20 jaar?

annie ·

Wanneer gaan die ou spul ophou om te kla oor die paswet, maar dra tog hul ID-dokument orals saam. Die baie ID’s wat alewig in brande verwoes word bly ‘n vreemde lekkerte vir almal wat van ‘elders’ hier aanland en dan publiseer die Staatskoerant skaamteloos bladsye en bladsye nuwe name vir uitgegroeide babas… party grys gebore.

Maggies ·

Watter mense se regte word vandag gevier? Beslis nie myne nie en ek glo meeste Afrikaners wat Afrikaans praat, dink en droom voel ook so.

La-di-da ·

So net ñ vraag … in watter taal droom jy? In watter taal lees jy jou Bybel? In watter taal praat jy met jou beste pel, jou vriende, jou meisie, jou ouers? Dis ñ skande dat ons Afrikaanse taal so misken word!

Strandloper ·

Afrikaans my ding….gebruik net grieks om emosies te wys

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.