Menseregtekommissie gaan plaasmoorde-verhoor hou

Foto: AfriForum Jeug

Foto: AfriForum Jeug

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het in ’n skrywe aan die burgerregte-organisasie AfriForum bevestig dat hulle besluit het om ’n openbare verhoor oor plaasmoorde te hou.

Die besluit is geneem tydens ’n sitting van al die MRK-kommissarisse, na oorweging van ’n formele versoek deur AfriForum.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê die tema van die verhoor sal wees: “Die status van die toepassing van die MRK se 2003 en 2008 aanbevelings van die Kommissie oor Veiligheid en Sekuriteit in landbougemeenskappe.”

Roets sê AfriForum is verheug is hierdie stap en dat die organisasie al die hulpbronne tot sy beskikking met die MRK sal deel. Die organisasie sal die kommissie ook versoek dat die geleentheid aan AfriForum en aan slagoffers gebied word om oor die onderwerp te getuig.

“Die probleem is natuurlik dat die regering steeds weier om enige statistieke oor plaasmoorde vry te stel. Aan die een kant wil dit voorkom of die krisis vererger, maar aan die ander kant het die departement van polisie plaasmoorde grootliks gedeprioritiseer deur die destydse kommando’s in 2003 af te skaf.

Daar is ook in 2007 besluit om geen verdere syfers oor plaasmoorde vry te stel nie. Waar die regering jare gelede erken het dat boere tydens buitengewoon ‘gewelddadige en moorddadige aanvalle’ geteiken word, is daar vandag ’n totale ontkenning oor die werklike omvang van die krisis.”

AfriForum het vroeër formele klagtes by die MRK ingedien teen die ‘traak-my-nieagtige’-ingesteldheid wat deur die departement van polisie ingeneem is teen die voortslepende golf van gewelddadige plaasaanvalle en plaasmoorde wat die land teister.

’n Bundel, waarin slagoffers van plaasaanvalle hulle stemme tot AfriForum se klag voeg is ook by die MRK ingedien, sowel as ’n verslag deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) oor die onderwerp en ’n kopie van die boek Treurgrond (Kraal Uitgewers).

Lees ook:
Foto’s: Wêrelddag teen marteling; brutaliteit van plaasmoorde uitgebeeld

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

EMK ·

Dis tyd…. Die ander het hul sê in die waarheid- versoeningskomissie kon sê, nou is dit ons beurt!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.