ʼn Geraamte van ʼn mens is Donderdag agter ʼn toilet in ʼn informele nedersetting naby Doornkop in Soweto, Gauteng, gevind.
“Een van die inwoners het die beendere gevind en die polisie ontbied,” het Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn Patoloog het bevestig die beendere is menslik.”
Die oorskot sal na ʼn staatslykshuis geneem word en toetse sal gedoen word om die geslag en ouderdom van die persoon te bepaal. Dit is nog nie duidelik hoe lank die beendere daar lê of hoe die persoon dood is nie.
Bron: Naledi Shange, News24
Hopelik nie ‘n standbeeld se beendere . . .
gaan nou seker weer apartheid se skuld wees….
Nou vra ek die vraag. Moes die skoonmaker nie die lyk ontdek het toe sy die plek moes ‘skoon’ gemaak het nie. Ek wonder maar net.
Heel moontlik sal dit weer die wites se skuld wees as die toetse bewys dat dit in apartheid se tyd gebeur het. Maar by gese, is die bene daar afgelaai of het die persoon op dit afgekom? OP die oomblik lyk dit of dit daar geplant was al vir ‘n tyd en dalk is dit “moetie” wat daar geplant is om sy hele familie te toor van sy voor geslag tot sy nageslag.
Is dit nie dalk Rhodes se bene wat mogapie daar gelos het om hom uit zim te kry nie. Hy het mos gese ons het die beeld en hy die bene. Skelm daar weg gesteek.