Menseregtekommissie bekommerd oor beweerde rassisme in skole

Leerders van Sans Souci Girls’ High School betoog Vrydag (2 September 2016) by die skool. Foto: Twitter via @FeesMustFallWC

Leerders van Sans Souci Girls’ High School betoog Vrydag (2 September 2016) by die skool. Foto: Twitter via @FeesMustFallWC

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het Woensdag gesê hy het met kommer kennis geneem van die beweerde marginalisering en diskriminerende behandeling van swart meisies by skole regoor die land.

Die kommissie het in ʼn verklaring spesifiek verwys na onlangse bewerings van rassisme by Pretoria Girls High School, die Sans Souci High School in Kaapstad en die Saint Michael’s School for Girls in Bloemfontein, maar het gesê soortgelyke bewerings kom by ander skole ook voor.

Die MRK het gesê skoliere wat verskillend behandel word op grond van taal en haarstyle, sowel as die gebruik van afbrekende en rassistiese taal teenoor swart leerders, is ongrondwetlik.

“Skole is die primêre instansies waar leerders hul reg tot onderwys verwerklik. Hierdie instansies moet ʼn plek van onderrig, sosiale ontwikkeling en sosiale interaksie wees vir leerders van verskillende etniese groepe, gelowe en agtergronde. Skole is terselfdertyd ook ʼn plek waar die uitoefening van mag sekere groepe weerloos kan laat,” het die verklaring gelui.

“In hierdie opsig moet die beginsels wat basiese menseregte, veral die reg op waardigheid en die beste belange van die kind van kardinale belang wees vir alle skole, onderwysers, skoolhoofde, administrateurs en skoolbeheerliggame.”

Die MRK het gesê skole moet deur middel van hul gedragskode voorsiening maak vir verskillende geloofsoortuigings en kulturele agtergronde. “Die kommissie glo skole het ʼn duidelike verpligting om redelike maatreëls in te stel om pynlike sielkundige en traumatiese ervarings vir minderjarige leerders te vermy.”

Die MRK het Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng, se vinnige ingryping by Pretoria Girls High School geloof, maar gesê aangesien die departement se ondersoek na die bewerings reeds so ver gevorder het, sal die kommissie nie ook sy eie ondersoek doen nie. “Die kommissie beloof egter ons volle ondersteuning en toewyding aan die departement se ondersoek in ooreenstemming met ons mandaat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Erf Wetter ·

Elke dag verminder my respek vir die MRK. Heel duidelik het hulle die uitgangspunt dat slegs witmense rassisties kan wees, en slegs swartmense slagoffers daarvan kan wees. Lesufi is welbekend vir sy histeriese reaksies op die kleinste bewering van rassisme en maak verdoemende uitsprake voordat hy na al die feite gekyk het, pleks dat hy hom toespits op die bevordering van gehalte-onderwys. Nou loof die MRK hom sommer dadelik vir sy aksies.
Hoop iemand by Maroela kan bietjie uitwei oor hierdie onewewigtigheid van die MRK met gepaste voorbeelde.

Ander Koos ·

Baie toepaslike en korrekte kommentaar, onderskryf dit

Milan ·

Kom ons skiet die wittes met bazookas en ak’s, maar as julle iets oor ons hare sê gaan ons MRK toe.

Kobus ·

En as swart mans haardosse en daai dik vlegsels gedra het, beehives, sou hulle dan ook gekrimilariseer gewees het? En as wit mans en meisies ook hul hare so gedra het, het jul hulle dan van rassisme aangekla?

Pik ·

Hardloop rond soos hoenders sonder koppe en kos die land net geld

Phillie ·

Ons land is diep in die moeilikheid as graad8 meisietjies voorskriftelik gaan wees vir wat hulle mag en nie wil doen op skool
Mense regte kommissie se naam moet verander slegs swart regte kommissie

Danie ·

Hoekom word daar altyd gesê die MRK is bekommerd of het ‘n uitspraak gelewer. Wie is die persoon wat daardie uitsprake gelewer het? Hoekom word die name van die persone by die MRK wat die uitsprake maak nooit genoem nie?

snoefie ·

het iemand al die mrk vertel how ONGRONDWETLIK dit is dat swart studente “wit” universiteite met kriminele aksie en vandalisme lamle?
hoe ongrondwetlik dit is dat swart skole geen gelde her nie terwyl ouers by wit skole reuse skoolfonds betaal?
hoe ongrondwetlik dit is dat swart woonbuurtes gratis basiese elektrieseteit kry terwyl in blanke woonbuurtes van die eerste tot die laaste kW betaal word? die mrk moet bypik. hulle rassisme is legendaries

Anti regering ·

Die probleem met die hare wat meriete het is aangespreek…waar kom die diskriminasie nou vandaan?

Slimkop ·

Afsonderlike skole en tersiêre inrigtings vir verskillende rasse sal hierdie tipe voorvalle voorkom. Só kan elkeen ten volle tot sy reg kom.

Basson ·

Gaan kyk hoeveel anti wit rassisme is in die skool handboeke opgeneem, MRK, wat se julle daarvan?

Basson ·

Wit kinders word voordurend aan hierdie ‘sielkundige oorlogvoering / breinspoeling’ onderwerp op skool, moet daaroor leer en eksamen skryf. In wese hang hulle punte en prestasie daarvan af oor hoe hulle goed hulle die ‘anti-wit’ leerplan kan weergee. (Wek gevoel van skuld ens, hoekom moet ons dit aanvaar?)

(En as dit anders om was, was Lesufi en kie reeds op die terrein met ‘ we will come for you’ )

MRK – julle dien slegs die NDR, verander maar julle naam.

Anoniem ·

Ag asb die rassisme storie is nou al holrug gery…Daar is meer rassisme teen ons as blankes as teen hulle….En hul kom weg daarmee…Word groot man…………………………………………………

John ·

Swart skoolkimders kla oor skoolreels in voorheen wit skole wat hul wil betree. Die klagtes word hemelhoog oordryf om simpatie te wek. Interessant is dit dat die eerste betoging gepaardgaan met die teenwoordigheid van ‘n klomp buiteinstansies om die opstand indrukwekkend te maak. Tv-nuusstasies word gevra om op te daag. Alles wat die leerders skree word summier as die waarheid aanvaar deur die ANC en die Menseregtekommissie. Rassisme blyk aan die ander skoen te wees. Die problematiek van skoolreels word gebruik om wit onderwysers uit te dryf… Politieke agenda’s dus aan’t werk…

Berhalet Beukes ·

Dis net interessant dat een kultuur sistematies verwoes word en ‘n heidense kultuur afgeforseer word… En MRK is stil… O… Menseregte het slegs een kleur…

Maria van Dieweeck ·

Ek is moeg vir hierdie tipe artikel. My akademiese dogter is by trappe afgestoot by die skool omdat sy ‘net wil werk! Ek moes haar eindelik uit die skool haal. By die tweede skool het n seun langs haar moes sit wat van Oos Kaap gekom het. Hy kon nie lees in gr6 nie maar moes ingedruk word en my slim , sagte kind moes hom daagliks ‘help’. Na 6 maande het hy haar met die vuis in haar gesig geslaan! Toe die res van die klas hoor ek was na die hoof, die volgende dag, het hulle haar teen n muur vasgedruk, en gedreig om haar na skool met hokkie stokke ‘dood te slaan! Kon geen hond haaraf maak nie. Die hoof was te lamsakkig, die ma het haar seun beskerm, die polisie het die seun se kant geneem op n BAIE sterk manier en Beeld het ons tuis kom sien en fotos geneem en het toe besluit om niks te doen nie. Ek moes haar weer skuif. n Nagmerrie vir n skrander wit kind, een van 3 in hul klas. Ek voel vere vir hul hare ens. My kind was 2 x amper dood deur RASSISME!

Theresa ·

Ai Maria, dis ontstellend! Bly jy het dit geskryf. Dis presies die punt – die onregverdige optrede omdat die skaal net na eenkant toe swaar genoeg gevind word vir optrede, is skreiend. Hoop jou kind is nou gelukkig waar sy is en bereik haar volle potensiaal sonder om ‘n 20-jarige wat nou graad 3 het te moet help. Dis haar volste reg om gemaklik en gerus te studeer sonder al die ander stressfaktore. Sterkte!

Grap ·

Die mrk was nog altyd ‘n grap gewees en moet so gehanteer word deur die penny Sparrow s en mede aangeklaagdes/veroordeeldes met ligte velle.

jennefer ·

https://www.pownet.tv/artikel deense-swarte-school- voert-apartheid -in

Dis nie net hier nie, die massas stel nie belang om opgevoed te word nie. Dit pla my nie dat my kinders met swart studente op skool is MAAR dan verwag ek onderrig.

Rupert Ashford ·

O wee, as hierdie lot betrokke raak moet mens worry!!!

Henk ·

die menseregte kommissie is ‘n klug man! ‘n Vrou word strafregtelik aangekla nadat sy boonop deur die menseregte “hof” aangese is om duisende rande aan een of ander familie besigheid te betaal, nadat sy iemand ‘n aap genoem het.
Kunene vergelyk ‘n klomp fotos van ouer mense met fotos van ape, gorillas en chimps. Hoeveel rassediskriminasie klagtes is daar teen hom ingedien? BAIE! Wat het daarvan gekom? Die menseregtekommissie het dit afgelag! En dit selfs op skrif bevestig dat hulle niks van die klagtes dink nie!

Theresa ·

Ag tog. bla bla bla bla oor dieselfde ou chip op die skouer vir die mense. Ek stem saam dat wanneer ‘n skoolkind begin met streke en dink dis hul voorreg om ‘n instansie soos ‘n skool te begin “rule”- boeta, dan het die pret begin.
Trek netjies aan en maak als vas wat loshang – hare ook. Get a grip as jy na ‘n skool gaan waar jy die bullies nie kan hanteer nie – hul is orals. Van kleuterskooljare tot werkslewe kry jy bullies. Wens almal kan ophou met die al ewige ras simpel kaart. Gaaaaaaaaaaaaaap. Let wel daar is ‘n g vooraan, asb. :) Mnr Lesufi hou himself besig met eenvoudig oplosbare goed en rek dit te lank uit, seker maar vir aandag? Sit kinders op hul plek en hou hul gedissiplineerd in skole en op sypaadjies. Heeltemal te veel beïnvloed met TV stories wat ‘n wanpersepsie in hul koppe sit oor hoe hul kan en mag optree. En daar is bullies van elke kleur op aarde. A nee a.

Johann Marx ·

Slimkop is ‘n slimkop. Hou die rasse uit mekaar….dan is daar nie rasse spanning nie. Eenvoudig…

lynette ·

Bly weg uit ons skole waar dissipline en skoolreels geld. Gaan na julle eie skole waar julle kan praat en doen wat julle wil sonder enige skoolreels. Dan speel julle daar rassisme onder mekaar!!!!

SkarrelKind ·

Julle het al alles gesê wat ek wou sê, maar in opsomming: Mens gaan skool toe om ‘n opvoeding te kry, om ‘n gemiddeld te verwerf wat mens tot ‘n hoër instansie toelaat. Los al die nonsens! Werk hard en word ‘n dokter of ‘n CA en bekommer jou nié oor hare en tale en klere nie. Hemel! hoe kan hulle dit nie verstaan nie?! Raak so siek en sad vir hierdie agterlike redenasie.

Bolla ·

As daar nog iets soos “apartheid” was kon elke skool sy eie stel reels gehad het om sy eie kultuur en raseienskappe te akkomodeer. Die met wilde hare kon dit so wild dra soos wat hulle wou en die wat tembare hare het kon dit getem dra.

Jean ·

Hoekom bou die regering dan nie self skole waar leerders kan maak wat hulle wil nie, nie almal is vir die skooluniform gebou nie, nie almal kan dieselfde haarstyle he nie, so maak soos in sommige skole in Amerika, gooi alles oop .. dat leerders met Themde en kortbroeke skooltoe kan kom met hare wat in hulle oe hang, hulle onderwysers vloek en op hulle spoeg, en so af en toe met ‘n mes ook bykom .. dan sal daar geen diskriminasie meer wees teen leerders nie .. laat gaan met alle dissipline en reels, dan is daar een van die dae nie meer skole of universiteite oor nie, alles gaan afgebrand wees, soos wat nou reeds gedoen word, dis nie voorspellings nie, dis realiteite.

Pottie ·

Ek glo vir geen oomblik hierdie beweringe nie…..eerder die teendeel dat daar teen deur sommige swart leerlinge teen blanke personeel en leerders op skool gediskrimineer word en viktimisasie ook plaasvind. Blankes hardloop egter nie vir alles na die owerhede nie, want vir blankes geld ‘n ander stel reëls.

Chrisjan ·

Die redes vir aparte skole vir vetskillende leerders word weer duidelik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.